Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Woensdag, 21 Julie 2010 17:29

Kyk ook:

Daar is baie mense wat glo dat die skepping-evolusie kwessie bloot 'n randkwessie is, dat dit nie belangrik is nie. Dit is egter nie waar nie. Daar is baie voorbeelde van mense wie se geloof beïnvloed is deur evolusie (en liberalisme). Daarop sê party mense selfs dat dit moontlik vir ander mense 'n probleem is, maar nie vir hulle self nie. Dit mag so wees, maar is dit nie soos 'n persoon sonder 'n drankprobleem wat drank drink voor alkoholiste nie?

Ek dink baie mense vandag neem hulle sterk Christelike basis as vanselfsprekend aan: daar is baie Christene wat grootgeword het met die idee dat Genesis 1 tot 11 letterlik gebeur het, maar later in hulle lewe het hulle vrede daarmee gemaak dat dit nie noodwendig letterlik geïnterpreteer moet word nie. Vir sulke mense is hierdie kwessie 'n randkwessie, want so iets "kleins" sal hulle nie van hulle geloof beroof nie. Maar wat van mense wat groot geword het met die idee dat die Bybel eintlik in die begin so bietjie verkeerd is...?

Die volgende is voorbeelde van mense wie se geloof beïnvloed is deur evolusie:

Liberalisme:

Ander

Penny G

Dankie vir u (CMI) bediening wat my in staat gestel het om een van my vriende na die HERE te lei. Sonder CMI sou dit nie moontlik gewees het nie, want sy wat 'n oortuigde ateïs. Ek het nie baie ondervinding om te evangeliseer nie. Ons het egter vir om en by 'n jaar gesprekke gevoer oor skepping/evolusie en baie kwessies indringend bespreek voordat haar "skietgoed" opgeraak het, en sy by Jesus uitgekom het. Sy woon nou dienste saam met my by en probeer ook uitreik na haar eie familie. Julle wonderlike bediening het my geloof baie versterk.

Irene M

Ek weet van verskeie mense wat tot geloof in die Here gekom het deur julle bediening. Andere wie se geloof amper skipbreuk gelei het deur die intimidasie van evolusioniste, staan nou sterk in die geloof. Deur die Here se genade is dit my voorneme om CMI meer dikwels finansieel te ondersteun.

Justin S

Liewe CMI, ek kan nie my dankbaarheid in woorde uitdruk nie. Drie jaar gelede, na 'n lang stryd met selfmoord-gedagtes as 'n ateïs, het ek uiteindelik 'n Christen geword ... Julle bediening het my lewe gered.

Joe J

Nagenoeg vyf jaar gelede het een van u sprekers ons gemeente besoek. Ek het altyd aanvaar dat Darwiniste die wetenskap aan hulle kant het, terwyl Christene alleen staat kan maak op eenvoudige - amper blinde - geloof. Die spreker het die fondament van my wêreld geskud ... Ek verbind myself om CMI gereeld te ondersteun. Die Here seën u.

Michael M

I was an atheist and evolutionist for fifty years. It amazes me how many Christians think that evolution is compatible with Christianity. If I was still an evolutionist then I would still be an atheist. I know from years of experience that belief in evolution is one of the main reasons why people reject Christianity. CMI is not a stumbling block, it is a life saver.

Jeremy S

Your writings played a big part in me becoming a Christian so I just wanted to say thanks for that. I have a very keen interest in creation, which started when my older brother got me a subscription to Creation magazine about 6 years ago.

 

Comments 

 
0 #3 Jaco Steyn 2012-12-03 23:19
Hi Daniël. Ek verwerp die geldigheid van die erfsondeleer; asook die geldigheid van die tradisioneel-Christelike "teïstiese" godsbeskouing. Lees gerus meer oor my eie lewensbeskouing by http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-sinrykheid-in-lig-van-uiteindelike-bestemming-van-die-mens.php. Jy is ook welkom om my artikel oor die eienskappe van die Persoonlike God van die Abrahamitiese godsdienste te lees by http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-eienskappe-abrahamitiese-persoonlike-god.php. 8)
 
 
0 #2 Daniel Louw 2012-12-03 21:42
Jaco, jy is in feitlik alles reg wat jy sê behalwe die stelling dat evolusie alreeds deur wetenskaplikes as korrek bewys is. Ek weet nie of jy al http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/53 en http://creation.com/scientists-alive-today-who-accept-the-biblical-account-of-creation gelees het nie. Miskien is dit vir jou 'n openbaring.
Wat maak jy met die sondeval? Indien jy dit verwerp, wat glo jy oor God?
 
 
0 #1 Jaco Steyn 2012-12-03 20:32
Een van my artikels (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-teistiese-evolusie-en-intelligente-ontwerp.php) is deel van hierdie maand se artikels op die SES-webblad. Stellings oor dit wat nog nié deur huidige wetenskaplike "empiriese" metodes verklaar of genoegsaam verduidelik kan word nie, moet as "metafisiese aannames" of "stellings gebaseer op geloof", beskou word. Sodanige stellings is nie noodwendig skadelik vir diegene wat dit aanvaar nie en kan hulle selfs help om meer sinvol te lewe. Die probleme begin wanneer godsdienstiges metafisiese aannames maak wat indruis teen dit wat alreeds voldoende deur wetenskaplikes bewys is. Kreasioniste en ondersteuners van Intelligente Ontwerp stel húlle godsdienstige idees as't ware teenoor dit wat alreeds deur wetenskaplikes as korrek bewys is. Ondersteuners van Teïstiese Evolusie aanvaar egter die geldigheid van evolusionêre prosesse wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van miljoene spesies, maar dit rym doodeenvoudig nie met fundamentalisti ese Christene se erfsondeleer waarvolgens die aarde op 'n stadium perfek was en daar ook geen dood op aarde was nie.