Kyk ook:
********
BESLUIT: Opdrag oor aborsie | Kerkbode
9 Oktober 2019
Die sinode versoek ATLAS (Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake) om binne die volgende raamwerk navorsing te doen oor etiese kwessies rondom aborsie:
- Maak insette bymekaar van Bybelse en sistematiese teoloë; werk wat tans gedoen word rondom reproduktiewe gesondheid; navorsing wat reeds deur ATLAS-lede gedoen is; insette van medici en regsgeleerdes; insette van lidmate wat hierdeur geraak is.
- Sien toe dat hierdie proses inklusief en deelnemend is.
- Verwerk die insette tot ‘n hanteerbare bundel vir gesprekvoering.
- Sirkuleer die bundel vir gesprekvoering na die verskillende sinodes se taakspanne vir leer- en aktuele sake vir gesprekvoering en kommentaar.