Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
André Bekker se ope brief aan NG Kerk leraars PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Dinsdag, 16 Mei 2017 09:00

Kyk ook:

André Bekker, voorheen gay, het die volgende brief aan al die NG predikante ge-e-pos.

*********

Ope Brief aan NG Kerk Leraars,

Vergun my asb as ’n voormalige homoseksueel om vir ’n paar minute op jou tyd en aandag aanspraak te maak.

My verhaal van hoe ek bevry is uit die boeie van ’n homoseksuele leefstyl is ’n verhaal op sy eie wat ek nie nou te berde gaan bring nie. Wat ek kan sê is dat ek vandag die genade van God smaak. Ek ervaar die heling en heiligmakende werking van die Heilige Gees in my lewe en is gelukkig getroud.

Die proses wat ek deurgegaan het, het my baie geleer. Ek het ook die voorreg gehad om as ’n Gesertifiseerde Seksuele-reoriëntasie Afrigter in Amerika opgelei te word. Ek spits my ook daarop toe om die onderwerp te bestudeer en ten beste te probeer verstaan. Dit is vir my duidelik dat daar baie verwarring in die kerk is oor hoe om oor die saak te dink. Teen hierdie agtergrond voel ek dat ek ’n verantwoordelikheid het om hierdie Ope Brief aan leraars in die kerk te rig.

As lidmaat beleef ek dat die “Ruim Huis” van die NG Kerk baie bedompig raak vir ’n behoudende Bybelgelowige christen. Dié Huis het in ’n mynveld ontaard wat die potensiaal het om behoudendes aan vervolging bloot te stel en hulle godsdiensvryheid en -regte aan bande te lê. Ongelukkig is mede-huisbewoners, wat in ’n koalisie met die wêreld ’n agenda dryf, hiervoor verantwoordelik.

Om hierdie rede ag ek dit nodig om jou aan Paulus se vermaning te herinner: ”Pas julleself op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ’n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun. Wrede wolwe sal onder julle indring. Ja, uit hulle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei” (Hand 20:28-30).

“Gay gebore en kan nie verander nie” - ’n berekende leuen

Een só ’n leuen wat die kerk binnegesypel het, is die teorie dat mense “gay gebore word en nie kan verander nie.” ’n Onlangse uitspraak deur dr Liza Diamond, ’n selfverklaarde lesbiër, en gayregte-aktivis en professor in ontwikkelingsielkunde aan die Universiteit van Utah, smoor hierdie teorie in die kiem:

It is time to just take the whole idea of sexuality as immutable, the born this way notion, and just come to a consensus as scientists and as legal scholars that we need to put it to rest. It's unscientific, it's unnecessary and it's unjust. It doesn't matter how we got to be this way. As a scientist, I think it's one of the most fascinating questions out there and one that I will continue to investigate. As a lesbian and a progressive, I think it's totally irrelevant and just politics. (Grossman, L, & Diamond, L 2015, “Time to lay 'born this way' to rest”, New Scienti3119)

Dr. Rosik, in sy resensie van Diamond en Rosky se Scrutinizing Immutability: Research on Sexual Orientation and U.S. Legal Advocacy for Sexual Minorities, maak onder andere die volgende stelling:

Diamond and Rosky deserve immense affirmation for taking a professional risk and providing a vigorous challenge to the conventional wisdom of sexual orientation immutability. In doing so, they go further in their review by highlighting (approvingly) how the science of sexual orientation can be compromised in the service of political advocacy. Their work renders it crystal clear that the essentialist view of sexual orientation as fixed and unchangeable is no longer a scientifically tenable assertion. Therefore, claims of sexual immutability can now be considered a means of distinguishing the activist from the scientist. (Research Review, The Quiet Death of Sexual Orientation Immutability: How science loses when political advocacy wins, pp.22 (2016))

’n Agenda wat gebruik word vir politieke doeleindes

Leraars en lidmate wat hierdie leuen aanhang, is wetend of onwetend besig met politiek binne-in die kerk, en beywer hulle om ’n agenda te dryf wat daarop gemik is om “gay regte” ten koste van “God se regte” te bevorder. Met politiek word hier bedoel wat die HAT beskryf as “gedragslyn, beleid van ’n regering met betrekking tot ’n bepaalde saak.”

In 1985 het Marshall Kirk en Hunter Madsen ’n artikel geskryf met die titel The Gay Agenda wat in ’n pro‐gay tydskrif, Christopher Street, gepubliseer is. Die artikel het die strategiese belangrikheid beklemtoon, om die sentrale fokus in die homoseksuele debat te verskuif van sodomie as iets wat ’n mens doen, na ’n pseudo seksuele identiteit genaamd “gay.” Die oogmerk van The Gay Agenda was daarop gemik om opponente van sodomie in ’n posisie in te dwing waar hulle gesien sal word as mense wat die siviele regte van sogenaamde “gay” burgers aantas, eerder as dat hulle ’n spesifieke anti-sosiale gedrag teenstaan. The Gay Agenda het ook die strategie geformuleer, wat uiteindelik gebruik sou word om die publiek te oortuig dat individue “gay gebore word.” Dit was eers nie met entoesiasme deur die pro-gay beweging aanvaar nie.

In 1986 het daar egter ’n draaipunt gekom. In die hofsaak Bowers v. Hardwick het die Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat die status quo gehandhaaf word, naamlik dat individuele state in Amerika die reg het om sodomie te kriminaliseer. Dit noop gay aktiviste tot aksie wat daartoe lei dat hulle op die gedagte kom dat as hulle ’n oortuigende saak daarvoor kan uitmaak dat mense “gay gebore” word, hulle in aanmerking kan kom vir “Minderheidstatus” as ’n “Suspect Class” onder die 1964 Civil Rights Act. As “Minderheidstatus” toegestaan sou word, sou die howe gedwing wees om die uitslag van Bowers v. Hardwick om te keer. Sodoende sal sodomie dan gewettig word. Daar moet egter opgelet word dat die Civil Rights Act erken “Minderheidstatus” slegs vir groepe:

  1. Wat die slagoffers was van ’n lang geskiedenis van diskriminasie
  2. Wat magteloos is om hulleself as ’n gemeenskap te help, en
  3. Wat so gebore is

Die “gay gebore” leuen is dus aanvanklik geskep om te poog om ’n “Minderheidsstatus” te verwerf. Die wettiging van sodomie deur middel van “Minderheidstatus,” is die geheim om te verstaan waarom die pro-gay aktiviste die riglyne (soos uiteengesit in The Gay Agenda) in die laat 1980’s aanvaar het, en die Ulrichaanse aanspraak, dat mense “gay gebore” word, begin bevorder het.

Kirk en Madsen het nie gras onder hulle voete laat groei nie, en het in November 1987 ’n opvolg-artikel in ’n pro-gay tydskrif, Guide, gepubliseer met die titel The Overhauling of Straight America. Hierdie artikel het ’n punt vir punt strategie bevat wat gebruik kon word om “straight” Amerika te oortuig dat mans en vroue wat selfdegeslagaangetrokkenheid ontwikkel, “gay gebore is.” Wat hierna gebeur, beskryf Kirk en Madsen:

When, in a 1985 Christopher Street article, we presented a blueprint for a national propaganda effort, doubters derided the proposal as irrelevant or impotent, the methods as demeaning and fraudulent, and our intent as reactionary. In February 1988, however, a "war conference" of 175 leading gay activists, representing organizations from across the land, convened in Warrenton, Virginia, to establish a four-point agenda for the gay movement. (Kirk and Madsen, After the Ball: How America Will Conquer Its Fear and Hatred of the Gay’s in the 90s, p.162-163)

In 1989 het Kirk en Madsen hulle artikel The Overhauling of Straight America in ’n boek omskep, met die titel After the Ball: How America Will Conquer Its Fear and Hatred of the Gays in the 90s. Hierdie boek het die bloudruk geword vir die Gay Agenda. Hierin skryf hulle:

The gay revolution has failed.... What has gone wrong? And what can we do about it? This book is about hope and dread. It explores the dire necessity – and the real possibility – of reconciling America to its large, oppressed and inescapable minority: gay men and women. It proposes a practical agenda for bringing to a close, at long last, the seemingly permanent crisis of American homosexuality (pp. iii).

Die agenda het onder andere ten doel om homoseksualiteit as net nog ’n variant van normale seksualiteit voor te hou. Hulle beywer hulle vir drie dinge om hierdie doel te bevorder:

  1. homoseks moet ontsondig word
  2. dit moet bewys word dat mense nie gewerf word om “gay” te wees nie
  3. dit moet voorgehou word dat homoseksualiteit nie ’n geestesafwyking is nie

Kirk en Madsen skryf:

We have now reviewed a full range of theories concocted by hostile straights to explain the cause of homosexuality. These theories always trace the condition back, one way or another, to sinfulness, recruitment, and/or some kind of mental illness....

Our purpose has not been merely to debunk such theories.... Rather, our intention has been to show how all these folk beliefs are designed to point toward a common conclusion: that straights are logically justified in condemning and blaming gays (and, to a lesser extent, their families) for their ‘diviant’ sexual preference (p.45).

Die Akademie vir Wetenskap en Tegnologie se Diversity in Human Sexuality Implication for Policy in Africa (May 2015) is ’n uitstekende voorbeeld van ’n pro-gay wetenskaplike dokument, wat bogenoemde uitbeeld. Interessant verwys Diamond in Scrutinizing Immutability (p.10) ook na die dokument:

The Academy of Science of South Africa has published its own comprehensive report summarizing the biological evidence regarding sexual orientation and arguing against the criminalization of same-sex sexuality (Academy of Science of South Africa, 2015). The authors deployed the same exaggerations of scientific evidence that have long characterized immutability debates, concluding that “all sexual orientations are biologically based, largely innate and mostly unchangeable” (p. 22).

In The Quiet Death of Sexual Orientation Immutability (p. 17-18) maak Rosik die volgende opmerking:

Diamond and Rosky also make mention of the Academy of Science of South Africa’s (ASSAf, 2015) recent report, Diversity of Human Sexuality, which they acknowledge perpetuates an “overinterpretation of scientific evidence that has long characterized immutability debates, concluding that ‘all sexual orientations are biologically based, largely innate, and mostly unchangeable’” (p. 10). I admit to being pleasantly surprised that the authors concur with the Alliance’s opinion on this aspect of the report (Alliance for Therapeutic Choice and Scientific Integrity (ATCSI), 2015 A Response to the Academy of Science of South Africa’s Diversity in Human Sexuality Report). Diamond and Rosky contend that this “overinterpretation”—which might be considered a sanitized term for scientific deception—is justified on the grounds that belief in immutability in the African context will save lives of LGB Africans. I would like to believe that this is true, but I wonder if this is primarily a rationalizing of scientific dishonesty in the interest of changing public policy. I wonder this in part because it would seem to me that such reasoning is quite insulting to the average African, appearing to assume that Africans are so culturally backwards that they would not be able or know how to access this information on the Internet. Are not Africans with such inclinations likely to be even less sympathetic to Diamond and Rosky’s concerns when they learn that they have been lied to by the ASSAf Report? In this regard, I prefer the Alliance’s position that, “The granting to LGB persons of basic human rights and the ability to live free from harassment or violence should not be conditioned by any scientific finding about sexual orientation” (ATCSI, 2016, p. 406). This would appear to me to be a more culturally transformative value position to promote in Africa than one that simply teaches the ends justify the (scientifically dishonest) means.

Vier punte van belang uit die gay agenda

1. Die eerste punt wat ek wil uitwys is dat gays as slagoffers voorgestel moet word. Hoekom?

The purpose of victim imagery is to make straights feel very uncomfortable; that is, to jam with shame the self-righteous pride that would ordinarily accompany and reward their antigay belligerence, and to lay groundwork for the process of conversion by helping straights identify with gays and sympathize with their underdog status (pp. 184).

Die pro-gay aanhangers het hierdie taktiek ("jamming") meesterlik aangewend om die behoudende christen se geloofsoortuigings oor homoseks af te speel teen die “arme gay,” en hom dan skuldig te laat voel, deur bv. die wanvoorstelling van die liefdesgebod, asook die opvatting dat daar nie geoordeel mag word nie.

2. Die tweede punt is dat die skrywers weet dat gays nie so gebore word nie, maar doelbewus kies om die leuen voor te hou. Op dié wyse mislei hulle die kerk en samelewing.

Now, two different messages about the Gay Victim are worth communicating. First, the public should be persuaded that gays are victims of circumstance, that they no more chose their sexual orientation than they did, say, their height, skin color, talents, or limitations. (We argue that, for all practical purposes, gays should be considered to have been born gay – even though sexual orientation, for most humans, seems to be the product of a complex interaction between innate predispositions and environmental factors during childhood and early adolescence). To suggest in public that homosexuality might be chosen is to open the can of worms labeled ‘moral choice and sin’.... Second, gays should be portrayed as victims of prejudice (pp. 185).

3. Hierbenewens is die derde punt aangaande die agenda wat ek wil uitwys die pro-gays se rol binne die kerk, om die eeu-oue leerstellings van die kerk te ondermyn en verdag te maak.

While public opinion is one important source of mainstream values, religious training in childhood is another. Yet two things can be done to confront the homohatred of the moderately religious.

First, gays can use talk to muddy the moral waters, that is, to undercut the rationalizations that ‘justify’ religious bigotry and to jam some of its psychic rewards. This entails publicizing support by moderate churches and raising serious theological objections to conservative biblical teachings. It also means exposing the inconsistency and hatred underlying antigay doctrines. Conservative churches, which pay as much lip service to Christian charity a anybody else, are rendered particularly vulnerable by their callous hypocrisy regarding AIDS sufferers.

Second, gays can undermine the moral authority of homohating churches over less fervent adherents by portraying such institutions as antiquated backwaters, badly out of step wit the times and with the latest findings of psychology. Against the atavistic tug of Old Time Religion one must set the mightier pull of Science and Public Opinion (the shield and sword of that accursed ‘secular humanism’). Such an ‘unholy’ alliance has already worked well in America against churches, on such topics as divorce and abortion. With enough open talk about the prevalence and acceptability of homosexuality, that alliance can work for gays (pp. 179).

4. Die vierde punt wat ek wil uitlig is dat konserwatiewe christene moet besef dat daar ’n rede is, waarom hulle sleggesê en afgekraak word oor hulle geloofsoortuigings aangaande homoseksualiteit. Die doel is om jou oortuigings as sleg voor te stel en jou uiteindelik stil te maak. (As jy hulle doel weet, kan jy kies om hulle te ignoreer en nie hulle sin te gee nie, en te staan vir wat jy glo).

The real target here is not victimizers themselves but the homohatred that impels them. Understand this point clearly: while it will be a sheer delight to besmirch our tormenters, we cannot waste resources or media access on revenge alone (indeed. The media will not allow us to do so). The objective is to make homohating beliefs and actions look so nasty that average Americans will want to dissociate themselves from them. This, of course, is a variant on the process of jamming. We also intend, by this tactic, to make the very expression of homohatred so discreditable that even Intransigents will eventually be silenced in public.

The best way to make homohatred look bad is to vilify those who victimize gays. The public should be shown images of ranting homohaters whose associated traits and attitudes appall and anger Middle Amerika (pp.189).

Gaum en Du Toit as voorbeeld

Te midde van bogenoemde verskyn Frits Gaum se resensie van Jan du Rand en André Nel se boek Homoseksualiteit en die Bybel op 13 April 2017 in die Kerkbode. Hierin verwys hy na Du Rand se hantering van Rom 1:27-28, wat daarop wys dat “natuurlike” seksuele omgang heteroseksueel is en dit “inlegkunde is om enige ander seksuele verhouding te verhef na die “natuurlike” standaard.” Om sy punt te maak dat daar ook ’n “ander kant” is, haal Gaum prof. Andrie du Toit se siening oor hierdie Skrifgedeelte aan: “Hierdie Skrifgedeelte kan om twee redes nié van toepassing gemaak word op persone met ’n gefikseerde ‘anderse’ seksuele oriëntasie nie: Eerstens omdat sulke persone nie teen hulle natuur handel wanneer hulle aangetrokke voel tot persone van hulle eie geslag nie en tweedens omdat Paulus - soos die mense van sy tyd – nie bewus was van ’n ‘anderse’ voorgeboortelik-gefikseerde seksuele oriëntasie nie. Hierdie werklikheid is eers in die jongste tyd wetenskaplik bewys.”

Geen uniforme definisie vir oriëntasie

Graag nooi ek Du Toit om die kerk te help deur “persone met ’n gefikseerde ‘anderse’ seksuele oriëntasie” duidelik te definieer, sodat ons almal kan weet wie die spesifieke groepering mense binne-in die kerk is, waaroor hierdie debat gaan. Dit is van belang om te weet dat terme soos “gay,” “lesbies,” en “oriëntasie” sosio-politieke terme is, wat geskep is om politieke doeleindes te dien. Dit is dus sosiale konstrukte. Dit is uiters belangrik dat die kerk moet kennis neem dat baie mense wat selfdegeslagaangetrokkenheid beleef nie as gay identifiseer nie. Daar is ook talle wat hulle selfdegeslagaangetrokkenheid as ongewens beleef. Dit is daarom belangrik dat ons hierdie saak dekonstrueer. In ’n tyd waar wetenskap in sommige kringe groter gesag as die Bybel dra, is dit vir my opvallend dat die wetenskap probleme ondervind om oriëntasie te definieer, wat nog van persone volgens ’n sekere kategorie te klassifiseer. Om my punt te staaf, haal ek twee hoogaangeskrewe wetenskaplike navorsers breedvoerig aan, sodat die omvang van die probleem duidelik begryp kan word. Psigiater Paul McHugh, in ’n dokument wat ingehandig is by die Amerikaanse Hooggeregshof, in die saak Obergefell v. Hodges, op 3 April 2015, skryf:

Deep conceptual and empirical difficulties prevent sexual orientation from being used to define a discrete class of persons. Sexual orientation is a complex and amorphous phenomenon that often defies consistent and uniform definition. There is currently no scientific or popular consensus . . . that definitively ‘qualify’ an individual as lesbian, gay, or bisexual. Much of the confusion about sexual orientation occurs because there is no single agreed upon definition of the term. . . . There is no one universally accepted definition of sexual orientation, nor of who is bi­sexual, lesbian, or gay....

Scientific literature often mentions three different ways to define homosexuality. Does it mean someone who engages in same-sex sexual behavior? Someone who fantasizes about such acts? Someone who will identify himself or herself as gay or lesbian? Most definitions of sexual orientation include components of at least one of three of the dimensions of behavior, attraction, and identity. Some definitions include all three and, additionally, membership in a community defined by sexual orientation. The APA’s definition holds that sexual orientation refers to an enduring pattern of emotional, romantic, and/or sexual attractions to men, women, or both sexes. Sexual orientation also refers to a person’s sense of identity based on those attractions, related behaviors, and membership in a community of others who share those attractions.

The problem with sexual orientation, so defined, is that many people are not consistent across all three dimensions. There is a physical orientation, an affectional orientation, and a fantasy orientation, with each of those three further divided into a past (historical) component and a present component. A person’s behavior may be totally at variance with all aspects of orientation, and the various parts of orientation may not all agree. The more carefully researchers map these constellations, differentiating, for example, between gender identity and sexual identity, desire and behavior, sexual versus affectionate feelings, early-appearing versus late-appearing attractions and fantasies, or social identifications and sexual profiles, the more complicated the picture becomes because few individuals report uniform intercorrelations among these domains. Many other researchers also acknowledge discordance between components of sexual orientation. It can be safely assumed that there is no necessary relationship between a person’s sexual behavior and self-identity unless both are individually assessed. There is ample documentation that same-sex attractions and behaviors are not inevitably or inherently linked to one’s identity.

Practical consequences follow from these definitional uncertainties. Different definitions produce substantially different estimates of the size of the homosexual population....

Even more problematic, the definitional complexity is not limited to the familiar categories of straight, homosexual, bisexual, and their variations. Some researchers believe that sexual orientation cannot be reduced to a bipolar or even a tripolar process, but must be recognized within a dynamic and multi-variate framework. Others recommend the use of a 17-question, multiple-subpart test to measure sexual orientation. Still other researchers say that sexual orientation must be analyzed on a continuum. Taken together, these data suggest that sexual orientation is a continuously distributed characteristic and decisions to categorize it into discrete units, regardless of how many, may be useful for particular research questions but are ultimately external impositions that are not consistent with reports of individuals. In general, sexual orientation is most often described as including behavioral, affective (i.e., desire or attraction), and cognitive (i.e., identity) dimensions that occur along continua. And others, with the caveat that the concept of sexual orientation is a product of contemporary Western thought, apply a distinct definition for a specific research purpose. Males do not represent two discrete populations, heterosexual and homosexual.

Given the complexities of defining sexual orientation, it should not be surprising that some experts openly admit that the categories of homosexual, gay, and lesbian do not signify a common, universal experience. Because there is no common experience, one can anticipate arguments for an ever-broadening definition of exactly who belongs in a judicially-protected class founded on sexual orientation. “It will be useful to expand our notions of sexual orientation to include more than just bisexuality, heterosexuality and homosexuality. Its very capaciousness might lead one reasonably to conclude there is serious doubt whether sexual orientation is a valid concept at all. Social constructionism suggests that there is nothing ‘real’ about sexual orientation except a society’s construction of it.

Dr. Liza Diamond skryf in Scrutinizing Immutability: Research on Sexual Orientation and U.S. Legal Advocacy for Sexual Minorities, p.3 (2016):

It is important to note that sexual orientation is not easy to define or measure. This obviously poses a problem for research on the causes of sexual orientation, given that the first step in such research is to identify individuals with different sexual orientations. Sexual orientation is a multifaceted phenomenon, incorporating sexual attractions, sexual arousal, sexual fantasy, sexual behavior, and sexual identity. Different researchers have emphasized different facets, and the facets themselves do not always coincide. For example, many individuals report same-sex attractions or sexual arousal in the absence of a gay/lesbian/ bisexual identity, and many individuals report bisexual patterns of attraction but pursue exclusively same-sex or othersex relationships.

Cultural factors often contribute to discrepancies between individuals’ sexual identities, attractions, and behaviors....

Given the degree to which identity and behavior are structured by social context, social constraints, and social opportunities, most researchers treat sexual attractions as the primary indicator of an individual’s underlying sexual orientation. Yet even attractions do not provide a perfect index, given that they can be influenced by a range of factors other than sexual orientation, such as opportunities to encounter desirable same-sex and other-sex individuals. Although our review will employ the standard scientific (and lay) practice of using the term sexual orientation to denote a consistent pattern of same-sex and/or other-sex sexual attraction, we want to emphasize that none of the studies reviewed here can claim to have definitively assessed the core construct of sexual orientation, given its inherently multidimensional nature.

Wat die saak nog verder bemoeilik is dat dit bekend is dat die volgende oriëntasies voorgehou word: heteroseksueel, meestal heteroseksueel, biseksueel, meestal homoseksueel en homoseksueel. Die klassifikasies impliseer reeds dat ’n persoon met ’n spesifieke oriëntasie uitsluitlik, of in ’n mindere of meerder mate, georiënteerd is tot persone van die teenoorgestelde geslag, beide geslagte, of dieselfde geslag.

Daar is verder ook mense wat tot spesifieke ouderdomsgroep aangetrokke is. Die oriëntasie kan uitsluitlik tot ’n spesifieke ouderdomsgroep wees of kan oor die ouderdomsgrense heen gaan. Hierdie variasie van moontlike ouderdomsgroepe is: infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar), pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar), hebefiele (11 tot 14 jaar), ephebefile (15 tot 19 jaar), pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot 14), teleiofiele (volwasse persone) en gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer). Daar is ook adolessente wat eroties aangetrokke is tot persone ouer as hulleself (hierdie groep blyk nog nie ’n klassifikasie te hê nie, en kenners wys daarop dat bv. ’n 15 jarige wat aangetrokke is tot ’n 30 jarige nie ’n gerontofiel is nie). In die afwesigheid van sy hoofvoorkeurgroep, neig die mens om hom tot ’n ander groep te went.

Daar is ook diegene wat hulleself as poliseksueel, panseksueel en aseksueel klassifiseer. ’n Voorkeur vir meervoudige romantiese verhoudings tegelykertyd (poliamorie), word ook as ’n verdere oriëntasie voorgehou.

DeCecco, in Gay Personality and Sexual Labeling, 16 (1985) kompliseer die saak verder deur die volgende uit te wys:

With respect to various components of sexual orientation, an individual may be heterosexual, homosexual, bisexual, as well as fetishistic, transvestitic, zoophiliac, and so on. It is important to note that these are not mutually exclusive categories.

McHugh som die toedrag van sake inderwaarheid op, as hy sê:

Sexual orientation characterizes the difference between heterosexuals, gay men, lesbians, and bisexuals. But ... sexual orientation also may characterize points along a continuum of sexual attraction, sexual behavior, and sexual identity where individual categories are anything but distinct.

Du Toit se flater met “nie teen hulle natuur handel”

Kyk ons vervolgens na Du Toit se stelling dat “persone nie teen hulle natuur handel wanneer hulle aangetrokke voel tot persone van hulle eie geslag nie” is in die lig van die voorafgaande ’n ondeurdagte stelling. Die implikasie van so ’n stelling is dat indien ’n mens volgens enige van die voorafgaande orientasiemoontlikhede (bv. homoseksuele infantofiele, homoseksuele pedofiele, homoseksuele hebebefiele, homoseksuele ephebefiele) aangetrokke voel tot ’n ander persoon/dier, so persoon nie teen sy natuur handel nie.

Christelike Etiek

Seksualiteit ’n is ’n baie komplekse saak. Elke mens is waarskynlik uniek as die verskeie moontlike kombinasies in ag geneem word. Elke christen word hiermee gekonfronteer, en die vraag ontstaan: hoe word dit op ’n christelike, moreel-etiese wyse hanteer? Vir die christen moet God en Sy wil in berekening gebring word. Psigiater Jeffrey Satinover, in Homosexuality and the Politics of Truth (p. 121) skryf:

Science – with its rigorous need to restrict itself to data, logic, mathematical precision, and probabilistic conclusions – can say nothing about morality. For morals have to do with how things should be, whereas science can at best only tell us how things are.

Furthermore, once we begin to consider how things should be, we find ourselves in the domain of religion. Notwithstanding the fuzzy modern impression that morality can be contrived apart from transcendent absolutes, religion is the originator of all morality. As Fyodor Dostoyevsky in The Brothers Karamazov had his most reflective character observed, ‘Without God, all things are permissible.”

Die Bybel, as Woord van God is onapologeties eties. Dit spreek nooit van oriëntasie nie, maar altyd in terme van geslagtelikheid. God sê hy het die mens man en vrou geskape. Verder spel die Woord dit onomwonde uit dat ENIGE seksuele gedrag, van watter aard ook al, buiten dié tussen een man en een vrou binne ’n lewenslange huweliksverband, SONDE is. Moenie jouself bedrieg nie! Elke christen moet sy seksualiteit in lyn hiermee bring. Dus moet daar kennis geneem word, dat indien daar persone in jou gemeente is wat hulle oriëntasies as ongewens beleef, jou begeleiding nodig het, om God se wil vir hulle lewens uit te leef. Graag nooi ek jou om in die verband “Dear Pastor” A Letter From a Christian Pedophile te lees (“Dear Pastor” A Letter From a Christian Pedophile). Hierdie brief se inhoud spreek waarskynlik vir so ’n persoon in jou gemeente wat nie noodwendig ’n pedofiel is nie.

Graag verwys ek jou na ’n paar ander hulpmiddels, om persone met ongewenste oriëntasies by te staan. Jy kan my webwerf besoek by www.Learntolove.co.za, Dr. Joseph Nicolosi www.josephnicolosi.com, Dr. Neil Whitehead www.mygenes.co.nz, Ex-gay Calling www.exgaycalling.com, NARTH www.narth.com en Sexuality and Gender Findings from the Biological, Psychological, and Social Sciences Sexualityandgender.pdf.

Brief aan Kerkbode op 30 Januarie 2017

Nou ontstaan die vraag waarom die pro-gay groepering na homoseksuele teleiofiele (persone met ’n oriëntasie slegs tot volwasse persone) verwys as nie pervers nie, maar tog word na al die ander oriëntasies verwys as pervers. So wil dit ook voorkom asof hulle die oorkoepelende liefdesgebod net op homoseksuele teleiofiele van toepassing maak, terwyl die ander groeperinge liefdeloos behandel word. Hierdie dubbele standaarde het my genoop om die volgende brief aan die Kerkbode te skryf.

Die liefdesgebod se voorbehoud op randfigure

“Sies man, dis nie daai tipe persone waarvan ek praat, as ek pleit vir die toelating van selfdegeslagverhoudings binne die kerk nie”, was die uitlating van ’n prominente kampvegter vir selfdegeslagverhoudings in die NG Kerk. Dié reaksie het my vreemd op die oor geval, aangesien hierdie selfde persoon ’n toegewyde verkondiger is van die oorkoepelende liefdesgebod, Jesus wat na die randfigure in die samelewing uitreik, en “die liefde wat die naaste geen kwaad aandoen nie.”

Die wanklank wat ek gehoor het, was die voorbehoud dat randfigure fatsoenlike mense moet wees, alvorens hulle vir die liefdesgebod in aanmerking kan kom en deur Jesus raakgesien sal word. Want sien, die “sies” persone van wie ons gepraat het, is dié wat ’n promiskue lewe leef, soos die gemiddelde persoon in die gay gemeenskap maar doen. Ons het verder gepraat oor diegene wat aangetrokke is tot persone van dieselfde geslag jonger as hulleself – waarvan daar talle is (pedofiele, hebefiele en ephebefiele – as ’n mens gay gebore word, is hulle nie ook met hulle oriëntasie gebore nie? wonder ek maar net). Ter sprake was ook bloedskande (seksuele dade tussen broers en pa en seun) en ja, ook hy, wat te midde van sy selfdegeslagaangetrokkenheid ook nog ’n oriëntasie tot diere ervaar.

Wat die praktyk my geleer het, is dat God se genade onbegryplik groot is en Sy liefde onbeperk. Met my selfdegeslagaangetrokkenheid, was ek nie een van die kwalifiserende fatsoenlike sondaars nie. Maar toe ontmoet hierdie “sies” randfiguur Here Jesus en Hy sê vir my: “Ek veroordeel jou nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” Dit het ’n proses aan die gang gesit wat my hele lewe verander het. In kontras hiermee ontmoet ek voorstanders van selfdegeslagverhoudings wat smalend, neerhalend, sê: “Jy lieg. ’n Mens kan nie van oriëntasie verander nie. Een maal gay, altyd gay. Jy onderdruk wie jy regtig is. Jy was nooit werklik ’n kernhomoseksueel nie. Jy was biseksueel.” Dan wonder mens hoe is dit dat die liefdesgebod blykbaar voorbehoude het.

Kan dit dalk wees dat enige inligting of getuienis wat die valse teorie van “gay gebore” bevraagteken, met hand en tand beveg moet word - tot so ’n mate dat voormalige homoseksueles beledig en as leuenaars gebrandmerk moet word? Of gaan dit meer daaroor dat die mooi prentjie wat deur pro-gay aktiviste geskets word, dalk deur sommige minder polities-korrekte voormalige homoseksuele “besoedel” kan word en dat die sonde in sy volle aakligheid duidelik kan word? Hoe dit ookal sy, dit bly diep seermaak en verwond wanneer my opregte en dankbare getuienis as ’n “voormalige homoseksueel” vertrap en ontken word, so asof selfs my blote bestaan nie toegelaat of erken mag word nie. Dit is na my mening nie liefde in aksie nie, maar eerder ’n ontkenning van die onbeskryflike genade van God wat sondaarmense kan verander.

Jackson se reaksie op 13 Februarie 2017

Andre

Ek gaan nie jou stuk plaas nie, want jy voer ’n absolute drogredenasie daarin.

Die pro-gay-argument is nie dat God se liefde slegs vir fatsoenlike randfigure is nie. God se liefde is vir almal. En dit is inderdaad wonderlik dat jy en ander mense wat by perversiteite betrokke was, tot inkeer gekom het en daardie manier van lewe gelos het.

Die pro-gay-argument is dat ’n verhouding tussen twee volwasse mense van dieselfde geslag nie ’n perversiteit is nie. En dat daardie verhouding binne die kerk aanvaarbaar moet wees. Dis anders as die uitbuiting van kinders deur ’n pedofiel, wat nooit vir die kerk aanvaarbaar kan wees nie.

Neels Jackson

Kommentaar op Jackson se reaksie

Dit is jammer dat Jackson die punt van my brief gemis het. In die brief word nie ’n pro-gay-argument beredeneer nie, maar fokus op die pro-gay-kamp se gedrag wat teenstrydig is met hulle eie Liefdesgebod lering. Hulle “do not walk the walk, of which they talk the talk.” Hulle eis liefde maar demonstreer nie dieselfde liefde wat hulle vereis nie. As ’n mens dan volgens hulle met enige oriëntasie gebore word en geen keuse of beheer daaroor het nie, moet almal dan nie dieselfde behandel word nie? As persone met “perverse selfdegeslagaangtrokkenheid” dan kan verander, sou dit dan nie inderdaad wonderlik wees as alle persone met selfdegeslagaangetrokkenheid tot inkeer kom en daardie manier van lewe los nie?

Dit is ook opvallend dat die pro-gay-ondersteuners graag na “gays” as randfigure verwys, maar nooit erken dat homoseks sonde is, waarvan afgesien moet word nie. Dit staan in skrille kontras met al die gevalle in die Bybel, wat as voorbeelde van randfigure voorgehou word. Al die randfigure was versoek om van hulle sonde af te sien.

Jackson se opmerking dat “die pro-gay-argument is dat ’n verhouding tussen twee volwasse mense van dieselfde geslag nie ’n perversiteit is nie” is problematies. As ek sou redeneer dat ’n verhouding tussen twee volwasse gesinslede (argumentshalwe twee broers) wat albei daartoe instem, mekaar respekteer, aan mekaar getrou is, mekaar liefhet en mekaar opbou, vervul en help om vol en gelukkige lewens te lei, nie pervers is nie, is dit in wese dieselfde argument van die pro-gay ondersteuners. Sou dit beteken dat bloedskande-verhoudings dus ook binne-in die kerk aanvaarbaar moet wees? Indien nie, op grond waarvan sou die kerk dit as ’n perversiteit moet afwys en dan nie ook selfdegeslagverhoudings nie?

Dit is nie liefdevol of in die beste belang van ’n persoon wat aangetrokke is tot persone van dieselfde geslag, om selfdegeslagverhoudings aan te moedig en so ’n persoon te maak glo dat dit nie pervers is nie. Op geestelike vlak beroof dit só persoon van die ewige lewe. Meer nog: Russel Jones maak die stelling: "When someone is engaged in demonstrably self-destructive behavior, it is not loving to encourage persistence.” Dit bevestig Paulus se uitspraak in Rom. 13:10, “die liefde doen die naaste geen kwaad nie.” Op fisiese en psigiese gebied draai die mediese wêreld nie doekies om oor hoe destruktief die gay leefstyl in talle opsigte is nie. Die Gay and Lesbian Medical Association: Top Ten Things Gay Men Should Discuss with their Health Care Provider wys op die volgende:

  1. Dit is welbekend dat mans wat met mans seks het, ’n groter risiko loop om HIV infeksie op te doen.
  2. Gay mans gebruik meer dwelms as die algemene bevolking.
  3. Meer gay mans ly aan depressie en angs as die algemene bevolking.
  4. Mans wat homoseks beoefen, loop ’n groter risiko om geïnfekteer te word met seksueel-oordraagbare virusse - wat die potensieel-dodelike lewersiekte, “Hepatitis Immunisation”, veroorsaak.
  5. Seksueel-oordraagbare siektes kom meer voor onder mans wat homoseks beoefen.
  6. Gay mans loop ’n hoër risiko om te sterf aan prostaat-, testikulêre en/of kolon-kanker.
  7. Gay mans misbruik alkohol meer as heteroseksuele mans.
  8. Gay mans gebruik baie meer tabak as heteroseksuele mans.
  9. Dit kom meer algemeen by gay mans as heteroseksuele mans voor, om ’n negatiewe beeld oor hulle eie liggaam te hê. Gay mans staan ’n groter kans om een of ander eetprobleem te hê as heteroseksuele mans. Dit lei weer tot ander mediese probleme.
  10. Gay mans loop die risiko om die virus Papilloma op te doen. Dit verhoog die risiko vir anale kanker.

Kirk en Madsen maak ’n insiggewende opmerking:

In short, the gay lifestyle - if such a chaos can, after all, legitimately be called a lifestyle - it just doesn’t work: it doesn’t serve the two functions for which all social framework evolve: to constrain people’s natural impulses to behave badly and to meet their natural needs. While it’s impulse to provide an exhaustive analytic list of all the root causes and aggravants of this failure, we can asservative at least some of the major causes. Many have been dissected, above, as elements of the Ten Misbehaviors; it only remains to discuss the failure of the gay community to provide a viable alternative to the heterosexual family.

One of the major reasons the gay lifestyle doesn’t work is that, when gays form relationships at all – and they do so far less frequently than the wishful thinking of popular mythology would have it – they form them for the wrong reasons, with the wrong people, of the wrong ages. (Kirk and Madsen, After the Ball: How America Will Conquer Its Fear and Hatred of the Gay’s in the 90s, p.363)

Dr. Nicolosi in sy artikel, An Open Secret: The Truth About Gay Male Couples, sê onder andere die volgende:

In one recent study of gay male couples, 41.3% had open sexual agreements with some conditions or restrictions, and 10% had open sexual agreements with no restrictions on sex with outside partners. One-fifth of participants (21.9%) reported breaking their agreement in the preceding 12 months, and 13.2% of the sample reported having unprotected anal intercourse in the preceding three months with an outside partner of unknown or discordant HIV-status.

When McWhirter and Mattison published The Male Couple in 1984, their study was undertaken to disprove the reputation that gay male relationships do not last. The authors themselves were a homosexual couple, one a psychiatrist, the other a psychologist. After much searching they were able to locate 156 male couples in relationships that had lasted from 1 to 37 years. Two-thirds of the respondents had entered the relationship with either the implicit or the explicit expectation of sexual fidelity.

The results of their study show that of those 156 couples, only seven had been able to maintain sexual fidelity. Furthermore, of those seven couples, none had been together more than 5 years. In other words, the researchers were unable to find a single male couple that was able to maintain sexual fidelity for more than five years. They reported:

‘The expectation for outside sexual activity was the rule for male couples and the exception for heterosexuals. Heterosexual couples lived with some expectation that their relationships were to last “until death do us part,” whereas gay couples wondered if their relationships could survive.’

McWhirter and Mattison admit that sexual activity outside the relationship often raises issues of trust, self-esteem, and dependency. However, they believe that:

‘the single most important factor that keeps couples together past the ten-year mark is the lack of possessiveness they feel. Many couples learn very early in their relationship that ownership of each other sexually can become the greatest internal threat to their staying together.’

Du Toit onkundig of opsetlik

Du Toit se stelling “omdat Paulus - soos die mense van sy tyd – nie bewus was van ’n ‘anderse’ voorgeboortelik-gefikseerde seksuele oriëntasie nie,” spreek of van onkunde of opsetlikheid. Thomas Hubbard in sy boek Homosexuality in Greece and Rome: A Sourcebook of Basic Documents skryf onder andere op bl. 2:

Close examination of a range of ancient texts suggests, however, that some forms of sexual preference were, in fact, considered a distinguishing characteristic of individuals. Many texts even see such preferences as inborn qualities and thus ‘essential’ aspects of Human identity: the earliest philosophical account of male sexual passivity, from the pre-Socratic philosopher Parmenides, traces it to a failure of male and female seed to blend properly at the moment of conception. Other medical writers consider effeminacy in men and masculinity in women to be genetically determined. Aristotle and his followers believe that the desire to be penetrated anally arises from physiological deformity, either a congenital defect or something occurring through ‘abuse’ as a child. Similarly, physiognomic writers hold that effeminacy and sexual passivity can be betrayed by visible physical traits, implying that the behavior stems from an organic etiology. Later astrological texts consider all maner of sexual preferences to be determined by the position of heavenly bodies at one’s birth. The Roman fabulist Phaedrus and the Greek comic poet Aristophanes both produce mythological accounts explaining the origin of different sexual orientations in the prehistory and creation of the Human race. In the context of these theories, it should not surprise us to see the late Greek novelist Longus introduce a character as a ‘pederast by nature.’

Ope versoek aan Du Toit

Laastens rig ek ’n publieke versoek aan Du Toit, om aan die Algemene Sinode die navorsingstuk voor te lê, wat onomwonde aantoon dat “’n ‘anderse’ voorgeboortelik-fikseerde seksuele oriëntasie in die jongste tyd wetenskaplik bewys” is.

Aangesien Du Toit nooit so ’n voorlegging sal kan maak nie, omdat dit nie bestaan nie, versoek ek hom, om my verkeerd te bewys, wanneer ek verklaar dat die wetenskap, soos dit tans daar uitsien, bewys dat:

  1. biologiese faktore slegs ’n bydraende invloed het op die vorming van oriëntasie
  2. nie een biologiese faktor deterministies van aard is nie
  3. daar hoogstens gesê kan word dat sommige mense met ’n predisposisie gebore word
  4. mense spontaan of deur middel van intervensie kan verander

Slot opmerkings

Die kerk is in ’n stryd gewikkel tussen lig en duisternis. Die Ruim Huis benadering is onhoudbaar. Die waarheid en die leuen kan nie saam in een huis woon nie. ’n Huis kan nie teen homself verdeeld wees nie. ’n Benadering van “eenheid ten alle koste,” is nie en sal nooit haalbaar wees nie.

Wurg die Ruim Huis benadering die lewe uit jou uit en voel jy ook benoud in die huis? Noudat jy die leuen en sommige van die agenda se strategieë ken, vra ek jou: word dikvelliger en staal jou om onverskrokke vir die waarheid te staan. As jy moeg geword het vir die stryd, of bloot net passief is, of langs die pad seergekry het en besluit het om te onttrek, of op die draad wil sit, wil ek jou aanmoedig met dr. James White se woorde: “Om te oorleef, moet ons in ons hart ten volle oortuig wees van die waarheid van die Evangelie, die inspirasie en bewaring van die Skrif en dat ons geroep is om Jesus Christus te dien, waar ons ons ook al bevind, ongeag die koste.”

Mag God gee dat die Ruim Huis spoedig iets van die verlede sal wees en dat Hy weer Sy regmatige plek in die kerk sal kan inneem, waar Hy weer vrylik in Gees en in Waarheid gedien en aanbid kan word.

Groete van ’n besorgde lidmaat,

André Bekker

HIGHLY RECOMMENDED

Such were some of you is a documentary video and is available from CUM Books. It tells the story of how people develop homosexual confusion and how Jesus Christ brings healing from those things that contribute to their same-sex attractions. While being up-front about the lengthy process that many go through.