Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Het die kerk vir Galileo vervolg oor sy siening dat die aarde om die son draai en nie anders om nie? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Sondag, 08 Mei 2011 22:51

Kyk ook:

Ek dink een van die groot redes hoekom baie kerkleiers evolusie en miljoene jare so maklik aanvaar, is agv die persepsie dat die kerk in die verlede vir Galileo vervolg het oor sy siening dat die aarde om die son draai en nie dat die son en al die ander planete om die aarde draai nie. En die kerk wil so ’n verleentheid ten alle koste verhoed. Dus het hierdie kerkleiers die uitgangspunt dat hulle nie die wetenskap noodwendig verstaan nie, maar die geskiedenis het gewys dat ’n mens nie die wetenskap moet bevraagteken nie.

Hierdie is egter heeltemal die verkeerde persepsie. Dit is glad nie wat gebeur het nie. Kopernikus en later Galileo was van die min wetenskaplikes van daardie tyd wat geglo het dat die aarde om die son draai. Omdat die kerk op daardie stadium gedink het dat sulke uitsprake teenstrydig met die Bybel is EN omdat die meerderheid wetenskaplikes in daardie tyd nie Kopernikus en Galileo se siening gedeel het nie, het die kerk ook gedink dat Galileo verkeerd is. Die ironie is dat die kerk toe besluit het om eerder die siening van die heidense filosowe Aristoteles en Ptolemy aan te hang, dit terwyl die Bybel nooit sê dat die son om die aarde draai nie (kyk Astronomy And The Bible onder “6. Did Bible Writers believe the earth was flat?”).

Kyk die artikel The Galileo ‘twist’ vir meer inligting hieroor.

Dit wys weer hoe gevaarlik dit is om iets te glo omdat dit die meerderheidsopinie is. Daar word soms die vraag gevra: as evolusie en miljarde jare nie waar is nie, hoekom glo soveel wetenskaplikes dit? Die artikel Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo? gee ’n hele paar moontlikhede.

Die kerk moet leer om die outoriteit van die Bybel te vertrou, eerder as hedendaagse sieninge oor dinge wat, geskiedenis bewys het, verander soos ons meer kennis kry.

Op Sondag 10 April 2011 om 8:30 op SABC 2, is weer dieselfde fout gemaak. Kyk Kommentaar op SABC 2 se "What does God think of us” episode 2 “Science and the Church”.

En Jean Oosthuizen op Kletskerk: Kommentaar op Jean Oosthuizen se "As wetenskap geloof inhaal"

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Uit Sharing your faith:

‘What! How can you believe that book? Anyone can put words together into a bunch of stories to delude their followers.’ My response to this has been: ‘Yes. I know of at least two books written that way, the book of Mormon and the Origin of Species.’ I could have said (as many do): ‘Don’t worry about the inconsistencies, just believe in Jesus’, but such an attempted fob-off only confuses people’s thinking about Christianity.

By now my heckler had shifted gear from emotionally-charged statements to sensible questions. His buddy had not said anything for some time, but broke his silence with: ‘Dinosaurs are not in the Bible and ‘carbon dating shows the earth is much older than the Biblical age.’

Here’s the key. My preaching turned into answering questions that did not focus on sin or the resurrection, but on Genesis and the trustworthiness of the Bible.