Jurie le Roux was ’n teologiese dosent by die teologiese fakulteit van UP (hy is tans afgetree).
Hy glo nie in Jesus se letterlike opstanding nie. Hy en Julian Müller is deur Ferdie Mulder gevra om hulle standpunt oor Jesus se opstanding in die openbaar te bely. Dit het tot Ferdie se skorsing gelei. Kyk Opgestaan.
Oor Jesus
Oor Andries van Aarde se boek Fatherless in Galilee, sê Jurie le Roux in sy resensie (kyk Kommentaar op Andries van Aarde se vaderlose Jesus deur Jurie le Roux):
“Van Aarde se boek oor die historiese Jesus is ’n hoogtepunt in die Suid-Afrikaanse Bybelwetenskap.”
In hierdie boek spekuleer Van Aarde onder andere oor:
- Wie Jesus se ma was.
- Jesus was ’n buite-egtelike kind. Dus was Jesus nie maagdelik verwek nie.
- Die moontlikheid dat haar man haar gelos het pas nadat Jesus gebore is (dus het Jesus sonder ’n vader groot geword).
- Die rede vir Jesus se kruisiging was heel moontlik agv konfrontasie met die owerhede. (5) Bevraagteken Jesus se wonderwerke.
In Le Roux se resensie lewer hy op geen oomblik kritiek op hierdie idees nie. ’n Mens sou dink dat as Le Roux enigsins lojaal was teenoor die Bybel, hy hierdie growwe wanvoorstellings ten sterkste sou veroordeel, maar hy doen dit nie.
Abraham
In Le Roux se studienotas oor Abraham bevraagteken hy Abraham se historisiteit. Dit het reuse teologiese gevolge (dit word bespreek in Kommentaar op Jurie le Roux se studienotas oor Abraham). Dus word studente by UP teologiese fakulteit verwar met ’n onsekerheid wat eintlik nie bestaan nie. Le Roux is persoonlik gekontak hieroor, maar die gesprek het op niks uitgeloop nie. Aanvanklik het hy probeer argumenteer dat hy nooit sê dat Abraham nie histories is nie (wat nie waar is nie) en later het hy geredeneer dat ek te min van Hebreeus weet om saam te praat en dat hy nie tyd het om my te probeer verduidelik nie.
Die Bybel
Jurie het tydens ’n klas gesê (Opgestaan, Ferdie Mulder, bl 36):
“Die Bybel is die produk van die gekonkel van mense!”
Dit was nadat ’n student geredeneer het dat die Bybel deur die Heilige Gees geïnspireer is.
Kyk ook
- Jurie le Roux – ’n teoloog en mens sonder gelyke (15 Okt 2021)
- “Vaste Rots op wie ek bou” – ’n beoordeling (25 Augustus 2018)
- Kommentaar op Jurie le Roux se “Pase en ’n verlede wat weg is” (15 April 2012)
- Die tragedie van die Reformasie? Luther, sonde en die hel. (25 Oktober 2011)
- Opgestaan (Jul 2011, Ferdie Mulder)
- Kommentaar op Andries van Aarde se vaderlose Jesus en Jurie le Roux se resensie daarop (21 Nov 2010)
- Kommentaar op Jurie le Roux se studienotas oor Abraham (14 Februarie 2010)
- ‘n Afskeidswoord (18 Nov 2009)
- DVD: Nuwe Strominge in die Teologie (Sarel van der Merwe) (2007)
- Weereens die DVD: Jurie le Roux (September 2007)
- Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond (25 Augustus 2007)
- Twee teoloë onskuldig bevind (29 Jul 2006)
- Ring van Pretoria-Oos bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen prof Jurie Le Roux (10 Apr 2006)
- Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller. Persverklaring rakende “dwaalleer-brief” van mnr Ferdie Mulder en ander (29 Nov 2005)
- NG teologie by UP kan tot ’n einde kom (2 Okt 2005)
- ‘Dwaalleer’-brief gekap (5 Jul 2005)
- NG teoloë kap ‘dwaalleer’-brief (25 Jun 2005)
- Dis niks anders as bedekte apartheidsteologie nie (28 Jul 2000)
- Anti-apartheidsteologie ‘uiters simplisties’ (22 Jul 2000)
- Eksegese is ’n spel sonder reëls (1996, WS Prinsloo)