Kyk ook: |
Ds Martin Blignaut van Stellenbosch skryf oor die gesag van die Skrif en sommige modeme teoloë se bewerings dat al die natuurkundige en geskiedkundige feite nie noodwendig as korrek aanvaar hoef te word nie.
***********
Geleerdes verwar die gelowiges oor Skrif
Ds Martin Blignaut, 29 Julie 1994, Die Kerkbode
UITSPRAKE soos die volgende word deesdae dikwels uit die mond van bekende teoloë gehoor: “In die geleerde wêreld is daar nie eintlik meer mense wat Genesis letterlik histories opneem nie”; “Ek weet nie meer van een Ou-Testamentikus wat nog Genesis letterlik-histories interpreteer nie”; “Dit ondermyn nie noodwendig die gesag van die Skrif as ’n mens aanvaar dat al die natuurkundige en geskiedkundige feite in die Bybel nie korrek is nie.”
Die vraag is of hierdie bewerings korrek is. Dr James I Packer, professor aan ’n Anglikaanse Teologiese Fakulteit in Kanada, skryf in Beyond the Battle for the Bible: “A factually and theologically untrustworthy Bible could still impress us as a presentation of religious experience and experties, but clearly we cannot claim that it is all God’s testimony and teaching, given to control our convictions and conduct, if we are not prepared to affirm its total truthfulnes.”
Onfeilbaarheid
Dr Francis Schaeffer het verskeie boeke geskryf waarin die kwessie van die onfeilbaarheid van die Bybel behandel word. In The Great Evangelical Dissaster beskryf hy die prysgawe van geloof in die onfeilbaarbeid van die Bybel as die groot waterskeiding in die evangeliese wêreld. Dit is volgens hom die begin van die prysgawe van al hoe meer Bybelse feite waardes.
Die bewerings dat daar nie meer geleerdes is wat die hele Bybel as letterlik en histories as waar en betroubaar aanvaar nie, is onwaar. Wat hier volg, is ’n uittreksel uit ’n brief wat in 1984 deur prof James Barr geskryf is, destyds professor in Hebreeus aan die Universiteit van Oxford: “Probably, so far as I know, there is no professor of Hebrew or Old Testament at any world-class university who does not believe that the writer(s) of Genensis 1-11 intend to convey to their readers the idea that creation took place in a series of six days which were the same as the days of 24 hours we now experience, and that Noah’s flood was world-wide and extinguised all human and animal life except those In the ark”.
Kerkleiers
In 1978 was ongeveer 300 teoloë en kerkleiers in Chicago byeen onderleiding van die International Council on Bible Inerrancy. Hulle het onder meer die volgende verklaar: “Recognition of the total truth and trustworthyness of Holy Scripture is essential to a full grasp and adequate confession of its authority.” En: “Holy Scripture, being God’s own Word, written by men prepared and superintended by His Spirit, is of infaillible divine authority in all matters upon which it touches: it is to be believed, as God’s instruction, in all that is affirms, obeyed, as God’s command, in all that it requires, embraced, as God’s pledge, in all that is promises.”
Fundamentalisties
Baie hedendaagse teoloë maak hierdie “Chicago Statements” af as fundamentalist ies (‘n woord wat oorspronklik ’n goeie betekenis gehad het maar nou ’n skelwoord geword het). Vir baie gewone gereformeerde, Calvinistiese Christene is dit in elk geval baie makliker en meer Bybels om hierdie standpunte te onderskryf as dié van moderne teoloë wat standpunte huldig soos dat die hele Bybel nie die geïnspireerde Woord van God is nie, dat daar nie mense soos Adam en Eva, Job en Jona, was nie, dat daar nie ’n persoon soos die duiwel is nie.
Dr J I Packer se in sy boek, God Has Spoken, dat die twyfel of die ontkenning dat alles wat in die Skrif staan onder inspirasie van God geskryf is, die Protestantse kerklike lewe op verskeie maniere verswak en verarm het.
So het dit, sê hy, die prediking ondermyn. Ware prediking kan niks anders as die verkondiging van die Woord van God wees nie. Daaraan ontleen dit sy gesag en daarop baseer dit sy aanspraak om aangehoor en gelowig aanvaar te word. Die gemeente het nie die behoefte aan die woorde of gedagte van ’n mens nie. Daarvan kry hulle elke dag genoeg.
Packer gaan voort: waar daar nou deur sekere teoloe oor talryke perikope of tekste van die Bybel beweer word dat dit nie die Woord van God is nie, maar bloot mededelinge van gewone mense van hulle godsdienstige ervaringe, of anders sommer mites, word daar twyfel geskep oor alles wat in die Bybel staan en dan word ware evangeliese prediking onmoontlik, want wie kan dan sê: “So sê die Here”?
Hy sê verder die gebrek aan oortuiging dat die hele Bybel die Woord van God is, belemmer lering of onderwysing uit die Skrif. Baie predikers waag dit nie meer om enigiets uit die Skrif as absolute waarheid te verkondig nie en baie lidmate wonder of dit die moeite werd is om die dinge uit die Skrif vir hulle kinders te leer as daar dan twyfel is oor die betroubaarheid daarvan.
Packer sê die lees van die Bybel deur gewone mense word ontmoedig omdat teoloë die indruk skep dat baie dele van die Bybel nie gesaghebbend is vir die hedendaape mens nie, en dat ’n mens al die wetenskaplike metodes van Skrifuitleg – soos die histories-kritiese metode, letterkundige en taalkundige beoordeling van Bybelboeke en ’n grondige kennis van al die tegnieke van eksegese of hermeneutiek (uitlegkunde) – moet bemeester om te kan vasstel watter dele van die Bybel gesaghebbend is en watter nie.
Die treurigste gevolg van die moderne teologiese skeptisisme oor die Bybel is dat dit die beeld van Christus vir baie gelowiges laat vervaag en later heeltemal uit ons gesigsveld laat verdwyn. Die historiese Christus word heeltemal onbereikbaar vir baie omdat ons deur liberale teoloë geleer word dat Christus net as ’n legendariese of as ’n simboliese figuur gesien moet word.