Kyk ook:
- NG Kerk algemene sinodes
- 2004 NGK besluit oor skrifgebruik en skrifgesag
- Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite
- Op watter tak? Iets oor die standpunte rondom Skrifbeskouing by die NG Kerk gedurende die afgelope 50 jaar (Dolf Britz)
- Die Trojaanse Perd in die NG Kerk (7 skrywers)
- Die inspirasie en ontstaan van die Bybel (Jan Louw)
- Perspektiewe oor Teologiese veranderings binne die NG Kerk oor die afgelope ongeveer vyftig jaar (Hanan Viljoen)
Hier volg die NG Kerk se Algemene Sinode se besluit oor skrifgesag. Hierdie is waarskynlik een van ’n paar dinge wat die weg gebaan het vir die afvallige pad wat die NGK gestap het. ’n Paar dinge is in geel gemerk. Let op die gebruik van die volgende woorde:
- “menslike karakter van die Skrif”
- “gewone mensewoorde”
- “die Bybel as menslike boek”
- “menslike “foute” in die Bybel”
- “wetenskaplike “swakheid”
- “geen aanspraak op historiese eksaktheid nie”
Hierdie woorde word gebruik om die gesag van die Bybel afbreek.
Hierdie besluit is onder andere gebruik om Jurie le Roux se onskuld te bewys in die klag van Ferdie Mulder teen Jurie le Roux (kyk Ring van Pretoria-Oos bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen prof Jurie Le Roux).
Kyk ook ‘n Beoordeling oor die 2002 NGK besluit oor skrifgesag.
(Gekopieër van http://www.ngkerkwynberg.co.za/skrifgesag.htm)
************
Die Algemene Sinode (13-19 Oktober 2002) van die NG Kerk het soos volg oor Skrifgesag besluit:
5.12 GESAG VAN DIE SKRIF
5.12.1 Die Algemene Sinode aanvaar die verslag as riglyn vir ons beskouing oor die gesag van die Skrif en vir ons lees en verstaan van die Skrif.
5.12.2 Die Algemene Sinode versoek teologiese dosente van die NG Kerk aan die teologiese fakulteite, Sinodale Kommissies vir Leer en Aktuele Sake, kerkrade, gemeentes en predikantekringe om die verslag onder andere in die lig van Artikel 5-7 van die NGB indringend te bespreek en skriftelike kommentaar aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake te lewer voor 31 Desember 2003. In die kommentaar moet ook kwessies en terme wat verdere besinning verg, aangedui word.
5.12.3 Die Algemene Sinode gee opdrag aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake om in die lig van die kommentaar wat ontvang word, ’n verdere verslag uit te bring oor die gesag en die verstaan van die Skrif.
5.12.4 Die Algemene Sinode verklaar dat die gesag van die Bybel as God se Woord, nie ’n dwingelandy is wat ons geestelik verslaaf nie, maar dat God se waarheid ons vrymaak (Joh 8:32). Daarom verg die aanvaarding van die gesag van die Woord nie die opoffering van ons denke wat immers ’n gawe van God is nie, maar wel die kruisiging van ons afvallige, afgodiese denke wat geen grense wil erken nie.
5.12.5. Die Algemene Sinode verklaar dat die menslike aard van die Skrif geen bedreiging vorm vir die goddelike karakter daarvan nie, maar dat laasgenoemde juis tot uitdrukking kom in eersgenoemde. Juis in die menslikheid van die Skrif kom die neerbuigende en genadige neerdaling van God, wat kulmineer in die kruis van sy Seun, na vore (Hebr 1:1). Daarom is die Skrif ook nie aan ons gegee as ’n onfeilbare bron van eksakte natuurwetenskaplike en historiese informasie nie, maar om ons die kennis by te bring “wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus” (2 Tim 3:15).
5.12.6 Die Algemene Sinode verklaar dat dit uit die Bybelself duidelik is dat die inspirasie van die Skrif nie op ’n eenvormige wyse plaasgevind het nie. Daarom is die aard van die gesag van die Skrif ook nie oral dieselfde nie. Ons kan onderskei tussen die hart van die boodskap van die Skrif en sake wat meer op die rand lê, hoewel die rand en hart nie van mekaar losgemaak kan word nie, maar juis in hulle samehang as Woord van God funksioneer. Die geheimenis van die Goddelike inspirasie van swakke menslike instrumente, kan ons nie deurgrond nie, maar omgekeerd deurgrond hierdie inspirasie vir ons en die totale werklikheid waarvan ons deel is, en lê sodoende gesagvol beslag op ons hele lewe.
5.12.7 Die Algemene Sinode verklaar dat die gesag van die Skrif nie gesetel is in geïsoleerde Skrifgedeeltes op sigself nie, maar dat die gesag van elke onderdeel van die Skrif funksioneer binne die geheel van die Skrif en die gesag van die geheel tot uitdrukking kom in die onderdele. Die eenheid van die Skrif is geleë in die eenheid van God (Deut 6:4) wat as die Drie-enige tot ons neerdaal in die Bybelse geskiedenis.
5.12.8 Die Algemene Sinode bely dat ons met God in aanraking kom deur middel van die geskiedenis wat Hy met die mense gemaak het soos deur die Skrif vertolk. Hierdie geskiedenis bereik ’n klimaks in die koms van Jesus Christus sy Seun, wat in die volheid van die tyd deur die Vader gestuur is as Verlosser van die wêreld. Ook die vertolking op velerlei wyses deur woord en daad, maak deel uit van hierdie geskiedenis. Deur die Gees as die eintlike Tolk en (daarom) Trooster, word ons ten spyte van ons onvolkomenheid en sondigheid, toegerus om nou reeds deur woord en daad binne hierdie gebroke werklikheid, iets te laat blyk van God se genadige neerdaling tot sy skepping.
5.12.9 Die Algemene Sinode verklaar dat hoewel God sy Gees aan die kerk gegee het om ons in die volle waarheid te lei (Joh 16:13), die gesag van die Skrif nie primêr berus op die bloot formele feit dat die kerk dit as kanon aanvaar het nie. In die Skrif self word reeds duidelik dat die kerk as gevolg van ons sondigheid nog steeds blootgestel is aan dwaling. Daarom is die gesag van die Skrif in die eerste instansie geleë in die inhoud van die Gees se boodskap naamlik God se genade in Christus (Joh 16:14). Hierdie boodskap het die kerk in die kanon gehoor as die kritiese maatstaf vir die verkondiging waardeur ook tussen die geeste onderskei word.
5.12.10 Die Algemene Sinode verklaar dat die vonnis en vryspraak wat God in die vleesgeworde Woord oor ons uitgespreek het op Goeie Vrydag en Paassondag (Rom 4:25), met gesag deur die Gees by die lees en verkondiging van die Woord oor ons uitgespreek word. In sy Woord gee God ons “sy Woord” deur al sy beloftes, waarop ons met vrymoedigheid ons durf verlaat vir tyd en ewigheid, aan ons toe te sê. Hierdie gesag is dinamies want die Woord is skeppingsmagtig. Dit bring ons in ’n nuwe verhouding met God en lei ons tot lewensverandering.
**********************
Bogenoemde besluite is op grond van die volgende verslag van die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele sake geneem:
**********************
5. GESAG VAN DIE SKRIF
5.1 OPDRAG
Die Algemene Sinode dra dit aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake op om opnuut ’n duidelike standpunt oor die gesag van die Bybel as die Woord van God te formuleer.
5.2 AGTERGROND
5.2.1 Tydens die sitting van die Algemene Sinode van 1986 is die verslag Skrifgesag en Skrifgebruik sonder teenstem aanvaar. Sedertdien het die debat oor die Bybel egter eerder toegeneem as afgeneem. Met name die menslike karakter van die Skrif as Woord van God, skep heelwat probleme. Sommige vrees dat hierdie aksent die gesag van die Bybel as Woord van God mag ondermyn.
5.2.2 Die huidige verslag is nie bedoel as ’n vervanging van Skrifgesag en Skrifgebruik nie, maar as aan vulling en verdere verduideliking daarvan. In die lig van die omvang van die problematiek en die totaal onoor sigtelike hoeveelheid ter sake literatuur, is die pretensie hoegenaamd nie om ’n omvattende behandeling van die problematiek te bied nie. Dit is wel ’n poging om groter klaarheid te bring en sodoende ’n sinvoller gesprek moontlik te maak.
5.3 GESAG VOLGENS DIE BYBEL
5.3.1 Daar bestaan ’n wesentlike gevaar dat wanneer ons praat oor die gesag van die Bybel, ons mag werk met ’n gesagsbeskouing wat in stryd is met die siening van gesag volgens die Bybel. Die gesag van die Bybel kom ook daarin tot uitdrukking dat dit uiters krities staan teenoor wat dikwels vir gesag in die samelewing deur gaan.
5.3.2 Nie slegs uit enkele losstaande tekste nie (bv Rom 13:1,2,4), maar uit die Skrif as geheel is dit duidelik dat in die finale instansie alleen God oor gesag beskik. Alle persone en instellings wat ook op gesag aanspraak mag maak, besit dit alleen in ’n afgeleide sin. Dit geld die keiser en die kerk, die pous en die predikant, die apostels en die profete, die sakramente en ook die Skrif. Goddelike verering van enigiets en enigiemand behalwe God self, word verbied deur die heel eerste gebod. Daarom het die Reformasie af wys end gestaan teenoor goddelike verering van die ver selfstandigde menslike “natuur” van Jesus (Jesulatrie) soos dit by voorbeeld na vore kom in die aanbidding van sy “heilige hart”. Ook teenoor die verering van godsdienstige relikwieë word ’n kritiese standpunt ingeneem, terwyl geensins gunstiger geoordeel word oor goddelike verering van die Bybel as boek (Biblio latrie) nie. Soli Deo Gloria (aan God alleen die eer) is die mees sensitiewe senuwee van die gereformeerde geloof.
5.3.3 Daarmee word nie ontken dat daar inderdaad ook afgeleide gesag bestaan nie. In die uitoefening van sy gesag maak die Drie-enige God gebruik van mense en middele. Die apostels en profete is sulke mense; Skrif en sakramente is sulke middele. Net so min as wat die brood en die wyn verander in Christus se liggaam en bloed, net so min hou die Skrif op om gewone mensewoorde te wees ten spyte van die feit dat deur hierdie mensewoorde, die Woord van God tot ons kom. Die beskuldiging van die Spiritualiste dat die Reformasie die Roomse Pous net maar verruil het vir ’n Protestantse Papierpous, dui op ’n wesentlike gevaar, maar berus op ’n volledige misverstand. Juis in die tyd van die Reformasie, kom die leer van die Heilige Gees sterk na vore.
5.3.4 Waar die Gees van die Here is, daar is vryheid (2 Kor 3:17). Gesag volgens die Bybel, en derhalwe ook die gesag van die Bybel, is geensins die dwang van ’n tiran nie, maar die “sagte geweld” van die Gees. Gods Gees oorrompel nie, maar oorreed. Dit verg nie van ons ’n gewelddadige – en daarom oneerlike – opoffering van ons denke as skepping van God nie, maar wel die kruisiging van ons gevalle, afgodiese denke wat geen grense wil erken nie. Die Heilige Gees skakel nie die menslike verstand uit nie, maar in. Die Gees maak ons nugter en leer ons om ons verstand verstandig te gebruik. Die oorsaak van ons ellende is immers nie ons baie (of min) verstand nie, maar ons gebrek aan gesonde verstand. Die Gees van God gebruik die Woord om ons te oorreed om God lief te hê met ons hele hart, siel, én verstand. Hierdie liefde sluit ons totale wese, ook ons intuïsie, emosie en verbeelding, in. Die onweerstaanbaarheid van God se genade is nie die onpersoonlike onweerstaanbaarheid van byvoor beeld die wet op swaartekrag nie, maar die persoonlike onweerstaanbaarheid van ’n geliefde. Hierdie liefde maak ons nie blind nie, maar heldersiende. Deur die boodskap van die Bybel lê die Gees beslag op ons en maak ons sodoende vry.
5.4 WOORD VAN GOD IN MENSEWOORDE
5.4.1 In die Bybel as menslike boek, kom die boodskap van God tot ons in die gestalte van mensewoorde. Weliswaar deur die Heilige Gees gedrywe, was dit tog mense wat gespreek het (2 Pet 1:21). Vanuit ’n spesifieke perspektief kan AA Van Ruler die gawe van die Gees ’n selfs groter wonder noem as die Vlees wording van die Woord. Terwyl die Woord in Christus sonde lose vlees word, kom woon die Gees in ons sondige vlees. Dit geld ook die Bybelskrywers. Geïn spireer deur die Gees het hulle nie opgehou om mense te wees nie; hulle het selfs nie opgehou om sondige mense te wees nie. Hierdie menslike karakter van die Skrif is ’n waarheid wat ons nie tandeknersend moet toegee nie, maar waaroor ons ons moet verheug. Die blote bestaan van die Bybel as boodskap van God, is op sigself reeds ’n heenwysing na die inhoud van die Blye Boodskap: dat God in sy grondelose genade neerdaal na swakke sondige mense, soveel so dat Hy in Christus volkome een met ons geword het deur een van ons te word. Selfs oor die menslike “foute” in die Bybel, moet ons voel soos oor die littekens in Jesus se hande en voete. Alreeds die vorm van die Bybel verwys na sy inhoud waarvan die Gekruisigde die kern is (Joh 8:36; 1 Kor 2:2).
5.4.2 Dat die Bybel volgens moderne standaarde nie voldoen aan wetenskaplike eksaktheid nie, is so van selfsprekend dat dit verbasend is dat daaroor nog debat gevoer word. Die mosterdsaad is beslis nie die kleinste van alle saad nie (Mark 4:31), maar is nog steeds so klein dat dit werklik onnodig is om daaroor te struikel. Aan die anderkant is die heelal weer heelwat groter (en anders) as die drie-verdieping skepping (Eks 20:4), wat die gangbare siening van destyds weer spieël. Daaruit blyk dat die Woord van God nie bo die werklikheid sweef nie, maar konkreet word in ’n spesifieke tyd en konteks. Juis in hierdie wetenskaplike “swakheid” is die teologiese krag van die Woord geleë. As dit nie in die Bybelse wêreld konkreet (“vlees”) kon word nie, sou dit ook nie vandag met ons kon praat nie, want oor 50 jaar is die wetenskap nog weer verder gevorder.
5.4.3 Klaarblyklik maak die Bybel ook geen aanspraak op historiese eksaktheid nie. In Handelinge 9:7 hoor Paulus se metgeselle ’n stem, maar sien niks nie; volgens Handelinge 22:9 het hulle die lig gesien, maar niks gehoor nie. Die weergawes van Judas se dood in Matt 27:3-10 en Hand 1:16-19 verskil so drasties dat dit duidelik is dat daar verskillende tradisies oor hierdie gebeure bestaan het. Volgens 1 Sam 17 het Dawid vir Goliat gedood terwyl die daad in 2 Sam 21:19 aan Elganan toegeskryf word. Reeds in 1 Sam 16 word vertel hoedat Dawid vir Saul op die lier speel, maar nadat Dawid vir Goliat verslaan het (1 Sam 17), ken Saul hom van geen kant nie (1 Sam 17: 55- 57). In Matt 27: 9v. word Sag 11: 12v. aangehaal, maar die outeur skryf dit toe aan die profeet Jeremia (vergelyk Jer 32: 6-9). Die voorbeelde kan eindeloos vermeerder word (soos byvoorbeeld die verskillende weergawes van dieselfde gebeure deur die vier evangelies), maar dit is onnodig. Die bewering dat in die oorspronklike manu skripte geen teenstrydighede sou wees nie, help ons nie verder nie, want vir ons is die geloofwaardigheid van die beskikbare Bybel deurslaggewend. En bowen dien kan hierdie historiese “teenstrydighede” dikwels verduidelik word vanuit die boodskap wat die betrokke outeur wil oordra.
5.4.4 Matteus wil byvoorbeeld aantoon dat Jesus as nakomeling van Abraham en “seun van Dawid” (sien die geslagsregister van Matt 1), die Joodse Messias en Representant van die volk van God in die Ou Testa ment is. Hy suggereer dit ook deur die wyse waarop hy sy stof in hoofstukke 2 tot 5 in ooreenstemming met die volgorde in Eksodus, kronologies rangskik. In Matt 2 gaan Jesus, soos Israel in die Ou Testament, skuiling soek in Egipte. Wanneer Hy (saam met sy ouers) terug kom, sien Matteus dit as ’n “vervulling” van die woorde van Hosea 11: 1 ten opsigte van die volk Israel: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep” (Matt 2:15). Soos Israel deur die Rooi See, gaan Jesus in Matt 3 “deur die water” tydens sy doop. Soos vir Israel, lei die Gees van God (Matt 4) Jesus die woestyn binne. Soos Moses by die berg Sinai vir die volk die Wet van God gee, lees ons in Matt 5 van Jesus se Bergpredikasie.
5.4.5 As dit sou gaan om eksakte historiese feitelikheid, kwalifiseer die Bybel klaarblyklik nie as betroubaar nie. Maar uit die Skrif self is dit glashelder dat dit ook nie die bedoeling van die Bybel is nie.
5.5 GEEN EENVORMIGE INSPIRASIE
5.5.1 Die hele Skrif is deur God geïnspireer (2 Tim 3:16), maar dit impliseer hoegenaamd nie dat ons moet veronderstel dat hierdie inspirasie eenvormig is en altyd op presies dieselfde wyse plaasgevind het nie. Hoe die inspirasie verstaan moet word, kan ons nie vooraf besluit en dit dan aan die Bybel opdring nie, maar ons moet die gesag van die Skrif laat geld deur dit self toe te laat om die funksionering van die inspirasie aan ons te verduidelik.
5.5.2 Reeds baie inspirasieteorieë is aangebied, waar van die meganiese en organiese in ons kringe die bekendste is. Sommige sien inspirasie as die intuïsie van ’n godsdienstige genie wat in beginsel nie veel verskil van enige ander vorm van begaafdheid nie. Ander verkies om te praat van illuminasie as ’n inten sifisering van die ervaring wat elke gelowige met God het. Daar is diegene wat inspirasie verstaan as dikte ring deur die Gees waarby die menslike faktor tot ’n minimum beperk word. Volgens die dinamiese siening van inspirasie, speel die Gees ’n deurslaggewende rol sonder om die persoonlike individualiteit van die mens uit te skakel.
5.5.3 Die probleem met al hierdie opvattings is dat hulle daartoe neig om ’n eenvormige siening van inspi rasie voor te staan. Die diepste geheimenis van inspi rasie sal ons nooit deurgrond nie, maar vanuit die Bybel self kry ons die indruk dat dit op veelvormige wyse geskied. Die rol van die menslike bemiddeling is nie altyd dieselfde nie en kan wissel van heel passief tot heel aktief. Van die profete sê Petrus (2 Petr 1: 21): “Geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voort gebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” Wanneer die profete verklaar dat die Woord van die Here tot hulle gekom het (byvoorbeeld Jer 1:2), het die inspi rasie ’n ander vorm aangeneem as by die medikus Lukas wat historiese navorsing doen (Luk 1:1-4) na aanleiding van die baie tradisies wat in omloop was.
5.5.4 Die boek Spreuke leer ons dat dit die Here is wat wysheid gee (Spreuke 2:6), maar maak geen aan spraak op ’n direkte openbaring van God nie. Paulus kan volhou dat hy die evangelie wat hy verkondig (Gal 1: 11v), “nie van ’n mens ontvang of by ’n mens geleer het nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in ’n open baring aan my gegee”. By ’n ander geleentheid egter kan dieselfde Paulus ten opsigte van ’n etiese kwessie erken dat hy in die verband geen bevel van die Here het nie. Dit beteken nie dat sy woord geen gewig dra nie, want hy gee “my eie mening as iemand wat deur die genade van die Here betroubaar is.” (1 Kor 7:25). Hy gee immers sy opinie as iemand wat “ook die Gees van God het.” (1 Kor 7:40). Ook wat hierdie etiese aangeleentheid betref, praat hy as geïnspireerd deur die Gees, maar klaarblyklik lê hierdie inspirasie op ’n ander vlak as die evangelie wat hy verkondig (Gal 1:9): Want “al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref!”, ’n uitspraak wat hy nog herhaal in die volgende vers.
5.6 DIE BYBEL AS OPENBARING
5.6.1 As “Woord van God” is die Bybel die openbaring van God in mensewoorde. Maar in die Bybel tref ons ook mensewoorde aan wat gerig is tot God in gebede, lofprysing, klagte ja selfs aanklagte en verwyte. Soms hoor ons die jubel van lofliedere, dan weer die droef heid van Klaagliedere. Psalm 137 sluit af op ’n wyse wat ’n dominee nooit vir sy gemeente sal aanbeveel nie: Vir Babel word gesê: “Gelukkig is hy wat jou babetjies gryp en teen ’n klip verbrysel.” Calvyn kan hom uiters onvriendelik uitlaat oor Jeremia se krasse woorde waarin hy sy geboortedag, asook die man wat hom nie voor sy geboorte om die lewe gebring het nie, vervloek (Jer 20:14-18). Calvyn bestempel dit as ’n blinde, kranksinnige impuls wat Jeremia hierdie ondankbare en onbedagsame woorde laat uiter. ’n Mens kan ook dink aan die nogal neerslagtige boek Prediker: “Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.” (Pred 1:2).
5.6.2 Nou kan die feit dat selfs verbondskinders sulke woorde kwytraak diegene wat verdruk en depressief voel onder sekere omstandighede tot vertroosting dien. Ook hierdie woorde openbaar God aan ons as iemand wat selfs sulke woorde verduur, verdra en dra op Golgota. Maar woorde van God in die direkte sin van die woord, is dit tog klaarblyklik nie. Dit geld ook die toesprake van Job se vriende wat God verdedig teenoor Job, sonder dat dit God se goedkeuring weg dra. Wanneer ons dus praat van die Bybel as “Woord van God” (enkelvoud) slaan dit klaarblyklik nie op geïsoleerde gedeeltes of opsigselfstaande boeke (meervoud) nie, maar op die Bybel as geheel. In die Bybel kom ons selfs woorde van Satan teë. Wat meer is, die Bose kan die Bybel aanhaal in ’n poging om die Vleesgeworde Woord in versoeking te bring. Sola Scriptura (die Skrif alleen) beteken derhalwe ook tota Scriptura (die hele Skrif) omdat elke onderdeel in die lig van die geheel, en die geheel in die lig van die onderdele verstaan moet word. Die Skrif as geheel, insluitende die woorde van Satan, dien as openbaring van God en is dus God se Woord aan ons. Deur die Bybel as geheel het die Gees beslag gelê op die kerk wat daarin die Woord van God gehoor het. En in die lig van die geheel, kan die Gees deur ’n enkele teks of Skrifgedeelte tot ons spreek.
5.6.3 In die “Woord van God” gaan dit ten diepste om God self. Die kortste samevatting van die Bybel is dan ook die Triniteit. Hoewel Vader, Seun en Gees nie geskei kan word nie, sou ons tog kon sê dat ons in die Ou Testament veral te make het met God as Skepper en Verbondsgod, in die Evangelies met die Seun as Versoener en Verlosser, en in Handelinge en die Briewe met die Heilige Gees as Tolk en Trooster. Maar ons kan enige van die dele slegs verstaan in die lig van die geheel en die geheel slegs in die lig van die dele. Die Woord van God in die Ou Testament word vlees in die Nuwe Testament en telkens aan ons vertolk deur die Gees wat dwarsdeur die Bybel aan die werk is. As die vervulling van die Ou Testament, is ook die Nuwe Testament belofte van die Voleinding wanneer God Drie-enig alles sal wees vir alles (1 Kor 15: 28).
5.7 FEIT EN VERTOLKING
5.7.1 In die Skrif word vir ons geen geïsoleerde kennis van God opsigself, los van mens en skepping gegee nie, maar ons leer God ken uit sy geskiedenis met sy skepping. Uiteindelik sal die aarde “so vol wees van die kennis van die Here, soos die see vol water is” (Jes 11:9). Tot dan ken ons “net gedeeltelik, maar eendag sal ons ten volle ken soos God ons ten volle ken.” (1 Kor 13:12). Tot op daardie dag is ons op die Bybel, as die Gees se menslike bemiddeling van die (vlees geworde ) Woord van God, aangewese. Hierdie kennis is weliswaar nie ten volle nie, maar nie daarom ver keerd nie. Volgens Calvyn is die Skrif ’n akkommodasie van God aan ons bevatlikheid, maar dit beteken nie dat God se wese anders is as sy openbaring nie. Jy sou kon sê dat alreeds uit die feit van akkommodasie aan ons bevatlikheid (swakheid) en sondigheid (dit wil sê sy bereidheid tot vernedering), blyk die aard van sy wese as God van liefde, gemeenskap en genade. ’n Persoon kan jy beter of swakker ken sonder dat jou kennis onwaar is. Juis in die Bybelse geskiedenis leer ons God in sy koms (neerdaling) tot ons ken soos Hy werklik is. Want daar sien ons hoedat Hy saam met sy volk, wat Hy verkies het as verteenwoordiger van die wêreld (Gen 12:3), ’n sak sout opeet wat kulmineer in die Kruis.
5.7.2 Die Triniteit is die kortste samevatting van hierdie geskiedenis van God se neerdaling tot by ons (die Seun) en binne ons (die Gees). Omdat die Bybel hierdie geskiedenis verhaal, is historiese feite vir die Skrif van die allergrootste belang. Weliswaar gaan dit om meer as geskiedenis (byvoorbeeld gebede, spreu ke, gelykenisse, etiese voorskrifte), maar alles in die Skrif draai om hierdie geskiedenis. Aan Omri wat mens lik gesproke een van die belangrikste konings was sodat buite-Bybelse bronne na Israel verwys as “die land van Omri”, word net 6 versies (1 Kon 16:23-28) afgestaan. Dit gaan nie in eerste plek om wat mense gedoen het of wat ons moet doen (bid, preek, glo, hoop, liefhê ens.) nie, maar om wat God vir ons doen. Daarom sal ons die Skrif ook kan bestempel as getuienis “oor die groot dinge wat God gedoen het” (Hand 2:11), as grond vir wat Hy nog gaan doen. God se woorde is dade, en sy dade is beloftewoorde.
5.7.3 Die sentrale openbaringsdaad van God in die Ou Testament was die verkiesing en verlossing van sy volk uit die slawehuis van Egipte tot seën vir die wêreld. Die klimaks van sy verbondsgeskiedenis met sy volk in die Ou Testament, word in die Nuwe Testament beskrywe as sy reddingsdade in die lewe, sterwe en opstanding van sy Seun. Die belangrikheid van die Bybelse geskie denis vir die boodskap van die Bybel, blyk byvoorbeeld uit die ooggetuienis van die apostels: “Ons het Hom self gehoor; ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak…Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle…”(1 Joh 1: 1,3). Die getuienis van die apostels dra die karakter van getuienis in ’n hof. Hulle vertel nie vir ons allerlei vrome ervarings nie, maar harde feite; hard soos die kruis, die spykers, die doringkroon, en die leë graf. Sonder hierdie historiese gebeure, het die Bybel geen boodskap nie.
5.7.4 Maar sonder interpretasie van die historiese gebeure, is die “feite” op sigself stom. Daar is twee saam met Jesus gekruisig, maar sy kruis was die vloek op die ander twee (en ons) sonde. Dit kan jy nie sondermeer sien deur na die drie kruise te kyk nie. Die betekenis daarvan moet aan ons verklaar word. Eintlik neem ons nooit “naakte feite” waar nie, en gee nooit “blote feite” weer nie. Selfs die kleure en klanke wat ons waarneem, is reeds vorme van interpretasie. Sonder objektiewe feite is geen ervaring moontlik nie; sonder subjektiewe interpretasie bly die feite buite ons bereik. Vir die regte interpretasie is ons afhanklik van God se Woord en Gees. Daarom vertel die Bybel nie maar net feite sondermeer nie, maar wel (on)heilsfeite, dit wil sê feit plus interpretasie.
5.7.5 Soms staan verskillende interpretasies van dieselfde feit lynreg teenoor mekaar. In 1 Sam 8 word die instelling van die koningskap in Israel uiters negatief beoordeel naamlik as verwerping van God as Israel se eintlike Koning, terwyl in 2 Sam 7 God Homself vol kome verbind aan die Dawidiese monargie. Wat in die een geval ’n onheilsfeit is, word vanuit ’n ander per spektief as heilsfeit ervaar. Maar is enige van die twee interpretasies noodwendig verkeerd? Is dit nie tipies van God as Koning dat Hy Hom (skynbaar) uit hierdie wêreld laat verdring totdat sy Seun, wat terselfdertyd die “Seun van Dawid” is, Godverlate hang aan die kruis nie? Is dit nie juis kenmerkend van God dat Hy minusse deurkruis tot plusse nie? Is die groot onheilsfeit van die Kruis (-), nie juis vanuit ’n ander perspektief, die eintlike heilsfeit (+) in die geskiedenis nie?
5.7.6 In naakte feite is die Skrif nie geïnteresseerd nie, maar wel in die betekenis van die feite. En dan blyk telkens dat die boodskap van die historiese gebeure ’n blye boodskap (evangelie) is. Die betekenis van die geskiedenis van Israel met sy klimaks in die Gekrui sigde, word deur die Heilige Gees met gebruikmaking van menslike instrumente, aan ons vertolk. In die proses word soms gebruik gemaak van verskillende bronne en tradisies wat tot beskikking was van die finale skrywer, wat in sy weergawe van die bronne, dit opnuut vertolk vir die situasie en konteks van sy tyd. Dus is die Bybel self reeds interpretasie wat in elke tyd opnuut vertolk moet word. Hierdie hele proses staan onder die inspirasie en leiding van die Heilige Gees. Die inspirasie van die Skrif moet dus verstaan word as ’n historiese proses van mondelinge en skriftelike oor drag binne die verbondsgemeenskap deur die eeue, waarby die gemeenskap as geheel, en sommige indi widue in die besonder, ’n rol gespeel het.
5.7.7 Die relasie tussen feit en vertolking, is buiten gewoon boeiend. Die twee kan wel onderskei, maar nooit geskei word nie. Vir die Bybelse skrywers was die onderskeid tussen feit en interpretasie nie naasteby so belangrik as in die moderne tyd nie. Reeds in die wyse waarop hulle die historiese gebeure verhaal (sien vroeër die verwysing na Matteus), is veel meer bewuste interpretasie as wat deesdae aanvaarbaar is. Selfs “fiksie” en “foute” staan in diens van die Waarheid. Ook vandag nog is daar soms verhale oor mense in omloop wat by nadere ondersoek blyk nie feitelik korrek te wees nie, maar opgeneem word in ’n biografie omdat die verhaal die waarheid oor die persoon so skitterend uitbeeld. “Fiksie” kan dus meer waar wees as “blote” feite.
5.7.8 Met ’n bietjie kennis van die Ou Testament kan maklik vasgestel word dat in Matt 1:8 die name van 3 konings van Israel (Ahasia, Joas en Amasia) uitgelaat word. Dit is duidelik dat die skrywer by 3 maal 14 geslagte (42 geslagte) wil uitkom omdat daaraan ’n spesifieke teologiese betekenis geheg word. (Vergelyk die rol van die 42 maande in Openbaring). In 1 Kor 10:4 maak Paulus gebruik van ’n ou Rabbynse verhaal wat nie histories klop met die Ou Testament nie, waar volgens die Rots met die volk saamgetrek het deur hulle woestynreis. Paulus is egter nie geïnteresseerd in historiese feitelikheid op sigself nie, maar is besig om die betekenis van Christus aan ons te vertolk.
5.7.9 Na mate die historiese afstand tussen die feit en die tyd van vertolking groter word, neem die feitelikheid dikwels af, terwyl die vertolking toeneem. Soms word dit bykans onmoontlik om tussen feit en interpretasie te onderskei. Aangesien die Nuwe- Testamentiese getui es van die Christusgebeure (lewe, dood en opstanding) veel nader is aan die historiese feite wat hulle ver tellend aan ons vertolk, is die duidelikheid ten opsigte van die historiese gebeure waarna hulle verwys soveel groter as wat die geval is met sommige van die Ou-Testamentiese outeurs. Aangesien die Bybel nie in die gebeure opsigself los van die betekenis daarvan geïnteresseerd is nie, hoef afstand egter nie noodwendig ’n nadeel te wees nie. Afstand van ’n gebeure laat dikwels insig in die betekenis daarvan toeneem. In die lig van die gebeure in die Nuwe Testament en onder leiding van die Heilige Gees as die groot Vertolker, is dit moontlik om die boodskap van die gebeure in die Ou Testament beter te verstaan in die lig van die Nuwe. Maar sonder die Oue sou dit totaal onmoontlik wees om die Nuwe hoegenaamd te begryp. Van die Ou Testament geld (2 Tim 3:15): “Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.”
5.7.10 Die betekenis van die heilsgebeure word in die Bybel op talle wyses vertolk. Dit gebeur alreeds deur die wyse waarop die gebeure vertel word, maar ook in die etiese voorskrifte wat daaruit voortvloei. Wat God vir ons gedoen het, is die fondament waarop die gelowiges se leefwyse gebou word. Anders gestel: Die geloof in God se dade is primêr, maar wat die gelo wiges doen, is ook ’n wyse waarop wat God gedoen het, geïnterpreteer word. Voorbeelde van ander gelowiges word aan ons voorgehou. Gelykenisse word vertel, briewe word geskryf , toesprake word opgeteken. 2 Tim 3: 16: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek.”
5.8 KERK EN KANON
5.8.1 Die werking van die Gees omvat die interpretasie van die Skrif in die Skrif self, maar ook die vertolking daarvan in die verkondiging tot op die hede. Sommige vorme van inspirasie in die Skrif verskil nie wesentlik van wat vandag nog steeds plaasvind wanneer die Skrif verklaar en verkondig word nie. Maar soos in die Bybelse tye is daar ook vandag ’n veelheid van ver tolkings wat soms verrykend is, maar ander kere in stryd is met die openbaring van God. Van hierdie dwaalleer lees ons telkens in die Skrif. Dit het die totstandkoming van die kanon genoodsaak. Nie alle verhale en alle uitleg klop met die boodskap van die Gees wat die kerk in die kanon gehoor het en nog steeds hoor nie. Wesentlik verskil die totstandkoming van die kanon nie soveel van wat nog steeds gebeur wanneer iemand God se Woord hoor en hom/haar daardeur laat oorreed om God op sy Woord te neem nie.
5.8.2 Die formele gesag van die Bybel as die kanon van die kerk, is ten diepste gefundeer in sy materiële boodskap (inhoud) en nie in die feit dat die kerk dit as sodanig aanvaar het nie. Voortaan sou hierdie kanon as norm dien, vir die interpretasie van die Blye Bood skap in telkens nuwe situasies. Die erkenning van die kanon was ’n daad van deemoed, waaruit blyk dat die Skrif wel binne die verbondsgemeenskap ontstaan het, maar nie in die eerste instansie die produk daarvan was nie, maar die maatstaf waaraan die kerk gemeet word. As kanon staan die Skrif krities teenoor die kerk.
5.8.3 Die waarheid van die Woord is wel ewig, maar nie tydloos nie. Juis omdat dit ewig is, is dit vir elke tydsgewrig aktueel. Wat in een konteks die waarheid is, is in ’n ander ’n leuen. Die versoeker kwoteer vir die Seun van God (die vleesgeworde Woord) telkens die Woord van God (Matt 4), maar dit is keer op keer die verkeerde teks vir die geleentheid. As ewige Woord, kan dit vele vorme en selfs teenstrydige gestaltes in verskillende kontekste aanneem. Paulus wil nie vir Titus besny nie ( Gal 2:3-5), maar is gewillig om dit te doen in die geval van Timoteus (Hand 16:3).
5.8.4 Nie die letter nie, maar die Gees is deurslag ge wend. Weliswaar kom die Gees tot ons deur middel van die letter (woorde) van die Skrif, maar die Gees kan besonder vry omgaan met die letter deur dit nie net te vertaal nie, maar ook te vertolk vir ’n nuwe tyd. Tog bly dit dieselfde Gees. Om dieselfde rede (eerbied vir God) dat Moses by die brandende doringbos sy skoene uittrek, trek ons (voorlopig nog?) Sondae kerktoe ons skoene aan. Boonop is die feit dat ons Sondae kerk toe gaan (en nie Saterdae nie) ’n teken daarvan dat Christus die vervulling (nie vervanging nie) van die Ou Verbond is. Die blote feit dat die 4e gebod in die kanon voorkom, beteken nie dat die kerk dit nog op dieselfde wyse as destyds toepas nie. Die voortgang in die heilsgeskiedenis asook die veranderde konteks, spreek mee. Die gees (beter: Gees) van die adviese wat Paulus aan eienaars gee hoe om teenoor hulle slawe op te tree, bring mee dat in later eeue dit so verstaan word dat slawerny as sodanig liewer afgeskaf moet word.
5.8.5 Soms kan die interpretasie van spesifieke gebeure binne die kanon self krities verskil. Geen krasser teenstelling is moontlik nie, as wanneer 2 Sam 24:1 ’n daad aan God toeskryf waarvoor in 1 Kron 21: 1 die Satan geblameer word. Sou ons hier tot ’n keuse gedwing word tussen die twee interpretasies? Maar waarom sou albei uitsprake in die kanon opgeneem wees? Sou dit moontlik wees dat albei aksente in hulle spesifieke konteks die noodsaaklike was? Word die feit dat Josef in Egipte beland het, nie sowel aan die sonde van sy broers én aan die genade van God toegeskryf nie? Dit word wel versag deur te sê dat sy broers hom “verkoop” het, terwyl God hom “gestuur” het (Gen 45: 4,5), maar binne die tyd val wat God en wat sy broers doen, saam. En wie het Christus laat kruisig? Was dit die Bose of sy Vader? (Luk 22: 53; Matt 26:56; Mark 14:49. Sien ook Matt 26:31 en Mark 14:27). Juis Bybeltekste wat ons die meeste moeite gee, mag die grootste verrassings oplewer.
5.9 VONNIS EN VRYSPRAAK
5.9.1 Een van die heel grootste misverstande ten opsigte van die gesag van die Skrif is dat die Bybel in die eerste instansie ’n boek is wat aan ons foutlose informasie verskaf, wat ons dan moet sluk of stik. Uiteraard gee die Skrif ook allerlei informasie, maar die funksie van woorde in die algemeen, en God se Woord in die besonder, is dat dit nie blote informasie deurgee nie, maar dinge doen. Wanneer ’n man aan ’n meisie sy liefde verklaar, deel hy haar nie interessante informasie mee nie. Wanneer ons sing van God wat ons sy Woord gegee het, dan moet dit so verstaan word dat God aan sy volk (kerk) trou gesweer het. Daarom dat die Reformasie so lief was om na God se Woord as belofte te verwys. Dit is ’n belofte soos wanneer ’n bruidegom sy hart aan sy bruid verpand.
5.9.2 God se Woord, is terselfdertyd ’n daad. Hy oor deel en beoordeel. Sy Woord is soos ’n operasie mes wat kneus om te genees. Hebr 4:12: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart”. Die Griekse woord vir “oordeel” (krinein) beteken om te skei. So skei God se Woord die lig van die duisternis, die skape van die bokke, die lewe van die dood, die ou skepping van die nuwe skepping.
5.9.3 In die boek Jona vind ons ’n merkwaardige voor beeld om te demonstreer dat die Woord nie primêr informatief is nie, maar performatief. Indien dit anders om was, was die Woord van God aan die Nineviete ’n leuen, want Nineve is toe nie binne veertig dae ver woes nie. Klaarblyklik was Jona se verkondiging nie bedoel as blote informasie nie, maar as ’n oproep tot bekering. God se Woord het iets bewerk: dit het Nineve bekeer. God se Woord het sy krag bewys deurdat Nineve nie verwoes is nie. En Jona het dit gevrees. Hy het geweet dat wanneer God sê Hy gaan Nineve verwoes, hy wat Jona is, God nie “op sy woord kan neem” nie! (Jona 4:2). Dat God berou het oor die onheil (Ou Vertaling) was deel van Israel se geloofsbelydenis.
5.9.4 Daarteenoor kan ’n mens wanneer God ’n belofte gee, Hom altyd in geloof op sy Woord neem. In Christus die vleesgeworde Woord, vonnis Hy ons en spreek ons vry. Hierdie performatiewe (vgl “perform”) karakter van Gods Woord, wat terselfdertyd daad is, staan in skepping en geskiedenis (verlossing), op die voor grond. Christus die vleesgeworde Woord, is God se groot verlossingsdaad. In sy Woord gee God ons nie allerlei waardevolle informasie oor sy beloftes nie, maar Hy “gee ons sy Woord!” Geloof is dan ook om God “op sy Woord te neem.” Volgens Calvyn druppel onder die verkondiging van die evangelie saam met die stem van die prediker die heilige bloed van Christus op ons neer en staan die paradys voor ons oop. Die Woord is nie maar net mededelings oor die heil nie, maar mededeling van die heil. Omdat God in Christus self ons vonnis gedra het en ons dus saam met Christus gekruisig is, word ons ook in Christus se opstanding vrygespreek (Rom 4:25). In die verkondiging van die Woord, word hierdie vryspraak deur die Heilige Gees aan ons gesagvol toegesê. Wie God op sy Woord neem, is erfgenaam van God en mede-erfgenaam van Christus. 2 Kor 1: 20v: “Hy (Christus, die vleesgeworde Woord) is die “JA” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “AMEN” sê.” 1 Joh 5: 10-12: “Wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie. En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en die lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.” Ongeloof is om God nie op sy Woord te neem nie en Hom sodoende tot leuenaar te maak.
5.9.5 Dit is derhalwe duidelik dat die sola Scriptura (die Skrif alleen), sola gratia (God se genade alleen) en sola fide (deur die geloof alleeen) onlosmaaklik verbonde is. Hierdie sogenaamde solismes verduidelik mekaar oor en weer. Wie die een laat vaar, is ook die ander twee kwyt. Wie egter “buig” onder die gesag van Gods Woord wat ons vonnis en vryspreek, sterf daagliks saam met Christus en staan daagliks saam met Hom op tot ’n nuwe lewe. In die woorde van Luther: “So beluister ook u in die prediking steeds weer die barmhartigheid van God en mag u nie sê: “Ek is verlore” nie, net so min as wat u mag sê: “Ek is goed.” Sê liewer: “Ek weet dat ek voor U ’n sondaar is; dit is my oordeel oor myself. Maar dit is dan ook die enigste oordeel; ’n ander oordeel is daar nie. Want wie in My glo, sal nie veroordeel word nie”.” Daarom sing ons in die kerk: “Wat sou ons dan ooit laat bewe? In dié Woord het ons die lewe!” (Lied 255).
5.10 TEKS EN INTERPRETASIE
In die verslag Skrifgesag en Skrifgebruik wat deur die Algemene Sinode van 1986 aanvaar is, word in punt 2.6 enkele opmerkinge gemaak oor die interpretasie van die Skrif. Hoewel in die huidige verslag die aksent val op die gesag van die Skrif, is dit ook onlosmaaklik verbonde met die vraag na die gebruik daarvan. In aansluiting by 1986, gee ons enkele riglyne.
5.10.1 Vir die verstaan van die Skrif is die bedoeling van die Skrif van deurslaggewende betekenis. Klaar blyklik is dit nie geleë in wetenskaplik korrekte informasie nie, maar in die heilskarakter daarvan. Volgens die Reformatore is die Woord die eintlike heilsmiddel waaraan die sakramente as “sigbare woorde” hulle heilsbetekenis ontleen.
5.10.2 As “boek van die kerk” kan die Bybel ook alleen verstaan word binne die konteks van die geloofs ge meenskap. Hoewel die gewone lidmaat geen outoriteit is nie, het God sy Gees nie net aan teoloë gegee nie, maar aan sy kerk. Laasgenoemde is in staat om te oordeel of dit die Gees van die Gekruisigde en Opgestane Here is wat hulle hoor in die uitleg van die deskundiges. Daarom is dit alleen moontlik om in gemeenskap met die broers en susters van vandag, en die vaders en moeders van gister en eergister, werklik die stem van die Goeie Herder te hoor. ’n Lewe van afhanklikheid, gebed en bereidheid om te luister, is derhalwe onontbeerlik vir die bestudering van die Bybel. Dit geld sowel die “leek” as die geleerde. Wanneer kerk en teologie van mekaar vervreem, is die gevolge vir beide rampspoedig.
5.10.3 “By die noukeurige bestudering/lees van die Bybel moet rekening gehou word met verskillende aspekte van die teks en sy agtergrond wat in hierdie verband ’n rol moet speel. Alle lesers van die Bybel se lees van die teks word beïnvloed deur bewuste of onbewuste aannames. Dit geld die gelowige Bybel leser, maar ook die sogenaamde objektiewe weten skaplike/taalkundige/historikus/teoloog. Die Bybel as “boek van die kerk” kan alleen werklik verantwoordelik hanteer word wanneer die leser bereid is om ook erns te maak met die selfaanspraak van die Bybel dat ons hierin die boodskap van God se genade in Christus hoor. Juis wanneer ons só na die Bybel luister, moet ook erns gemaak word met die volgende dimensies van die Skrif.
5.10.4 Die feit dat die bedoeling nie geleë is in historiese eksaktheid nie, impliseer hoegenaamd nie dat die geskiedenis daarom ombelangrik is vir die ver staan van die Skrif nie. Die hart van die heilsboodskap bestaan juis daarin dat die Woord inderdaad “vlees”, dit wil sê deel van ons verskriklike geskiedenis geword het. Historiese navorsing is derhalwe van groot belang vir ’n goeie verstaan van die Skrif, “mits altyd in beskeidenheid erken word dat ons met ons keuse van gegewens, metodes en modelle ’n poging aanwend om die betekenis van die teks en sy agtergrond te bena der”.
5.10.5 Wanneer erns gemaak word met die teks van die Skrif impliseer dit dat ook erns gemaak word met die historiese konteks daarvan. Aangesien dit geskryf is vanuit ’n spesifieke konteks vir ’n bepaalde konteks, kan die teks alleen goed begryp word binne sy konkrete konteks. Om dit te ontken sal daarop neerkom dat jy ook moet beweer dat kennis van die grondtale onnodig is vir die kerk om die Skrif te verstaan. Natuurlik beteken dit nie dat elke gelowige ’n outoriteit moet wees nie, maar dit sal rampspoedig wees wanneer hierdie kennis nie meer vir die kerk as geheel beskikbaar is nie.
5.10.6 Die voorafgaande beteken ook nie dat die teks uitgelewer en opgesluit is binne die konteks van destyds nie. Met gebruikmaking van idees en begrippe ontleen aan die kultuur van die tyd, gaan die teks ook skerp krities in teen sy tyd. Mense uit verskillende tye en kulture is boonop nie totale vreemdeling vir mekaar nie, want ons herken oor alle tydperke en kulture heen mekaar as medemense. Daarom word ons nog steeds geboei deur Homerus en die Griekse mitologie. Die eendersheid van mense is veel meer opvallend as hulle andersheid. As mense deel ons in dieselfde sonde en skuld, nood en dood. Daarop bied die Blye Boodskap die diagnose en die oplossing en bly daarom aktueel vir elke tyd. Om die Skrif verstaanbaar te vertolk vir ons tyd, moet ons daarom ook kinders wees van ons eie tyd om sodoende die gestaltes van die nood van die wêreld waarin ons leef, in kontak te bring met die Bybelse hoop en bevryding. Dit impliseer nie ’n onkritiese aansluiting by die pre-of (post)moderne tydsgees nie, maar ook ’n konfrontasie en ingaan teen elke kultuurperiode. Elke tydsgewrig moet onder die kritiek van die Kruis deurgaan om te kan deel in die komende Koninkryk.
5.10.7 Van die uiterste belang is dat nie net rekening gehou word met die verskil in konteks tussen destyds en deesdae nie, maar dat in gedagte gehou word die verskillende gestaltes wat die openbaring aanneem binne die verskillende heilshistoriese kontekste in die Skrif self. Daar is by voorbeeld die verskil tussen Ou Testament en Nuwe Testament. Dit is dieselfde God wat Hom openbaar in beide Testamente, maar die gestaltes wat die openbaring aanneem, verskil. In beide lees ons van die worsteling tussen God en mens, maar juis daarom beskryf die Bybel nie vir ons ’n statiese stand van sake nie, maar vertel vir ons ’n dinamiese konkrete geskiedenis. In die Nuwe Testament bereik die konflik ’n klimaks in die konfrontasie aan die Kruis waaruit God tot heil van die mens, as oorwinnaar uit die konflik te voorskyn tree. Hoewel dit om die een geskie denis gaan, bring dit mee dat die Ou Testament nie reglynig in die Nuwe Testament voortgesit word nie. Daar is sowel verbinding as breuk. Jesus sluit aan by die Wet in die Ou Testament, maar relativeer en radikaliseer dit met sy woorde in die Bergpredikasie: “Maar Ek sê vir julle…”(Matt 5:12, 28, 32, 34, 39, 44). Daar is ook voortgang in sy werk tussen sy verkondiging van Gods Koninkryk in Galilea, en sy dood aan die kruis in Judea. Trouens ook binne die Nuwe Testamentiese geskiedenis is daar breuk en samehang tussen Jesus se lewe, kruisiging en opstanding enersyds, en die uit storting van die Heilige Gees andersyds. Terwyl Jesus sy dissipels vir eers nog verbied om die huise van heidene binne te gaan, sien ons in Handelinge hoedat sedert Pinkster die kerk as volk van God uit Jodendom en heidendom te voorskyn tree. By die uitleg van die Skrif vir ons tyd, sal ons hierdie verskillende historiese strukture moet verdiskonteer. Elke teks in die Skrif moet in relasie tot sy onmiddellike konteks verstaan word. Maar elke konteks staan weer in ’n wyer konteks sodat geen teks in die Skrif in isolasie van die Bybelse boodskap in sy geheel, vertolk kan word nie.
