(Uit 1986 agenda, bl 55, 3.2.1.4)
Skrifgesag en Skrifgebruik
Die drie teologiese fakulteite van die Ned Geref Kerk bied op versoek van die Breë Moderatuur die volgende opmerkinge in verband met die gesag en gebruik van die Heilige Skrif aan as ‘n aantal stellings of notisies wat geensins bedoel om ‘n volledige behandeling van die onderwerpe te bied nie, maar slegs inspeel op bepaalde sake wat op die oomblik aktueel in die kerklike diskussie is. Daarby word dringend versoek dat verskillende uitsprake as deel van die geheel gelees en verstaan moet word, en nie op hulleseif en geïsoleerd uit hulle verband nie. Dit is ook die oortuiging van die Fakulteite dat die Breë Moderatuur hierdie memorandum nie moet hanteer as ‘n aanvulling by die bestaande belydenisskrifte van die Ned Geref Kerk nie, maar dit moet sien as verklarende aanmerkinge by enkele aspekte van die belydenis.
1. DIE BEGRIP “TEOPNEUSTIE”
1.1 Die begrip “teopneustie” druk die geloofsoortuiging uit dat die Heilige Skrif onder die inspirasie of beademing van die Heilige Gees tot stand gekom het (2 Tim 3:16 en 2 Pet 1:21) en deur die blywende en onvernietigbare verbintenis tussen die Heilige Gees en hierdie geskrifte die Woord van God is waardeur Hy lewend tot ons spreek (Heb 4:12). Die verskillende teorieë oor hoe die inspirasie plaasgevind het, probeer om uitdruk king te gee aan die wyse waarop aan die teopneustie van die Heilige Skrif gedink moet word.
1.2 Die God : mens verhouding
Die term “organiese inspirasieleer” het in ons kringe gebruiklik geword as verwoording van die belydenis dat die Heilige Gees by die totstandkoming van die Heilige Skrif op sodanige wyse van die diens van mense gebruik gemaak het, dat daar in geen enkele opsig aan hulle selfwerksaamheid afbreuk gedoen, of die historiese en psigologiese bemiddeling van die openbaring uitgeskakel is nie.
Die Bybelskrywers het klaarblyklik dikwels gebruik gemaak van gegewens wat hulle beskikbaar gehad het. Soms was dit persoonlike herinneringe, soms mededelinge van ander mense, soms oorleweringe wat in die tyd bekend was, soms selfs skriftelike bronne wat hulle kon raadpleeg. Uit al hierdie gegewens het hulle geput, dit selfs geïnterpreteer en uiteindelik op hulle eie manier weergegee. Maar dwarsdeur die hele proses was die Heilige Gees op ‘n besondere wyse werksaam om die resultaat te waar borg. As Auctor primarius het Hy sorg gedra daarvoor dat hulle met hulle skryfwerk presies weergegee het wat sy Goddelike bedoeling daarmee was.
Langs hierdie weg het daar dus ‘n boek ontstaan waar van ons gb dat dit van begin tot einde die onfeilbare Woord van God is, en waarvan die leer “hee/temal volmaak en in alle opsigte volkome is” (NGB:)). Cm uitdrukking te gee aan hierdie ontstaanswyse van die Skrif binne die verbondsverhouding tus sen God en mens, word die term “dialogiese in spirasie” soms gebruik.
1.3 Die Bybel as Woord van God
As ons beby dat die Bybeb die Woord van God is, be doel ons daarmee dat hierdie Boek met sy menslike en historiese karakter in sigself die Woord van God is. Nie alleen op grond van die selfgetuienis van die Skrif nie, maar ook op grond van die outopistie van die Skrif waarvan die kerk deur die inwendige getuienis van die Heilige Gees bewus word, bely ons dat daar ‘n bepaab de identiteit tussen hierdie menslike woorde en die Woord van God is. Hierdie identiteit is blywend eie aan die Skrif en kom nie tebkens tot stand waar mense die Woord van God hoor nie. Die Bybel is nie slegs ‘n geboofsboek wat die getuienis van mense aangaande hubbe geloof of geboofservarings bevat nie. Dit kom tot ons as die verkondiging van Gods dade en woorde in die geskiedenis van sy omgang met die mense soos dit kulmineer in Jesus Christus as die Vleesgeworde Woord. Ons aanvaar dat die Heilige Skrif in sy geheel en in al sy dele die Woord van God is, en dat dit on moontbik is om in die Bybel te skei tussen wat van God en wat van die mens kom, of tussen die inhoud van Gods Woord en die mensbike vorm waarin dit tot ons kom.
2. DIE AARD VAN DIE SKRIFGESAG
2.1 Die Skrif het gesag, omdat dit die Woord van God is. Die verskible rondom die gesag van die heilige Skrif raak nie soseer die vraag of die Skrif gesag het nie, maar die vraag na die aard van die Skrifgesag.
Die histories-kritiese metode van Bybelondersoek soos dit gedurende die afgebope drie eeue ontwikkel het, hanteer die Skrif prinsipieel op dieselfde wyse as elke ander historiese dokument, en dit plaas die belydenis aangaande die onfeilbaarheid van die Skrif onder sware druk. Dit alles het die teologie gedwing om die vraag na die aard van die Skrifgesag bale indringender onder die oë te sien.
2.2 Kennishorison
Ook diegene wat in geen enkele opsig wil afdoen aan die absolute gesag van die Heilige Skrif as die Woord van God nie, het dit noodsaaklik gevind om na aan leiding van die algemene aanvaarding van die moderne wêreldbeeld en die verbreding van die kennishorison in bepaalde opsigte genuanseerder oor die gesag van die Skrif te praat. Die Bybel is geen handboek vir weten skap of geskiedenis nie en is nie aan ons gegee as ‘n bron van openbaring oor allerlei aangeleenthede wat oor die breë terrein van ons kennis be nie. Dit het ‘n bepaalde religieuse skopus of doel. Dit is aan ons gegee om ons wys te maak tot saligheid, sodat die mens van God volkome kan wees, volmaak toegerus vir elke goeie werk (2 Tim 3:16).
2.3 Skopus van die Skrif
Die aanvaarding dat die Skrif ‘n bepaalde skopus het, beteken nie die ontkenning van die betroubaarheid en waarheid van alles wat in die Heilige Skrif verkondig word nie (vgl art 5 NGB), maar vra van ons om alles wat in die Skrif verkondig word, in verband te bring met die doel waarvoor die Skrif aan ons gegee is. Dit moet ons daarvan weerhou om die Bybelse verkondiging te beoordeel op grond van abstrakte, rasionele en positiwistiese kriteria vir waar en vals wat nie met die eie aard van die Skrif rekening hou nie. Die uitspraak dat die Bybel geen handboek vir wetenskap of geskiedenis is nie, beteken nie dat die Bybel vir die wetenskap geen betekenis het nie, of dat die Bybel histories onbetrou baar is nie. Die hele boodskap van die Bybel staan en val juis by die betroubaarheid van die geskiedenis van Gods heilsdade wat daarin verkondig word. Maar die Bybel hanteer hierdie geskiedenis nie op ‘n modern-Westerse manier nie, streef nie na wetenskapliek presisie en volledigheid nie en mag daarom nie onderwerp word aan eise wat nie rekening hou met die historiese en kulturele bepaabdheid van die Bybelse verkondiging en die uitgesproke doe) waarmee hierdie verkondiging aan ons gegee is nie.
2.4 Betroubaarheid
Wanneer dit eenmaal aanvaar is dat die Heilige Skrif ‘n bepaalde skopus het, spreek dit vanself dat alles wat aangaande die Heibige Skrif bely word, in verband met die skopus van die Skrif gebring moet word. So is dit byvoorbeeld duidebik dat alles wat ons van die eien skappe (gesag en betroubaarheid, genoegsaamheid, duidelikheid, noodsaaklikheid) van die Heibige Skrif be by, verstaan moet word in verband met die skopus van die Skrif. Dit beteken nie dat die gesag van die Skrif beperk word deur sy skopus nie, maar dat die gesag van die Skrif nie bosgemaak mag word van sy skopus nie. Die Skrif is onfeilbaar, omdat dit in elke opsig beantwoord aan die bedoeling van God daarmee.
2.5 Waarheidsbegrip
Wanneer daar nie rekening gehou word met die skopus van die Skrif nie, is die gevaar groot dat daar in die omgang met die Skrif uitgegaan sal word van ‘n objektiwistiese of positiwistiese waarheidsbegrip wat vreemd is aan die aard en doe) van die Skrif. Dit is die geval in die Skrifkritiek wat sedert die agtiende eeu opgekom het en op allerlei wyses die Skrif geweld aangedoen het.
Ongelukkig gaan ook diegene wat ‘n direk teenoorgestelde standpunt inneem en die Bybel teen sulke kritiek wil verdedig, dikwels van dieselfde positiwistiese waarheidsbegrip uit. Die resultaat hier van is meestal dat mense dit moeilik vind om die menslike karakter van die Bybel te aanvaar, en dit gee aanleiding tot ‘n fundamentalistiese of ‘n biblisistiese houding teenoor en hantering van die Bybel, wat nie reg kan laat geskied aan die eie-aard van die Bybel soos dit aan ons gegee is nie. Dit blyk veral uit die wyse waarop die Skrif uitgelê en gebruik word.
2.6 Interpretasie
Dit is noodsaaklik om by die interpretasie en gebruik van die Skrif rekening te hou met sy skopus of bedoe ling. Ons gb dat die reformatoriese stelreël blywende geldigheid het, naamlik dat die Skrif sy eie uitbegger is. Aan hierdie stelreël word geweld gedoen as daar, soos in die biblisistiese omgang met die Skrif, nie voldoende rekening gehou word met die historiese gesitueerdheid van die Skrifwoorde, met hulle heilshistoriese ver band, met die ryke verskeidenheid van betekenisse waarin taaltekens gebruik kan word, of met die aard van die Iiteratuurgenres waarmee ons te make het nie. Alles in die Skrif word dan eenvoudig genivelleer en Skrifwoorde word op ‘n soms willekeurige en selektie we wyse, direk en sonder vertolking, op die mens van die hede van toepassing gemaak. Maar aan hierdie stebredl word ook geweld gedoen deur diegene wat met ‘n vooropgesette wysgerige hermeneutiek die Skrif aan die verstaansmoontlikhede van die moderne mens wil onderwerp. Dikwels is die vertrekpunt van die wysgerige hermeneutiek positiwisties en ignoreer dit die gesag wat die Skrif ook oor ons voorveronderstellings het. Daarom is dit noodsaaklik om daarvan uit te gaan dat die aard van die Skrifgesag deur die Skrif self bepaal word en ten diepste deur die Driednige God self.
2.7 Gevare
Die hantering van die skopus-begrip in verband met Skrif en sy gesag hou bepaalde gevare in waarvan ons terdeë bewus moet wees. Dit is moontlik dat dit die in vabspoort kan vorm vir ‘n dualistiese inspirasie opvatting wat begin werk met ‘n onderskeiding binne die Skrif tussen wat werklik van God afkomstig sou wees en wat maar net die historiese en menslike “ver pakking” sou wees waarin dit tot ons kom. Dit kan ook lei tot pogings om ‘n nuwe wysgerige waarheidsbegrip op die Skrif van toepassing te maak, soos byvoorbeeld die begrip “refasionele waarheid” waarin die menslike geloofsverhouding tot God mede-konstitutief word vir die waarheid van die Skrif. Hoewel dit waar is dat die waarheid van die Skrif altyd slegs binne ‘n geboofsverhouding tot God mede-konstitutief word vir die waarheid van die Skrif. Hoewel dit waar is dat geloof en openbaring neerkom op ‘n bipolariteit waarin die menslike geboofspool mede-bepalend word vir wat die waarheid van Gods openbaring (as die ander pool) sou wees nie. In so ‘n voorstelling word die geloof nie meer as suiwer reseptief verstaan nie, maar verkry dit ‘n kreatiewe en konstitutiewe en dikwels ook kritiese funksie ten opsigte van die openbaring. Elke vorm van versubjektivering van die waarheid van die Skrif moet van die hand gewys word, omdat dit die “objektiewe” karakter van die Skrifopenbaring as verbondsmatige werklikheid misken en geboof en openbaring komple mentér op mekaar betrek, waarby die geboof in feite oor die openbaring gaan heers in plaas van om daar voor te buig.
Die Bybel het dus in homself gesag, of dit erken word of nie, maar hierdie gesag kom eers in werking, raak eers effektief, wanneer die mens deur die werking van die Heilige Gees voor die gesag gesteb word. Die gesag van die Bybel funksioneer derhalwe binne die verhou ding (relasie) waarin die mens tot God staan.
3. DIE SAMESTELLING VAN DIE SKRIF
Die Heilige Skrif soos ons dit ken, is saamgestel uit ‘n groot verskeidenheid van geskrifte wat oor die eeue heen in ‘n gekompbiseerde historiese proses tot stand gekom het en versamel is. Ons besit nie meer die oor spronkbike manuskripte nie en die groot aantab verskille in teksbesing noop ons tot ‘n kritiese en wetenskaplike omgang met die skrifteks ten einde tot die suiwerste moontlike tekslesing te kom. Die wetenskaplike tekskritiek is ‘n erkende en aanvaarbare teobogiese dissipline.
3.1 Tekskritiek, teksvasstelling en Skrifkritiek
Omdat ons beby dat die teks in die oorspronklike tale die wèergawe van die Skrif in sy suiwerste vorm is, moet daar steeds getrag word om dit so goed as moontlik vas te stel. In soverre tekskritiek hierdie taak vervul, dra dit dus by tot hierdie ideaal. Hiervoor moet able moontlike teksgetuies versamel en geëvalueer word.
Die benaming “kritiek” word in die teobogiese vakter minobogie op twee maniere gebruik: Eerstens in die sin van ‘n streng wetenskaplike analise wat nie vanuit ‘n negatiewe en Skrifvreemde vertrekpunt bepaal word nie; tweedens in die sin van ‘n wetenskaplike analise wat web vanuit ‘n sodanige vertrekpunt bepaal word. Die benaming “tekskritiek” word by ons in die eerste sin gebruik, “Skrifkritiek” in die tweede.
Ons beskou tekskritiek in die sin van die vasstelling van die betroubaarste lesing van ons Bybelteks deur middel van die kritiese aanwending van al die middele wat die moderne wetenskap tot ons beskikking steb, in die besonder van die inwendige en die uitwendige kriteria wat vir hierdie doel ontwikkel is, as ‘n sine qua non vir die verstaan en voortgaande bestudering van God se openbaring. Hierteenoor word Skrifkritiek as bedry wigheid wat vanuit ‘n rasionalistiese of ‘n ander Skrif vreemde vertrekpunt die Skrifgesag aftakel, ten sterkste afgewys.
Hierdie Skrifkritiek moet dus heel duidelik van tekskritiek onderskei word. Dit moet ook onderskei word van wetenskapbike metodes soos biterêre-, bronne-, vorm-, redaksie-, en tradisie-anabise wat nie per se ‘n negatiewe voorveronderstebling bevat nie en heel vrugbaar gebruik kan word vir ‘n beter verstaan van die Heilige Skrif.
‘n Aprioriese aanvaarding van die gesag van die Skrif beteken nie dat ons die od sbuit vir die probleme en eienaardighede van die Skrif soos dit voor ons be nie. Daar bestaan geen rede om die problematiese fenome ne van die Skrif te ontken of die kompbekse prosesse wat aan die totstandkoming van die huidige Skrifteks voorafgegaan het, te ignoreer nie. Verantwoordelike Skrifstudie moet eenvoudig rekening hou met die elemente van stilering, komposisie en ander faktore wat by die totstandkoming van die Bybel met sy veelheid van literêre genres ‘n rol gespeel het.
3.2 Verhouding Ou Testament : Nuwe Testament
Wat die verhouding tussen Cu en Nuwe Testament betref, is ons van oortuiging dat hierdie twee dele van die kánon onder Gods beskikking saamgevoeg is en as die twee komplementerende dele van een geheel ver staan moet word. in die terme “Ou” en “Nuwe Tes tament” het die kerk van die begin af die belydenis uitgedruk van die verbondenheid en die verskille tus sen hierdie twee dele van die Woord van God. Sowel met die verbondenheid as met die verskille tussen die Cu Testament en die Nuwe Testament moet in die omgang met die Skrif rekening gehou word. Nie een van hierdie twee testamente kan sonder die ander gelees en volkome korrek verstaan word nie, maar ter selfdertyd is dit waar dat elkeen in sy eie reg gehoor en verstaan moet word. Die Ou Testament is in die Nuwe vervul en die Nuwe Testament is in die Oue verborge. Die Nuwe Testament gaan ons daarin voor om Christus op ‘n bepaalde wyse reeds in die Ou Testament te vind en die Ou Testament wys bokant homself uit na ‘n ryker vervulling wat God in die toekoms sou bewerkstellig. Cns erken ten voile die wetenskaplike legitimiteit van ‘n bestudering van die Ou Testament in sy historiese konteks en voorlopig nog afgesien van sy verhouding tot die Nuwe Testament, mits daaraan vasgehou word dat dit vir die Christelike teoloog nie moontlik is om daarmee te volstaan nie. Christelik gesproke kom die bestudering van die Ou Testament eers tot sy reg as dit in die samehang met die Nuwe gelees word, net soos die unieke boodskap van die Nuwe Testament eers ten voile verstaan kan word in samehang met die Oue.
Ten opsigte van Nuwe-Testamentiese aanhalings uit die Ou Testament is dit duidelik dat die Nuwe-Testamentiese skrywers van die gangbare uitlegmetodes van hulle eie tyd gebruik gemaak het. Sommige van hierdie metodes, soos byvoorbeeld die allegorese, word vandag op grond van moderne hermeneutiese insigte anders beoordeel waarmee egter nie sonder meer die saaklike legitimiteit van ‘n bepaalde sitaat afgewys word nie, omdat dit onder inspirasie van die Heilige Gees geskied het.
3.3 Die kánon
Die proses van kanonvorming het nie plaasgevind nadat die Skrif voltooi is nie, maar het die totstandkoming daarvan vergesel. Dit het alleen later sy finale beslag gekry. Daaronder verstaan ons dat ‘n sekere getal Bybelboeke onder leiding van die Heilige Gees aanvaar is as die gesaghebbende en normatiewe Woord van God. Die boeke is nie deur ‘n sinode of kerklike instansie as kánon verklaar nie, maar as kánon erken. Dat daar in hierdie proses verskillende faktore meegewerk het, word aanvaar, maar uiteindelik gaan dit gepaard met die belydenis dat die Heilige Gees deur alies heen gelei het sodat op ‘n bepaalde tydstip die omvang van die kdnon finaal aanvaar kon word. Daarmee bely ons ook dat by die kánon, soos vervat in ons belydenisskrifte, niks meer bygevoeg kan en hoef te word nie. Dit is immers die instrument wat die Heilige Gees daargestel het en wat Hy tans gebruik om die kerk in die voile waarheid te lei.
3.4 Noodsaaklikheid van die Skrif
Die uiteindelike skriftelike vaslegging is die wyse waarop die besondere openbaring ‘n blywende vorm gekry het. Volgens God se beskikking was dit die manier waarop sy Woord vir ons onvervals bewaar kon bly, en so ook die blywende besit van die mensdom kon word. Die Woord het in ‘n gebroke en sondige werklikheid en tussen sondige en onvolmaakte mense ‘n plek gevind. So het die openbaring van God die besit van die nageslag gebly.
Wat die gebruik van die Skrif betref, aanvaar ons dat die Skrif aan ons bepaalde norme bied wat van toepas sing is op ons totale lewe en dat dit daarom moontlik is om al ons beslissings in die hg van die Skrif te neem.
4. SKRIF EN BELYDENIS
Ons glo dat die Heilige Skrif die enigste norm is vir die belydenis van die kerk. Die belydenisskrifte van die kerk is as norma normata ondergeskik aan die Skrif as norma normans. Die belydenisskrifte dra daarom ‘n kerklike gesag in onderskeiding van die Heilige Skrif wat tot ons kom met Goddelike gesag. Die vryheid van eksegese is ‘n kosbare kleinnood van die Reformasie en mag nie in die gedrang gebring word nie.
In beginsel bly alle belydenisskrifte van die kerk daarom oop vir hersiening in die hg van die Skrif. Dit beteken egter nie dat die belydenisskrifte daarom geen bindende gesag vir die lidmate van die kerk het nie. Die belydenisskrifte van die kerk verteenwoordig hermeneutiese beslissings vir die verstaan van die Skrif wat deur die kerk by die groot kruispunte in sy geskiedenis geneem is. Hulle ontleen hulle gesag aan die gesag van die Skrif waarvoor huhle erkenning wil verskaf. Miskenning van die belydenisskrifte beteken daarom nie net ‘n miskenning van die gesag van die kerk nie, maar dikwels ook ‘n miskenning van die gesag van die Skrif.
Dit is die reg en pug van die kerk om rekenskap te vra van enige lidmaat van die kerk wat in sy uitleg van die Skrif in stryd met die belydenis van die kerk kom, juis omdat dit vir die kerk ems is met die Skrif en met die skriftuurlikheid van sy belydenis. Indien dit wel sou gebeur dat iemand op grond van Skrifondersoek tot ‘n nuwe visie op die boodskap van die Skrif kom, sal hy hom langs die ordelike weg van ‘n gravamen tot die Sinode moet wend vir ‘n beshissing. Volharding in ‘n standpunt wat teenoor die belydenis staan, moet egter uitloop op leertug.