Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Opgestaan (Ferdie Mulder) PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrateur   
Dinsdag, 24 Mei 2011 18:35

boek deur Ferdie Mulder

alt

TEIKENMARK

Christene wat wonder oor hul eie sowel as Jesus se opstanding uit die dood.

SKRYWER

Ferdie Mulder

INHOUD

Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het. Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan, is uiteindelik deur die NG Kerk verbied om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie nadat hy tydens dissiplinêre verhore skuldig bevind is. Hierdie boek is nie net ʼn uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk. Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het, bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse teologiese opleiding gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.

SLEUTELBESONDERHEDE

Vir bestellings, kliek HIER.
Publikasiedatum: Julie 2011
Prys: R139.00 (BTW ingesluit)
Bladsye: 368
Grootte: 213 x 137mm
Buiteblad: Sagteband
Uitgewer: Opgestaan Publikasies
ISBN: 978-1-4316-0068-7
Vir verdere inligting kontak Ferdie by 0044-751 540 9574

AANBEVELING

“. . . As Luther bykans vyf eeue gelede gesê het: ‘Hier staan ek, ek kan nie anders nie,’ is dit een ding, maar as ‘n teologiestudent vandag nog genoop voel om dit te doen, móét die gevaarligte helder brand. Ek wil elke gelowige aanmoedig om Ferdie se verhaal te lees . . .”

Ds. Jaco Thom, NG Toringkerk, Paarl.

Opgestaan Publikasies, 1 Hall Drive, Cambridge, CB23 7QN, Engeland
e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Kyk ook:

 

Comments 

 
0 #6 Daniel Louw 2012-12-12 21:09
Gerhard, dit is moeilik om te verstaan waar jou sentimente lê. Mense wat nie glo dat Jesus werklik opgestaan het nie is definitief nie wedergebore nie en is geestelik blind. Die antwoord is reg voor hulle oë, maar hulle sien dit nie raak nie.
 
 
0 #5 Gerhard 2012-12-12 14:23
:zzz Daar het geen opstanding plaas gevind nie. Menslike wysheid het skrifte verdraai. As die mens die verborgenheid geken het, het hulle die antwoorde geken, maar hulle is nie wedergebore nie en is geestelik blind. Die antwoord staan voor hulle oe maar kan dit nie raak sien nie omdat die Vader hulle oe gesluit het en hulle ore. :zzz
 
 
0 #4 Karin 2011-07-18 16:31
Hallo
Ons in die mediese veld het ook vrae.
Kyk na al die nuwe argeologiese en tegnologiese bevindings en ondersoeke.

Dan mag jy vrae vra.
Dit laat jou dink want as kind was jy gedompel in watter geloof jy moet wees veral tydens die ' AFRIKANER Broederbond versus regerings.
Veral as vrou was ons gedompel in situasies.
 
 
+2 #3 Nico 2011-05-31 20:16
Die straf vir Ferdie se standpunt oor die Bybel se uitsprake(lewen slange skorsing) is besonder buite verhouding (skiet 'n muggie met 'n kanon). Is dit miskien om ander bybelsdenkendes te intimideer? 'n Student wat die bybel se uitsprake verdedig mag nie 'n predikant word nie!?
Dit laat my dink aan 2Thes 2:10-11 "...omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur (strong delusion KJV), om die leuen te glo,"
Sterkte aan Ferdie, ek sien uit na die boek.
 
 
+1 #2 Louis le Roux 2011-05-25 10:53
Baie dankie vir jou mannemoed Ferdie. Ek volg die sage van jou ontnugtering al vir 'n geruime tyd en was stomgeslaan met die vernederende dwarsklap wat jy by die kerkleiers gekry het. Vir diegene wat jou en jou bybelgetroue standpunte nog steeds verwerp nooi ek graag om na die volgende webblad te gaan: http://www.y-jesus.com
Ek kan nie wag om jou boek te koop en te lees nie. STERKTE. Louis le Roux
 
 
+3 #1 Henrietta Klaasing 2011-05-25 01:50
Baie dankie Daniel vir al die waardevolle inligting, netjies uiteengesit.