Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Oor GloDieBybel.co.za PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrateur   
Vrydag, 01 Oktober 2010 18:00

Kyk ook:

Die doel van hierdie webblad is om vir mense te wys dat die Bybel geglo en verstaan kan word soos dit geskryf is. Daarom is een van die fokuspunte om te wys dat evolusie en lang tydperke (wat duidelik teenstrydig met die Bybel is - kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?) nie die Bybel verkeerd bewys nie. In hierdie kwessie is dit baie belangrik om te onderskei tussen:

  1. Operasionele vs historiese wetenskap
  2. Mikro- vs makro-evolusie

Hierdie kwessie is belangrik, omdat dit baie tot struikeling gebring het (kyk Hoe evolusie mense se geloof beïnvloed).

Daar word ook gewys waar daar dwaling in die kerk (veral die NG Kerk) is met die doel om hierdie dwaling te weerlê en uit te wis (kyk Jesus ernstig oor verkeerde dinge en Die Bybel oor dwaling). Dus is hierdie webblad nie 'n aanval op die kerk nie, maar het ten doel om die Christelike kerk van dwaling te suiwer.

Alhoewel hierdie webblad meestal op die NG Kerk konsentreer, is dit nie tot die doen en late van slegs die NG-denominasie beperk nie.

Enigeen is dus welkom om op hierdie blad te registreer.

Jy is meer as welkom om ons te kontak.

Groete

Daniel Louw
017 631 2623
079 597 2660