Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Het God wreed geskep? 2 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Donderdag, 23 April 2009 20:04

Indien mense geliefdes aan die dood afstaan vra hulle soms hoekom God dit toegelaat het. Is God nie wreed om dit te doen nie? Hy kon dit mos verhoed het.

En as so ’n persoon verder glo dat God deur jare se dood en swaarkry geskep het deur evolusie, wat sê ’n mens vir so iemand? Het hy nie selfs ’n punt beet nie? Is God nie werklik wreed nie?

Die antwoord is “nee”: God het nie deur evolusie en miljoene jare geskep nie. Hy het in 6 dae, goed geskep. Dit was die mens (Adam en Eva) wat sonde in die wêreld ingebring het. (Soos my oom altyd sê: “Ons leef in plan B.”) God het nie bedoel dat die aarde so moet wees soos vandag nie.

 

Die volgende is aanhalings van mense wat die probleem illustreer om die Bybel met evolusie te versoen (Uit Creation Magazine Live, http://creation.com/creation-magazine-live, Episode 9: Progressive creation, preposterous compromise):

43:55: “…process is rife with happenstance, contingency, incredible waste, death, pain and horror… the God implied by evolutionary theory and the data of natural history… is not a loving God who cares about this productions… He is… careless, indifferent, almost diabolical. He is certainly not the God whom anyone would be inclined to pray.”

– David Hull (‘n ateïs), “The God of the Galapagos”, Nature Vol. 325 1992, p 486.

45:20: “…The battle line has been drawn over a peripheral point – the age of the universe and our earth.” (p8)

“…misidentifying the timing of God’s past words in the cosmos has little or no bearing on that relationship [to God]. Nor does it bear on the Bible’s authority. It appears ill advised, then, to make an issue out of such a trivial point.” (p11)

– Hugh Ross – Creation and Time: A Biblical and scientific perspective on the creation date controversy (Hugh Ross is ‘n Christen wat glo in progressiewe skepping (deur evolusie en miljoene jare) en probeer sy bes om evolusie met die Bybel te versoen. Die vraag wat egter die meeste gevra word deur skeptici is: Hoe kan God ’n God van liefde wees as Hy deur evolusie geskep het? Dit is definitief nie ‘n “trivial point” nie.)

47:15: “God is good, and the original creation was good [Genesis 1:31 actually says ‘very good’]. God is not the author of evil. This is a crucial element of Christian teaching…there would also be no basis for fighting against injustice and oppression, against cruelty and corruption, for these, too, would be reflections of God’s own nature, and, therefore, inherent in the world as he created it.”

– Chuck Colson and Nancy Pearcey – How Now Shall We Live? P 194. (Chuck Colson and Nancy Pearcey is ook Christene wat aan evolusie glo. Dus is hierdie baie ironies, want dit is alles waar wat hulle van God sê, maar as jy glo dat God deur evolusie geskep het, dan is dit direk teenstrydig hiermee, want evolusie impliseer juis dat God deur dood en swaarkry geskep het.)

 

Kyk ook: