Ek soek hulp

Indien jy geestelike hulp soek, hier ’n lys van mense of instansies wat jy kan kontak:

1. Homoseksualiteit

1.1 VOTVA

Webblad: votvsa.org

André Bekker, ’n voorheen homoseksuele persoon, is die stigter van Voice of the Voiceless Advocacy, of VOTVSA.

1.2 Learn to love

Webblad: learntolove.co.za

Hierdie instansie is spesifiek geskep om mense met homoseksualiteit te help. Die webblad bevat heelwat inligting en jy kan ook persoonlik met mense in aanraking kom by info@learntolove.co.za.

2. Depressie, huweliksprobleme, ens

2.1 Keerpunt Beradings Netwerk (KBN)

Webblad: keerpunt.co.za

Keerpunt Beradings Netwerk (KBN) bied uit en uit Christelike berading aan mense.

Hulle bied ook ’n beradingskursus aan indien jy sou belangstel om self berading te doen.

Hulle in Pretoria-Noord geleë.

2.2 Alta Cilliers Christelike Berading

Webblad: accb.org.za

Alta woon tans in Benoni en sy is geaffilieer met Keerpunt Beradings Netwerk.

2.3 Transformation prayer ministries (TPM)

Webblad: transformationprayer.org

2.4 Lewensverrykingseminare

Webblad: lewensverryking.co.za

Hierdie groep bied die volgende baie bekostigbare Christelike seminare in Middelburg aan:

  • Enkel Seminaar
  • Huweliksvoorbereiding
  • Egpaar Seminaar

2.5 Glenda Cooper – Christian counsellor

Glenda is a Christian counsellor in Benoni. Contact her at 082 555 5217.

5 thoughts on “Ek soek hulp”

  1. Ek het die grootste deel daarvan Joh tot Openb
    Kontak my as jy belanstel by 0822 588 007
    Henk Boshoff

  2. Om na die Bybel te luister, kan een van die Bybelgenootskap se selfoontoepassings (“apps”) gebruik word – sommige weergawes van die Bybel het ook ’n luisterfunksie om die Woord te hoor.

  3. KLIP INNIE BOS
    DV oor 8 maande is ek 80. Was my hele lewe lank ‘n stoere NG lidmaat, maar op ‘n dag het ek ernstige antwoorde begin soek oor baie dinge wat verkondig word, veral na die fiasko oor selfdegeslag huwelike. (2Tim 3:16) Die hele Skrif is deur God geïnspireer en (1Tim 1:15) Dit is ‘n woord om ten volle aangeneem te word. En tog, gegewe die kwessie van selfdegeslag huwelike het ek al baie oor die Bybelse legitimiteit van die “JA” besluit daartoe gewonder. U sien, hierdie JA-besluit is waarskynlik die puntjie van die ysberg wat vorentoe nog voorlê op pad na die insluk van die wêreld se grille en giere. Die LGBTQ+ lees ek onlangs het in Amerika reeds vele kerke bestorm en hulle self ingewurm. Wat van die kwessie van genadedood? Hoe vêr loop die pad nog vorentoe wat reformanda betref, want dit kom al baie vêr terug, bv op 11 Oktober 1962 besluit die NGK Sinode Chiliasme is onBybels en TABOE en daar waai bepaalde Skrif uit die Bybel uit.

    Ek wonder maar net oor al die dinge wat deesdae al hoe meer en so vêr terug as Johannes Calvyn, Augustines aan die orde van die dag is.

    Groete

    Laastens. Die Bybel verklaar homself en die Bereáne in Hand 17:11 was verseker nie dominees en slim geleerdes nie. Ek dink hulle was gewone lidmate wat die Skrifte deeglik ondersoek het MAAR verseker in die Gees, want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend en kom altyd met die waarheid vorendag!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui