Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Wie is Julian Müller? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrateur   
Vrydag, 03 Oktober 2014 21:39

Kyk ook:

Julian Müller was 'n dosent by die teologiese fakuteit van UP. Hy was ook later die hoof van die teologiese fakulteit.

Hy en Jurie le Roux is deur Ferdie Mulder gevra om hulle standpunt oor Jesus se opstanding duidelik in die openbaar bekend te maak. Dit het tot Ferdie se lewenslange skorsing by UP se teologiese fakulteit gelei terwyl Müller en Le Roux steeds wegkruip agter “ek staan by my legitimasie-eed” (kyk Opgestaan).

Op 2 Februarie 2010 tree dr George Claassen, 'n ateïs, as spreker op tydens die UP teologiese fakulteit se openingsdag. Toe later aan Müller gevra is of Mark Harwood, 'n skeppingsleerder (kreasionis) van Australië, ook die studente kan toespreek, wys Müller dit van die hand (kyk UP Teologiese Fakulteit - Claassen in, Harwood uit en Seisoen van (eensydig) luister!). Ongeag jou siening oor skeppingsleer, is hierdie duidelik onaanvaarbaar.

Hy noem homself ook ‘n post-teïs, dus verklaar hy hiermee dat hy klaar is met die God van die Bybel, met God as 'n Persoon. Hy sê: "Ek, aan die ander kant, sou myself ’n post-teïs wou noem. Dit beteken ek aanvaar doelbewus dat daar ’n era met denkwyses en taal oor God verbygegaan het." (kyk Dít wat ons nié dink).

Die volgende artikels vertel meer van Julian Müller.