Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Wie is Jurie le Roux? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrateur   
Vrydag, 03 Oktober 2014 21:59

Kyk ook:

Jurie le Roux was 'n teologiese dosent by die teologiese fakulteit van UP (hy is tans afgetree).

Hy glo nie in Jesus se letterlike opstanding nie. Hy en Julian Müller is deur Ferdie Mulder gevra om hulle standpunt oor Jesus se opstanding in die openbaar te bely. Dit het tot Ferdie se skorsing gelei. Kyk Opgestaan.

Le Roux het ‘n resensie geskryf oor Andries van Aarde se boek Fatherless in Galilee (kyk Kommentaar op Andries van Aarde se vaderlose Jesus deur Jurie le Roux), waarin Van Aarde onder andere spekuleer oor: (1) Wie Jesus se ma was. (2) Die moontlikheid dat haar man haar gelos het pas nadat Jesus gebore is (dus het Jesus sonder ‘n vader groot geword). (3) Jesus is nie uit ‘n maagd gebore nie. (4) Die rede vir Jesus se kruisiging was heel moontlik agv konfrontasie met die owerhede. (5) Bevraagteken Jesus se wonderwerke. Op geen oomblik lewer Le Roux kritiek op hierdie idees nie. ‘n Mens sou dink dat as Le Roux enigsins lojaal was teenoor die Bybel, hy hierdie growwe wanvoorstellings ten sterkste sou veroordeel, maar hy doen dit nie.

In Le Roux se studienotas oor Abraham bevraagteken hy Abraham se historisiteit. Dit het reuse teologiese gevolge (dit word bespreek in Kommentaar op Jurie le Roux se studienotas oor Abraham). Dus word studente by UP teologiese fakulteit verwar met ‘n onsekerheid wat eintlik nie bestaan nie. Le Roux is persoonlik gekontak hieroor, maar die gesprek het op niks uitgeloop nie. Aanvanklik het hy probeer argumenteer dat hy nooit sê dat Abraham nie histories is nie (wat nie waar is nie) en later het hy geredeneer dat ek te min van Hebreeus weet om saam te praat en dat hy nie tyd het om my te probeer verduidelik nie.

Hier volg nog artikels oor hom: