Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Hoe is die 12 dissipels dood? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Donderdag, 25 Mei 2017 21:00

Kyk ook:

Die volgende gee ’n lys van die Jesus se 12 dissipels en hoe hulle dood is. Almal behalwe Johannes het as martelare gesterf vir hulle geloof.

Sommige skeptici beweer dat Jesus nie werklik opgestaan het nie en dat die dissipels Jesus se liggaam gesteel het. Dit stem glad nie ooreen met die feit dat al die dissipels (behalwe Johannes) ’n martelaarsdood gesterf het vir hierdie “leuen” nie. Sou die dissipels werklik bereid wees om te sterf vir die Evangelie van Christus, selfs meer as 30 jaar nadat hulle kwansuis Jesus se liggaam gesteel het? Baie onwaarskynlik!

Die dissipels word gegee in Matteus 10, Markus 3:14-19, Lukas 6:13-16 en Handelinge 1:18-26. Die Engelse name word in krulhakies gegee.

Dissipels

1. Petrus (Simon) (broer van Andreas) {Peter}

Hy was ongeveer 66 nC ’n martelaar in Rome gedurende die bewind van keiser Nero. Na bewering het Petrus gevra om onderstebo gekruisig te word omdat hy nie gelyk aan Jesus gestel wou word nie.

2. Andreas (broer van Simon Petrus) {Andrew}

Hy is na bewering gekruisig.

3. Jakobus (seun van Sebedeus, broer van Johannes) {James}

Volgens Handelinge 12:1-19 is Jakobus op bevel van Herodus, met ’n swaard doodgemaak.

4. Johannes (seun van Sebedeus, broer van Jakobus) {John}

Johannes was die enigste oorspronklike dissipel wat nie ’n geweldadige dood gesterf het nie. Hy het in Patmos gesterf ongeveer 100 nC.

5. Filippus {Philip}

Hy is in die Egiptiese stad Heliopolis geslaan, in die gevangenis gegooi en in 54 nC gekruisig.

6. Bartlomeus {Bartholomew}

Hy is in Indië doodgemaak. Daar is twee weergawes:

  1. Ongeduldige afgodsdienaars het hom geslaan en toe gekruisig.
  2. Hy is lewendig geslag en onthoof.

7. Tomas {Thomas}

Is met ’n spies doodgemaak in Indië.

8. Matteus (die tollenaar) {Matthew}

Hy het in Etiopië gesterf waar hy vermoedelik in die rug gesteek is deur 'n swaardvegter wat deur koning Hertacus gestuur is, nadat hy die koning se sedes gekritiseer het.

9. Jakobus, seun van Alfeus {James the son of Alphaeus}

Op 94-jarige ouderdom is hy deur vervolgers geslaan en gestenig, en daarna is hy vermoor deur hom met 'n knuppel oor die kop te slaan.

10. Taddeus (Lebbeus / Judas), seun van Jakobus {Thaddaeus / Lebbaeus / Judas / Jude}

Volgens baie stories is hy gekruisig by Edessa in 72 nC.

11. Simon die fanatikus / Kananeër / Seloot / Yweraar {Simon who was called the Zealot}

Hy is in England gekruisig 74 nC.

12. Mattias (vervang vir Judas Iskariot) {Matthias}

Hy is in Sirië verbrand.

Ander

Paulus {Paul}

Soos Petrus was hy ongeveer 66 nC ’n martelaar in Rome gedurende die bewind van keiser Nero. Hy is onthoof.

Bronne: