Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Jesus se verskynings aan mense na Sy opstanding PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Administrator   
Vrydag, 28 Julie 2017 22:00

Kyk ook:

Skeptici beweer soms dat Jesus wel dood gegaan het aan die kruis, maar nooit werklik opgestaan het nie. Dus moes die dissipels Jesus se liggaam gesteel het.

Daar is ’n paar probleme met hierdie argument:

  • Matteus probeer hierdie bewering nie eens te verdedig nie. Mat 28:13Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.’
  • Die dissipels was skelms. Dus het Jesus totaal misluk as leermeester. En wie sou oortuig word van ’n nuwe geloof verkondig deur skelms?
  • Die dissipels was bereid om te sterf vir hierdie leuen (kyk Hoe is die 12 dissipels dood?).
  • Hulle was ook bereid om toe te sien dat ander mense sterf vir hulle leuen.
  • Hoekom is daar soveel getuienisse van Jesus wat aan mense verskyn het na Sy dood? Hier volg ’n lys:
1 Maria Magdalena Joh 20:11-17
2 Ander vroue by die graf Mat 28:9-10
3 Simon Petrus Luk 24:34, 1 Kor 15:5
4 Emmausgangers Mrk 16:12-13, Luk 24:13-31
5 Tien dissipels (Thomas uitgesluit) Mrk 16:14, Lukas 24:36-51, Joh 20:19-23
6 Aan die elf dissipels ’n week na Jesus se opstanding Joh 20:26-29
7 Sewe dissipels by die See van Tiberias Joh 21:1-23
8 Aan die 500 1 Kor 15:6
9 Jakobus, Jesus se broer 1 Kor 15:7
10 Elf dissipels op die berg in Galilea Mat 28:16-20
11 Aan die dissipels in die tyd van die hemelvaart Luk 24:44-53, Hand 1:3-9
12 Stefanus net voor sy martelaarsdood Hand 7:55-56
13 Paulus op pad na Damaskus Hand 9:3-6 (vergelyk met Hand 22:6-11 en 26:13-18)
14 Paulus in Arabië Gal 1:12-17
15 Paulus in die tempel Hand 9:26-27, Hand 22:17-21
16 Paulus toe hy gevangene was in Siseria Hand 23:11
17 Apostel Johannes Op 1:12-20

Waar is Jesus nou?

Hy sit aan die regterhand van God. Heb 1:3
Beoefen Sy priesterskap waar hy vir gelowiges intree. Rom 8:34
Dien as verdediger van die kerk waarvan Hy die hoof is. Ef 1:20-21
Eendag sal Hy op die wolke verskyn net soos Hy opgevaar het, om gelowiges te kom haal. Op 21:1-4