5.10.8 By die uitleg van die Skrif moet rekening gehou word met die verskillende literêre genres. ’n Apokaliptiese geskrif soos Openbaring of ’n protologiese gedeelte soos die eerste hoofstukke van Genesis, lees ’n mens anders as ’n koerantberig. ’n Historiese verhaal word anders vertolk as ’n gedig. Soms is dit nie moont lik om sonder twyfel vas te stel tot watter genre ’n spesifieke gedeelte behoort nie, maar in sulke gevalle het dit meestal nie groot implikasies vir die boodskap wat dit aan ons oordra nie. Ons praat gewoonlik van die “gelykenis van die barmhartige Samaritaan” hoewel dit nie in die Bybel staan dat dit ’n gelykenis is nie. Ook in die Ou Testament tref ons gelykenisse aan. Vir almal is dit duidelik dat die verhaal wat Natan aan Dawid vertel ’n gelykenis is, maar daar bestaan verskil van opinie wat die boek Jona betref. Aan die boek se boodskap, maak dit egter bloedweinig verskil. Bowendien moet deeglik gelet word op die verweefdheid en interne samehang van die betrokke gedeelte van die Bybel as teks.
5.11 LIBERALISME EN FUNDAMENTALISME
5.11.1 In hierdie verslag word ’n poging aangewend om na twee kante afwysend standpunt in te neem, naamlik enersyds teenoor die moderne liberalistiese, en andersyds die moderne fundamentalistiese omgang met die Skrif. In eersgenoemde geval word die Bybelse geskiedenis as teologies onbelangrik beskou. Die belangrikheid van Israel vir ons, het volgens hierdie standpunt niks te make met hulle geskiedenis nie, maar met hulle godsdiens. In radikaal-kritiese kringe word die religion of Jesus belangriker beskou as die religion about Jesus. Selfs al het Jesus nooit bestaan nie, dan het ons nog altyd die tydlose godsdienstige waarhede van byvoorbeeld die Bergpredikasie. Daarteenoor maak die fundamentalisme die teologiese betekenis van die Skrif geheel en al afhanklik van die natuur wetenskaplike en historiese korrektheid van die Bybel.
5.11.2 In werklikheid staan hierdie twee skynbaar teen oor gestelde standpunte heel digby mekaar en bevestig weereens die waarheid dat familietwiste die ergste is. Beide onderwerp die Bybel aan ’n krasse vorm van Skrifkritiek wat daartoe neig om die Woord van God kragteloos te maak. Nie een van die twee wil die Bybel in sy konkreet menslike gestalte aanvaar as Woord van God nie, omdat hulle aanstoot neem aan die konkreet historiese karakter van die Openbaring. Terwyl die liberalisme die Bybel as gevolg van sy diep menslike karakter nie ernstig wil neem as Woord van God nie, poog die fundamentalisme om die Bybel as Woord van God te “red” deur die swakke menslike karakter daarvan soveel moontlik te ontken. In beide gevalle word ons gekonfronteer met ’n rasionalistiese verheerliking van die menslike rede. In beide gevalle word per implikasie aanstoot geneem aan die menslike gestalte van die Woord, wat ten diepste verset is teen die dienskneggestalte van die Kneg van die Here “wat geen gestalte of heerlikheid gehad het, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms dat ons Hom sou begeer nie” (Jes 53:2 ou vertaling). In beide gevalle heers ’n beheptheid met die letter van die Skrif, wat mense blind maak vir die Gees in die letter. Die Bybel as boek, maak beide blind vir die Bybelse boodskap.
5.11.3 Aangesien in hierdie verslag die standpunt ingeneem word dat die Bybel nie ’n bron van foutlose natuurwetenskaplike en historiese informasie is nie, sal dit seker vanuit fundamentalistiese kringe bestempel word as self ’n produk van die modernisme. Ongetwyfeld is dit waar dat juis die moderne tyd as gevolg van dramatiese groei in kennis, ons diep onder die indruk gebring het van die feit dat die Bybel geen handboek is vir die wetenskap nie. Tog wys onder andere die Ou-Testamentikus John Goldingay daarop dat ook in die premoderne tyd reeds heelwat uitsprake by bekende teologiese figure voorkom wat dui op ’n bewussyn van hierdie waarheid. Origenes beskou Gen 1 as teologies waar, maar nie as histories korrek nie. Augustinus waarsku mense om nie die Bybel te gebruik as bron vir sterrekundige informasie terwyl nie-Christene weet dat dit nie waar is nie. In die tyd van Calvyn het sterrekundiges reeds besef dat Saturnus groter is as die maan, hoewel die skeppingsverhaal na die maan verwys as een van die twee “groot ligte”. Calvyn betig mense wat sterrekundige informasie gaan soek in Genesis terwyl dit die dinge beskryf soos wat dit vir ons voorkom. Luther kan by geleentheid uiters nonchalant omgaan met onversoenbare feitelike teenstrydighede in die Skrif. Volgens hom kan ’n mens dit ignoreer want dit bring nie die artikels van ons geloof in gedrang nie. Sekerlik is hierdie uitsprake nie kenmerkend van teoloë in die premoderne periode nie, maar tog is dit duidelik dat die inspirasie van die Skrif nie vir hulle sondermeer wetenskaplike foutloosheid impliseer het nie.
5.11.4 Terwyl die fundamentaliste nie erns maak met die vleeswording van die Woord van God nie, neig die liberaliste tot ’n ontkenning van die vleeswording van die Woord van God. Die Bybelse heilsbetekenis van inkarnasie, kruis en opstanding, vind hulle onaanvaarbaar. Reeds tydens die Reformasie was daar die sogenaamde rasionele spiritualiste wat die rede beskou het as die spil waarom alles draai. Uit hierdie kringe word die Hervormers dan ook beskuldig dat hulle aanhangers is van ’n “papierpous”. Nie die historiese Christus nie, maar die “ewige Christus” in ons, word sentraal gestel. Dit is teen hierdie spiritualistiese ten dens wat reeds in die vroeë kerk kop uitsteek, dat 1 Joh 4:2v. waarsku: “Hieraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.“
Uitstekende stuk!
Geweldig baie woorde om min te sê en dwaalleer te bevorder.