Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Huis van Vader het baie wonings (Mosaïekkerk) PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Donderdag, 16 Februarie 2017 19:00

Kyk ook:

Die skrywer (en mens neem aan die bestuur van die Mosaïekkerk) beweer dat genoemde mense (Sangoma, Hindoe, Moslem, Boeddhis en Christen) almal dieselfde God aanbid. Tog sê Jesus die volgende in Johannes 14:6:

(6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Interessant dat die skrywer van hierdie brief anoniem bly.

******************

Huis van Vader het baie wonings

Beeld

14 Feb 2017

Gelowige, Johannesburg

Die Mosaïekkerk.

Sondag was daar ’n baie interessante gesprek op die verhoog van die Mosaïek-kerk in Fairland voor die diens begin het.

’n Sangoma, Hindoe, Moslem, Boeddhis en Christen het in ’n ry langs mekaar gesit.

Elkeen het in so vyf minute vir die gemeente vertel waaruit hul geloof bestaan en hoe hulle glo. Dit was ’n regte openbaring. Ons is ’n diverse samelewing, maar almal glo aan (dieselfde) God.

Die sangoma beoefen haar beroep met medisinale plante en kruie. Hoofsaak is, sy glo ook aan God!

Die Boeddhis, die Hindoe en die Moslem het almal ook dieselfde vertrekpunt, naamlik God, hoewel elkeen ander sienswyses van God het. Ook gebruik elkeen ander metodes of profete om by God uit te kom.

Dit was ’n vreemde situasie, maar vir my was dit ’n wonderlike ervaring om te kon sien hoe ons medelandsburgers God ervaar.

Daar staan geskrywe dat die Huis van my Vader uit baie wonings bestaan. Daar is mos vir alle gelowiges in die wyer sin van die woord ’n plek in Sy woning.

Ds. Johan Geyser, dankie dat jy ons blootgestel het aan ons medelandsburgers se sienings.

 

Comments 

 
+2 #1 Henrietta Klaasing 2017-02-18 20:38
By Origins (by die Wieg van die Mensdom) wat deur die Mosaiekgemeente bedryf word, word vreemde dinge geleer met 'n sterk New Age onderstroming, onder andere die loop van labarinte:

http://www.originsretreat.com/