Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Ons is in die middel! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Donderdag, 28 Januarie 2010 21:00

Die artikel Our galaxy is the centre of the universe, ‘quantized’ redshifts show, se gevolgtrekking is dat ons sterrestelsel, die Melkwegsterrestelsel, (en daarom ook aarde) in die middel van die heelal is of ten minste naby aan die middel is. Edwin Hubble het dmv die rooiskuif van sterre agter gekom dat ander sterrestelsels in konsentriese sirkels rondom die aarde is (sien figuur 6 in genoemde artikel)[1].

altHierdie is 'n prentjie van SDSS (Sloan Digital Sky Survey) wat 'n gedeelte van die heelal karteer (kliek op die prentjie om te vergroot en kliek HIER vir die oorspronklike prentjie sonder die sirkels). Die twee swart segmente aan die linker- en regterkant is dele in die heelal wat nog nie gekarteer is nie. 'n Mens sien nie die konsentriese sirkels so duidelik nie, maar die rooi stippellyne is daar om dit te help raaksien. Dit is in elkgeval hierdie prentjie waarvan Hubble gesê het dat dit "onwelkom" en "ondraaglik" is (kyk later).

Waarskynlikheid van so 'n posisie

Indien ons posisie slegs 1 miljoen ligjaar geskuif word, sien ’n mens nie meer hierdie verskynsel nie. Om dit in perspektief te stel, net die volgende afstande:

  • Die aarde is 1.6e-5 [2] ligjaar van die son. (Lig neem 8.3 minute om van die son na aarde te trek.)
  • Die diameter van ons Melkweg sterrestelsel is 100 000 tot 120 000 ligjaar (kyk foto hieronder) – lig sal 100 000 tot 120 000 jaar neem om van die een kant van die Melkweg sterrestelsel tot die ander kant te trek.
  • Die heelal se radius is ongeveer 46 miljard (46e+9) ligjaar[3].

Die aarde se posisie in die Melkweg sterrestelselDit gee ’n waarskynlikheid van 1e-14 dat aarde hierdie spesifieke posisie sal beklee.[4]. Dit is omtrent dieselfde as om die boerpot ("Lotto") twee keer te wen in drie probeerslae[5]. Dit is net onmoontlik dat aarde toevallig op hierdie ligging kan wees. Dit is soos hulle sou sê: “Op ’n tiekie”.

Reaksie van wetenskaplikes hierop

Nog ’n ding wat ewe interessant is, is wetenskaplikes se reaksie op hierdie data.

Edwin Hubble sê bv:

“So 'n toestand [dat ander sterrestelsels in konsentriese sirkels om die aarde is] sou impliseer dat ons 'n unieke posisie in die heelal beklee, in ooreenstemming, in 'n sekere sin, met die ou opvatting van 'n sentrale Aarde... Die hipotese kan nie weerlê word nie, maar dit is onwelkom en sal slegs aanvaar word as 'n laaste uitkoms ten einde die verskynsels te red. Daarom ignoreer ons hierdie moontlikheid en oorweeg die alternatief ... Maar die onwelkome veronderstelling van 'n gunsteling plek moet ten alle koste vermy word... So 'n gunsteling posisie, natuurlik, is ondraaglik ... Daarom, ten einde homogeniteit te herstel, en die verskrikking van 'n unieke posisie om te ontsnap, die afwykings van eenvormigheid, wat deur die resessie faktore bekendgestel word, moet voor gekompenseer word deur die tweede voorwaarde wat effekte voorstel van ruimtelike kromming. Dit blyk dat daar geen ander ontsnapping is nie.” [Uit String theory “philosophy”challenged]

Hubble sê verder ook die volgende:

“Relatiwiteit dra die basiese stelling dat die geometrie van die ruimte bepaal word deur die inhoud van die ruimte. Aan hierdie beginsel is bygevoeg 'n ander proposisie, op verskillende maniere geformuleer en verskeie name genoem, maar ekwivalent, in 'n sekere sin, aan die stelling dat alle waarnemers, ongeag van hulle posisie, sal dieselfde algemene prentjie van die heelal sien. Die tweede beginsel is 'n blote aanname. Dit lyk aanneemlik en dit doen 'n sterk beroep na ons sin van eweredigheid. Tog, lei dit tot 'n merkwaardige gevolg, want dit vereis dat, as ons sien die sterrestelsels sien wegbeweeg van ons posisie in die ruimte, dan is elke ander waarnemer, maak nie saak waar hy geleë mag wees, sal die sterrestelsels sien wegbeweeg van sy posisie. Hierdie aanname is egter gekies. Daar moet nie 'n gunsteling plek in die heelal wees nie, geen sentrum, geen grens; almal moet die heelal gelyk sien.”

Dit is opvallend hoe gekant Hubble is teen die idee dat die aarde 'n spesiale plek in die heelal het.

Hubble is egter nie die enigste persoon wat ons nie in die middel van die heelal wil hê nie. Stephen Hawking en George Ellis erken in hulle boek The Large Scale Structure of Space-Time dat dit ‘n aanname is dat aarde nie op ‘n spesiale plek is nie, maar hulle sal nie hulle aannames aanpas nie:

"Maar ons is nie in staat om kosmologiese modelle te maak sonder 'n mengsel van ideologie nie. In die vroegste kosmologieë het die mens homself in 'n heersende posisie in die middelpunt van die heelal geplaas. Sedert die tyd van Kopernikus is ons geleidelik gedemoveer na 'n medium grootte planeet wat rondom 'n mediumgrootte ster op die buitenste rand van 'n redelik gemiddelde sterrestelsel, wat self net een van 'n plaaslike groep van sterrestelsels is. Ons is inderdaad nou so demokratiese dat ons nie sou beweer dat ons posisie in die ruimte op enige manier spesiaal onderskei word nie. Ons sal, na aanleiding van Bondi (1960), hierdie veronderstelling die Koperniese beginsel noem.” [Uit Our galaxy is the centre of the universe, ‘quantized’ redshifts show]

Vir meer oor die Koperniese beginsel, kyk Koperniese beginsel in die blok hieronder.

George Francis Rayner Ellis (medeskrywer van The Large Scale Structure of Space-Time:

"Mense moet bewus wees dat daar 'n verskeidenheid van modelle is wat die waarnemings kan verduidelik. ... Byvoorbeeld, ek kan vir jou sferiese, simmetriese heelal met die aarde in die middel konstrueer, en jy kan dit nie weerlê op grond van waarnemings nie. ... Jy kan dit net uitsluit op filosofiese gronde. Na my mening is daar absoluut niks verkeerd daarmee nie. Wat ek in die ope wil bring, is die feit dat ons filosofiese kriteria [geloof] gebruik in die keuse van ons modelle. 'n Klomp kosmologie probeer om dit weg te steek.” [Uit String Theory Philosophy Challenged]

Hier erken Ellis dat daar wetenskaplik niks verkeerd is met die idee dat die aarde in die middel van die heelal is nie. Dit word egter op grond van filosofiese redes verwerp.

Richard Feyman:

"... Ek vermoed dat die aanname van eenvormigheid van die heelal 'n vooroordeel weerspieël gebore uit 'n reeks van oordrewe verwerping van geosentriese idees ... Dit sou 'n verleentheid wees om te vind, na die verklaring dat ons in 'n gewone planeet om 'n gewone ster in 'n gewone sterrestelsel leef, dat ons plek in die heelal buitengewoon is ... Om die verleentheid te vermy klou ons vas aan die hipotese van eenvormigheid." [Uit die boek Starlight, Time and the New Physics, September 2007, John Hartnett, p 76-77]

Hierdie is 'n veelgeseggende stelling. Die rede hiervoor is in wese om weg te kom van 'n god wat geskep het.

