Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Die verskillende genres van die Bybel PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Saterdag, 07 September 2013 15:25

Kyk ook:

Mense wat die Bybel of gedeeltes van die Bybel vir een of ander rede probeer diskrediteer gebruik soms die argument dat die Bybel in 'n sekere sin onbetroubaar is omdat dit sekere dinge sê wat duidelik nie waar is nie. Die algemeenste voorbeeld wat gebruik word is dat die Bybel na bewering verkondig dat die aarde plat is en op vier pilare staan en daarom nie 'n wetenskapshandboek is nie. Daarom hoef Genesis 1-11 (die skeppingsverslag, sondeval, sondvloed en toring van Babel tot voor Abraham) nie letterlik gelees te word nie (kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is? vir 'n weerlegging van hierdie argument).

Let daarop dat dit baie meer geldig vir skeptici (ateïste) is om hierdie argument te gebruik as Christene wat in evolusie glo. Christene wat hierdie argumente gebruik, sit met die probleem dat hulle moet motiveer hoekom hulle die res van die Bybel glo?

So, hoe moet die Bybel gelees word?

Die Bybel bevat byvoorbeeld die volgende genres:

  • Geskiedenis: Genesis, eerste deel van Eksodus, Numeri, Josua, Rigters, Rut, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke, Esra, Nehemia, Ester, Jona en Handelinge.
  • Wet: Tweede deel van Eksodus, Levitikus en Deuteronomium. Hierdie boeke bevat egter ook geskiedenis én het ten doel om God se karakter aan ons te openbaar.
  • Wysheid: Job, Spreuke en Prediker. Spreuke en Prediker is suiwer wysheid, terwyl Job egter ook geskiedenis is.
  • Poësie: Psalms en Klaagliedere. Daar is egter selfs in die Psalms geskiedenis opgeteken – bv Ps 78 bevat ’n opsomming van die geskiedenis van die uittog uit Egipte.
  • Evangelie: Matteus tot Johannes. Die Evangelies is eintlik ook geskiedenis omdat dit Jesus se geskiedenis op aarde weergee.
  • Briewe: Romeine tot Judas.
  • Profesieë: Jesaja, Jeremia, Esegiël, Daniël, Hosea, Joël, Amos, Obadja, Miga, Nahum, Habakkuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi. ’n Mens moet egter onthou dat hierdie boeke soms selfs meer geskiedenis bevat as net profesieë.
  • Apokaliptiek (handel oor die wederkoms): Dele van Daniël en Openbaring.
  • Gelykenisse: Vervat in die Evangelies, Matteus tot Johannes.
  • Romans: Die Bybel bevat selfs romans soos Hooglied.

In kort, lees die Bybel soos dit bedoel was. Lees:

  • geskiedenis as geskiedenis,
  • poësie as poësie,
  • metafore as metafore, ensovoorts.

Let op dat daar nie 'n wetenskapsgenre in die Bybel is nie – die Bybel leer ons nie hoe vuur werk en vertel ons van atome nie. Die Bybel is dus nie 'n wetenskapshandboek nie. Die Bybel bevat egter die geskiedenis van hoe die aarde ontstaan het en daarom moet historiese wetenskap vanuit daardie oogpunt beoordeel word.

Bronne: