Kyk ook:
Nelus Niemandt het Piet Strauss opgevolg as moderator van die NG Kerk vanaf 2011 tot Oktober 2015. Daarna het Nelis Janse van Rensburg vir Nelus Niemandt opgevolg.
Nelus is oor die algemeen redelik versigtig om sy teologiese sieninge ruiterlik te erken en dit opsigself sê reeds baie van wat hy glo. Op 1 Julie 2015 het hy egter baie duidelik verklaar dat hy ten gunste van homoseksuele verhoudings is. Nog ’n leidraad van dit wat hy glo is sy vriendskap met ontluikendes soos Brian Mclaren en Rob Bell.
Jesus se opstanding
Hy is baie traag om hom uit te spreek oor Jesus se opstanding. In ’n Facebookdebat (kyk Wie val wie aan) sê Nelus dat die opstanding uiters belangrik is, maar toe hy gevra word of hy vir Ferdie Mulder is of Julian Müller, toe vra hy hoekom hy moet kies tussen hulle. In ’n persoonlike e-pos aan my het Ferdie egter gesê dat Nelus homself in 2005 tydens die opstandingsdebakel sterk by Julian Müller en Jurie le Roux geskaar het teen Ferdie.
Bestaan van die duiwel
Uit ’n radio-onderhoud met Evert Buurman op www.uitsaaines.co.za, is dit duidelik dat Nelus Niemandt nie glo dat die duiwel ’n persoon is nie (kyk Nelus Niemandt oor die bose en seks voor die huwelik). Dit het reuse teologiese gevolge.
Universalisme
Tydens die Hoëveld Sinode het ds Louis Scheepers gesê dat toe hy ’n teologiese student by Tukkies was, Nelus gesê het dat Christene en die Moslems dieselfde God aanbid en ook dat Nelus hom nie wou antwoord toe hy hom gevra het of Jesus werklik opgestaan het nie.
In Bell kry skel tot byna in die hel (2 Apr 2011) verdedig Nelus vir Rob Bell nadat hy kritiek ontvang het oor sy boek Love Wins, waarin hy beweer dat God nie mense hel toe sal stuur nie.
Wynand Louw se vraelys
Dr Wynand Louw het vir Nelus eenvoudige vrae gevra wat hy nie wou antwoord nie. Daarop het Wynand ’n ope brief aan Nelus gerig om Nelus te dwing om te verklaar wat hy glo. Daarop het Nelus ’n elle lange antwoord geskryf oor die sogenaamde leuens wat oor hom versprei word, maar steeds het hy nie Wynand se eenvoudige vrae geantwoord het nie. (Kyk Moderator ontmasker “aanstootlike leuens” – prof Nelus se brief – 11 Maart 2012)
Ds Louis Scheepers het die volgende opmerking gemaak nav Wynand se artikel Antwoord op Prof Nelus Niemandt se artikel in Kerkbode 16/03/2012:
Wynand, ek ondersteun jou ope brief, en sal ook graag die antwoorde op hierdie vrae wil sien! Toe ek die antwoord van Prof Nelus Niemandt lees, was dit soos dejavu. Dit is altyd dieselfde antwoorde oor en oor. Ons “behoudendes” gun nie vir hulle ’n plek nie, en probeer hulle swartsmeer.
Ek het in 2005 by Tukkies begin teologie swot, en was een van die wat destyds Ferdie Mulder se verklaring onderteken het (en ONGELUKKIG daarvan onttrek het uit onkunde, nadat ons met regstappe gedreig is). Ek is ’n baie sterk behoudende teoloog en het beleef hoe jy vertrap en sleg gesê word, wanneer jy aan die behoudende-evangeliese kant staan. Ek kan boeke skryf oor my ses jaar van “hel” by Tukkies se teologiese fakulteit.
Ek het self in Prof Niemandt se klas gesit en het self al met hom verskil oor van sy sieninge. Ek het dieselfde tipe antwoord gekry; waar hy letterlik sy rug op my draai en sê dat hy nie verder met ’n mens gaan praat oor die sake nie.
In ons gemeente moes ek al hoeveel keer vure doodslaan, nadat lidmate uit die NG Kerk wil bedank agv besluite deur ons Algemene Sinode en sekere artikels en dinge wat in die koerante is. Ek het al by verskeie mense gehoor dat hulle skaam kry om deel te wees van die NG Kerk.
Ek kry ook skaam om te sê dat ek deel is van die NG Kerk, na besluite soos die oor die duiwel se bestaan! Dit is plein kettery! Dit is tyd dat ons kerk se leierskap verantwoording doen, en ophou wegkruip agter die leuen dat behoudende teoloë hulle probeer swartsmeer. Ek is bereid om my geloof eerlik en opreg voor die hele wêreld te bely, en sal dit doen selfs al sal dit tot die dood lei! As ek bereid is om dit te doen, behoort ons kerkleierskap dit ook te doen!
Die vraag is of die NG Kerk gaan kan bly voortbestaan as dinge aangaan soos nou! Ek sien ’n skeuring kom, en ek dink nie dit is meer ver nie!
Kyk ook
- Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente (26 Nov 2024)
- Dubois du Toit gesels met Nelus Niemandt oor missiologie (Sep 2024)
- Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Nelus Niemandt (2011 tot 2015) (17 Mei 2023)
- Die Goeie Nuus: ‘meer as ’n oorvloed stellings’ (28 Apr 2022)
- Radiokansel: Anton Knoetze en Nelus Niemandt oor Kairos Netwerk (25 Feb 2022)
- NG Kerk se bekgeveg kring uit (16 Feb 2020)
- Moreletapark: ‘Middelgrond sukkel orals’ (12 Mei 2019)
- Nelus Niemandt se pleidooi: ‘Gooi NG Kerk óóp vir gays’ (1 Julie 2015)
- Nelus Niemandt praat met Marida Fitzpatrick: Hy het vrede, ook oor Belhar (30 Mei 2015)
- NG Kerk herstel ‘historiese fout’ (27 Jul 2014)
- Nelus Niemandt verklaar eenheid belangriker as die waarheid (10 Okt 2013)
- 10 vrae aan Nelus Niemandt (2 Mei 2013)
- NGK/Facebook debat oor Nelus se Dagbreekonderhoud
- Dagbreekonderhoud met Nelus Niemandt (25 Apr 2013)
- Kerkdebat: Die waarde van liefde vir ander mense (Nov 2012)
- Nuwe bedeling en nuwe lewe (16 Apr 2012) (met kommentaar)
- Moderator besing NG “suksesse”, maar oor heelwat besware swyg hy (4 Des 2012)
- Dwaalleer: Aanval op moderator ‘pynlikste’ (19 Apr 2012)
- Niemandt se aanvallende reaksie en latere verskoning (Maart 2012)
- Wie val wie aan? (Maart-April 2012. Kyk onder andere hoe vaag Nelus is op die vraag oor Jesus se opstanding)
- Wynand Louw vs Nelus Niemandt 2012
- Antwoord op Prof Nelus Niemandt se artikel in Kerkbode 16 Maart 2012 (Wynand Louw, 16 Maart 2012)
- Moderator ontmasker ‘aanstootlike leuens’ (Kerkbode voorblad) (16 Mrt 2012)
- Moderator ontmasker “aanstootlike leuens” (Facebook) (11 Mrt 2012, Nelus se poging om Wynand Louw te antwoord wat hom oor sy geloofsoortuiging uitgevra het.)
- Dwaling of verdagmaking in die NG Kerk (Maart 2012)
- Ope brief aan Prof Nelus Niemandt, gepos op Facebook 12/02/2012 (Wynand Louw)
- Korrespondensie met prof Nelus Niemandt (3 Nov tot 7 Des 2011)
- Nelus Niemandt oor die bose en seks voor die huwelik (26 Okt 2011)
- Gesprek met Danie Mouton, Nelus Niemandt en ander op strokiesnet/kerkbode (Okt 2011)
- Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede – Nelus Niemandt
- Seminaar oor die postmoderne ontluikende kerk (“emerging church”)
- Almal wil pelgrims wees – Nelus Niemandt (31 Aug 2009): Dit is hier duidelik dat hy nie ’n aanhanger van Angus Buchan is nie. Hy verwys egter baie positief na Leonard Sweet, ’n ontluikende.