Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Aanhalings en Wyshede PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Vrydag, 20 Julie 2012 07:58

O Heer, skenk my die gemoedsrus om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, moed om te verander wat ek kan, en die wysheid om die verskil te ken.

********

O Heer, help ons dat dit nie nodig sal wees dat daar eers iets drasties in ons lewe gebeur voordat ons die lewe sal lei wat U vir ons wil hê nie.

********

Jesus het meer as 2000 jaar gelede gesterf. Ten spyte daarvan het niemand nog ooit na hom verwys as voormalige/eertydse/oorlede Jesus nie. Nie eens die heidene. Nêrens in die geskiedenis. Nêrens is hy verwys na in die verlede tyd nie! Hy is die lewende God! Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan ons dink! (E-pos ontvang)

********

Communist until you get rich
Feminist until you get married
Atheist until the airplane starts falling

[From “The Hypocrite Diaries”]

********

Dit is snaaks hoe almal van mening is dat eerlikheid 'n deug is, tog wil niemand die waarheid hoor nie.

(It is funny how everybody considers honesty a virtue, yet no one wants to hear the truth.)