Richard Gott:

“Die Koperniese rewolusie het ons geleer dat dit 'n fout was om te dink, sonder voldoende rede, dat ons 'n bevoorregte posisie in die heelal beklee. Darwin het getoon dat, in terme van oorsprong, is ons nie bevoorreg bo ander spesies nie. Ons posisie om 'n gewone ster in 'n gewone sterrestelsel in 'n gewone superkompleks [die plaaslike groep van sterrestelsels] gaan voort om minder en minder spesiaal te lyk. Die idee dat ons nie geleë is in 'n spesiale ruimtelike plek nie, is van kardinale belang in kosmologie, wat direk lei tot die Oerknal teorie. Die Koperniese beginsel werk in die sterrekunde, want van al die plekke vir intelligente waarnemers om te wees, is daar per definisie slegs 'n paar spesiale plekke en baie nie-spesiale plekke, so jy is waarskynlik in 'n nie-spesiale plek.” [Uit Secular scientists blast the big bang.]

Hierdie is duidelik 'n oordrewe verwerping van geosentrisme, soos Richard Feyman hierbo sê. Interessant dat hier erken word dat beide die oerknal en evolusie se ideologie is om weg te beweeg van die idee dat god geskep het. En die oerknal hang baie sterk van hierdie aanname af.

Koperniese beginsel (Engels=Copernican principle): Voor Kopernikus het mense 'n geosentriese beskouing gehad (die aarde staan stil en alles draai daarom). Die kans is goed dat die Bybel 'n invloed gehad het op hierdie beskouing, want volgens die Bybel het God die mens as die heerser van die aarde geskape en dit wil voorkom dat alles vir die mens geskep is (die aarde is op dag 1 geskape en die son, maan en sterre eers op dag 4 - kyk Skeppingsvolgorde volgens Genesis 1) - daarom het mense gedink dat die aarde in die middel van ons sonnestelsel en heelal is. Toe Kopernikus 'n heliosentriese beskouing (die aarde draai om die son draai) voorgestel het was dit 'n kontroversiële kwessie, want dit het in effek beteken dat die aarde sy spesiale posisie in ons sonnestelsel verloor het. Wetenskaplikes het hierdie idee verder geneem en neem vandag aan dat die aarde en ander ander planete in die heelal nie 'n spesiale posisie in die heelal het nie. Hulle noem dit die Koperniese beginsel. Die Koperniese beginsel word soms ook die “beginsel van middelmatigheid” genoem. LW, die Koperniese beginsel is NIE dieselfde as 'n heliosentriese beskouing nie: 'n heliosentriese beskouing dui slegs daarop dat die aarde nie in die middel van ons sonnestelsel is nie. Die Koperniese beginsel is 'n filosofiese aanname (soos Stephen Hawking en George Ellis in hulle boek The Large Scale Structure of Space-Time erken). Die feit dat die aarde nie in die middel van ons sonnestelsel is nie, sê niks oor die aarde se posisie in die heelal nie. Die Koperniese beginsel is soos Richard Feyman sê, heelwaarskynlik 'n oordrewe verwerping van geosentrisme. Dit word baie goed deur Richard Gott gedemonstreer. alt

Hoe wetenskaplikes dit regkry sodat geen planeet 'n spesiale plek in die heelal het nie, is om die heelal voor te stel soos 'n ballon wat opgeblaas word: Die rubber van die ballon is die driedimensionele heelal wat ons vandag sien. Die lug binne en buite die ballon is 'n vierde dimensie. In so 'n model het die heelal nie 'n middelpunt nie, net soos 'n sirkel nie 'n beginpunt of eindpunt het nie.

Kyk ook Where is the centre of the universe?, deur Philip Gibbs, 1997

Die Pioneer-anomalie

In kort is die Pioneer-anomalie 'n klein, maar vreemde vaartvermindering van vier uitgaande ruimtetuie: die Galileo, Ulysses, en Pioneers 10 en 11. Indien die heelal 'n middelpunt het, sal hemelliggame geneig wees om na die middel van die heelal aangetrek te word. Oerknallers glo egter nie dat die heelal 'n middelpunt het nie en daarom was die vaarvermindering van die Pioneer ruimtetuie baie onverwags. Dus, indien die aanname gemaak word dat die heelal steeds vandag uitbrei en dat die heelal 'n middelpunt het (en ons natuurlik naby aan die middel daarvan is), kan hierdie verskynsel verduidelik word. Indien jy nie bereid is om hierdie aannames te maak nie, sit jy met 'n probleem.[6]

In opsomming

Daar is baie sterk aanduidings dat die aarde in die middel van die heelal is.

Dit is teenstrydig met die oerknalteorie wat gebaseer is op die filosofiese aanname dat geen hemelliggaam 'n spesiale plek in die heelal het nie. Hierdie filosofiese aanname wil wegkom van die idee dat God geskep het. Soos evolusie, lei dit tot die gevolgtrekking dat dit slegs per toeval is dat lewe ontstaan het en dat ons hier is.

Sommige mense vra hieroor: “Maar wat maak dit saak of die aarde in die middel van die heelal is of nie?”:

  1. Dit moet vir ons as Christene 'n rede gee om opgewonde te raak oor die feit dat ons die kroon van die skepping is. God het alles rondom ons, vir ons geskape. (Genesis 1:26).
  2. Hierdie plaas ’n groot vraagteken op die meerderheid wetenskaplikes se integriteit en motiewe om steeds by aannames te bly wat teen die data ingaan.
  3. Dit help ons om te verklaar hoe ons sterre kan sien wat miljoene ligjare ver is in 'n heelal wat slegs 6000 (aarde-)jare oud is (kyk Ver-sterlig-jong-aarde-probleem).

Ek onthou toe ek in 1995 ’n eerstejaar student by Tukkies was het ek ’n soortgelyke artikel uit die tydskriffie (Deus Dixit) vir ons fiska dosent, die bekende Lötz Strauss, geneem in sy kantoor om sy opinie te kry, want hy was in ’n baie beter posisie as ek om hieroor kommentaar te lewer. Toe hy egter agterkom waaroor dit gaan (skeppingsleer/kreasionisme) wou hy nie eers verder lees nie. Hy het aan my voorgestel om met ’n predikant te gaan praat wat my kon verduidelik hoe ’n mens die goed met die Bybel kon versoen. Toe ek hom sê dat my pa ’n predikant is, het hy Murray Janson voorgestel (hy het toe nog geleef).

Kyk ook

Voetnotas

[1] Astrophisical Research Consortium (ARC) en Sloan Digital Sky Survey (SDSS)

[2] 1.6e-5 = 1.6 x 10-5 = 0.000 016. Net so is bv 2.5e+4 = 2.5 x 104 = 25 000

[3]Grootte van die heelal: Huidige interpretasies van sterrekundige waarnemings dui daarop dat die heelal ongeveer 13.73 miljard (13.73e+9) jaar oud is en dat die radius van die waarneembare heelal ten minste 46.5 miljard ligjare (diameter = 93e+9 = 8.80e+26 meter) is. Dit word soos volg bepaal: volgens berekeninge is die verste waarneembare sterre ongeveer 13.73 miljard ligjaar ver. Dit beteken egter nie dat dit die heelal se radius is nie - dit is slegs die afstand na die sterre toe die lig by hulle weggetrek het 13.73 miljard jaar gelede. Indien aanvaar word dat die heelal steeds versnellend uitbrei (kyk Donker materie) is die heelal in werklikheid vandag al baie groter as 13.73 miljard ligjaar. Die berekende syfer is 46.5 miljard ligjaar (of 93 miljard ligjaar in diameter). Die heelal se radius is dus 46.5 - 13.73 = 32.8 miljard ligjaar groter as wat waargeneem word. In werklikheid weet ons nie of die heelal nou nog uitbrei nie. Op die beste lei ons af dat die heelal 13.73 miljard jaar gelede (in tyd soos daar gemeet, nie in aardse tyd nie) nog aan die uitbrei was – vandaar die rooiverskuiwing van die verste hemelvoorwerpe. Maar op hierdie tydstip mag die heelal besig wees om te krimp, vir al wat ons weet. Dit is nie seker of die heelal 'n einde het of oneindig is nie. Vir die Oerknalmodel word aangeneem dat die heelal oneindig groot is.

[4] Waarskynlikheid = Volume van aarde se spesiale plek / Volume van heelal:

  • Volume van 'n sfeer = 4/3pr3
  • Geskatte radius van heelal (R) = 46e+9 ligjaar
  • Radius van aarde se spesiale plek (r) = 1e+6 ligjaar = 1 miljoen ligjaar
  • Waarskynlikheid = r3/R3 = (1e+6)3/(46e+9)3 = 1e-14

[5] Kyk Kombinasie of Heelalberekeninge.xlsx, blad "Waarskynlikhede" vir al die berekeninge: Die boerpot bestaan uit 49 balle waarvan ses balle getrek word wat jy moet reg raai.

  • Die waarskynlikheid om die eerste bal reg te raai is 6/49
  • Die waarskynlikheid om die tweede bal reg te raai is 5/48
  • Die waarskynlikheid om die derde bal reg te raai is 4/47
  • Ensovoorts
  • Dus is die waarskynlikheid om die boerpot reg te raai met een kaartjie en een probeerslag = 6/49 x 5/48 x 4/47 x 3/46 x 2/45 x 1/44 = 7.15E-8.

Daar is drie verskillende kombinasies as jy die boerpot twee keer moet wen met drie probeerslae: (1 1 0), (1 0 1), (0 1 1). As X die waarskynlikheid is om die boerpot te wen met een kaartjie en een probeerslag dan is die waarskynlikheid vir enigeen van die kombinasies is X2(1-X) = 5.1E-15 en die waarskynlikheid om dit twee keer te wen met drie probeerslae 3X2(1-X) = 1.5E-14. Dit is 'n bietjie kleiner as die waarskynlikheid dat die aarde is hierdie spesiale posisie sal wees.

[6] Kyk The ‘Pioneer anomaly’, Creationist cosmologies explain the anomalous acceleration of Pioneer spacecraft en Flaw in creationist solution to the Pioneer anomaly?

Is die skepping evolusie kwessie belangrik?

Hierdie week gesels ek met ’n vrou in ons kerk wat sondagskool hou. Sy glo ook nie in evolusie nie en vertel vir haar sondagskoolkinders dat evolusie nie waar is nie. Sy vertel dat ’n seun in haar klas hierdie dinge vir sy ouer broer vertel het en dat die ouer broer se reaksie was: Hoekom het niemand dit vir my vertel nie, want dan was dit nie vir my nodig gewees om in God te twyfel nie. Ek het baie voorbeelde van mense wat hulle geloof verloor agv evolusie en ook skokkende statistieke (kyk Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed), maar dit is alles van lande soos Amerika en Australië en ’n mens is geneig om te dink dat dit nie hier sal gebeur nie. Die probleem is dat Suid-Afrika altyd net ’n paar jaar agter die res van die wêreld is en ’n Christelike kultuur gaan slegs gedeeltelik help. Ek lees weer in die nuuste Kerkbode hoe ons volkie se morele standaarde “verander” (eerder agteruitgegaan) het itv saambly, dit ten spyte van ’n sterk Christelike kultuur in ons land. As ons as Christene nie iets gaan doen omtrent evolusie en miljoene jare nie, gaan baie mense nog hulle geloof verloor.