Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Die Bybel oor God se onveranderlikheid PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Vrydag, 01 Julie 2016 16:00

Kyk ook:

Soms as 'n mens die streng karaktereienskappe van God noem, dan redeneer sommige mense dat alles met die koms van Jesus verander het. Dit is egter nie waar nie. God verander nooit. Die volgende verse bevestig dit:

Psalm 102:27

(27)Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly. Soos 'n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan, soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.

Maleagi 3:6

(6)Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.

Hebreërs 1:12

(12)soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”

Jakobus 1:17

(17)Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.