Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Ekstrapolasie is meestal baie onakkuraat PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Sondag, 03 April 2011 21:44

Hierdie jaar (2011) se wêreldbeker krieket sal seker weer deur Suid-Afrikaners onthou word waar die Proteas teen Nieu Seeland verloor het en so weereens ‘n kans verlore laat gaan het om die wêreldbeker te wen.

‘n Ander interessante wedstryd was egter die een tussen Suid-Afrika en Indië op 12 Maart 2011. Sewag en Tendulkar het die beurt geopen en losgetrek onder die SA boulers. Na 8 beurte was die lopietempo 8.8 met ‘n telling van 70/0 en na 17 beurte was die lopietempo steeds ‘n baie hoë 8.2 met die telling op 140/0. Dit het gelyk of Indië ‘n reuse telling van ten minste oor die 400 lopies gaan kry. Maar na die 16de beurt het die lopies onverklaarbaar begin opdroog. In die 18de boulbeurt het die eerste paaltjie geval en die tweede paaltjie eers in die 40ste boulbeurt. Op daardie stadium het die lopietempo afgekom na 6.7 lopies per boulbeurt met ‘n telling van 268/2. Nogsteeds was ‘n baie hoë telling in die vooruitsig. As Indië in die laaste 10 beurte weer teen 8 lopies per beurt kon kolf, kon hulle nogsteeds 348 lopies in 50 beurte gemaak het. Maar toe stort hulle ineen en maak ‘n skamele 298 lopies in 49 beurte. In die laaste 5 beurte het hulle teen ‘n skamele 2.14 lopies per boulbeurt gekolf, ‘n tyd waar die lopietempo gewoonlik geweldig versnel.

Toe SA begin kolf het, het hulle stadig maar seker agter geraak – die benodigde lopietempo het op en op gegaan, só dat SA in die laaste 3 beurte 10.3 lopies per boulbeurt moes slaan. En toe doen hulle dit deur 14, 4 en 16 lopies onderskeidelik van die laaste 3 beurte te slaan. Kyk hier vir ‘n grafiese voorstelling van die wedstryd.

Hoekom was hierdie wedstryd so ongewoon? Dit is omdat die werklike eindresultaat van beide kolfbeurte nie naastenby dieselfde was as die verwagte eindresultaat nie.

 

Hoe word die verwagte eindresultaat bepaal?

Deur ekstrapolasie: As ‘n span bv na 40 beurte 200 lopies het, is die kolftempo 200/40 = 5 per beurt. As daar genoeg paaltjies oor is, kan ‘n mens verwag om ten minste ‘n eindtelling van 200 + 10x5 = 250 lopies te sien. Hoe meer ‘n mens egter moet ekstrapoleer, hoe onakkurater is jou skatting: dit is baie moeilik om die eindtelling te voorspel na bv slegs 10 boulbeurte, want die lopietempo gaan baie hoogs waarskynlik nie dieselfde bly vir die volle 50 boulbeurte nie.

 

Bepaling van die ouderdom van die aarde is ‘n ekstrapolasie (historiese wetenskap):

Veronderstel ‘n mens het ‘n rots waarvan die ouderdom bekend is, sê 200 jaar oud. Indien die radiometriese vervaltempo daarvolgens bepaal word en ‘n ander rots se ouderdom word gemeet as 1 miljoen jaar, dan ekstrapoleer jy 1e+6/200 = 5000 keer. Hierdie ekstrapolasie is soms selfs baie meer as in ag geneem word dat sommige metodes die ouderdom van die aarde op 4.5 miljard (4.5e+9) jaar bereken.

 

Hoe vergelyk hierdie ekstrapolasie met ‘n krieketwedstryd?

As ‘n mens in krieket die eindtelling wil voorspel na die eerste bal, dan ekstrapoleer jy slegs 6x50/1 = 300 keer. As jy die eindtelling na die eerste boulbeurt wil voorspel, ekstrapoleer jy slegs 50 keer.

Dus is dit baie minder akkuraat om die ouderdom van die aarde wetenskaplik te bepaal as om ‘n eindtelling van ‘n krieketwedstryd te bepaal en bogenoemde wedstryd het aangetoon hoe onakkuraat dit is. En daarom is enige metode om die ouderdom van die aarde/heelal te bepaal, baie onakkuraat, omdat ‘n mens baie moet ekstrapoleer.

 

Kyk Radiometric Dating Questions and Answers onder “Is there any evidence that radioactive decay rate might not have been constant?” vir bewyse dat radiometriese verval nie konstant is nie.

 

Kyk ook:

 

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

In die artikel Creation rescued me from drugs, skryf Peter Davis hoe hy in evolusie geglo het en dat dit veroorsaak het dat hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hier volg 'n paar aanhalings uit die artikel:

In reply to the great questions of life—Where have I come from? Who am I? Where am I going?—I had been given this one over-arching answer, an answer quite consistent with the theory of evolution as it was then taught. Chemicals were where I had come from, chemicals were what I was made of, and it was chemical transformations over time that would determine the ultimate destiny of the race. This is what I was taught. And this is what I accepted in good faith.

For more than 10 years I was committed to the idea that drug-taking—in short, chemicals—could and would provide an answer to my quest for personal transformation. And so began a long series of chemical experiments as I set about putting into practice what I had been taught.

My teachers and other authority figures all agreed in their own way that it was chemicals in which we lived, moved, and had our being. The media in various ways reinforced this. As with the majority of our State schoolchildren today, I had been denied access to any alternative. Evolution, although labelled a ‘theory’, was presented as fact. There were no other explanations—at least none we were permitted to examine at school.

I want to urge parents to understand that it is evolutionary thinking which plays a large part in driving your children to believe in drugs and to pursue lifestyles of randomness and chance.