Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Sataniste se aanslag problematies vir regerings wat hulle skaam vir die Evangelie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Vrydag, 26 Mei 2017 20:00

Kyk ook:

Lukas 9:26

Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.

In November 2012 is ‘n granietmonument van die 10 gebooie langs die statehuis in Oklahoma opgerig. Dit is deur ‘n private persoon befonds (kyk Ten Commandments monument is installed at Oklahoma state Capitol).

In reaksie daarop het sataniste daarop aangedring om ook ‘n standbeeld op te rig:

Ten spyte daarvan dat mense aanvanklik gedink het dat dit belaglik is, is daar besluit om die 10 gebooie te verwyder, maar ook om die sataniste se standbeeld te weier.

The Oklahoma Supreme Court in June had ordered the monument, which was erected in 2012, removed because the state constitution bans the use of state property for the benefit of a religion.

Uit Oklahoma Will Remove Ten Commandments Monument From State Capitol Grounds (29 Sep 15)

Omdat daar dus besluit is dat geen monument van geloof opgerig gaan word nie, moes die sataniste ‘n ander plek kry vir hulle standbeeld:

Satanic Temple looking for new home for Baphomet statue after Oklahoma Court’s ruling (2 Jul 15)

Die standbeeld is toe in Detroit opgerig:

Die sataniste het egter die rondte gewen. Hulle het dit reggekry om die granietmonument van die 10 gebooie langs die statehuis in Oklahoma te verwyder.

In die vervolg sal dit al hoe moeiliker wees om Christelike monumente op te rig omdat die sataniste daarop sal aandring om dit ook te doen.

Op 5 Oktober 2015 is berig dat sataniste kinderboeke by skole uitgedeel het wat kinders leer van satanisme:

Satanic books handed to US kids after religious freedom ruling

Kyk ook:

9 25 14 Escambia BOCC Pagan prayer SUNG!.

*********

Dit word al hoe moeiliker om hierdie tipe ding te keer weens sogenaamde godsdiensvryheid.

Hierdie dilemma is alles die resultaat van regerings wat hulle skaam vir die evangelie. Hulle is skaam om die Christelike geloof bo ander gelowe te bevoordeel, want hulle is bang dit skep kontroversie. Hulle kom nou te staan tussen twee keuses:

  1. Gee alle gelowe gelyke reg in staatsinstansies soos skole, howe en die parlement.
  2. Verwyder alle geloof uit alle staatsinstansies.

Mag regerings wysheid ontvang…