Die oorspronklike bedoeling van God was dat ’n huwelik uit een man en een vrou moes bestaan. God het hoogs waarskynlik nie bedoel dat ’n man meer as een vrou moes hê nie.
Dit is egter interessant dat die Bybel poligamie slegs in Deuteronomium 17 spesifiek aanspreek. Dit is onseker of 1 Timoteus 3:2,12 en Titus 1:6 gebruik kan word as uitsprake teen poligamie.
In ’n mate is die argument teen poligamie, ’n argument uit stilte – met ander woorde, as die Bybel na die huwelik verwys, dan verwys dit as een man en een vrou. Die Bybel belet nie spesifiek poligamie nie, maar nêrens in die Bybel word dit ook goedgepraat nie.
Net soos God wel egskeiding in sekere situasies toelaat, so het God ook soms poligamie toegelaat in die Bybel, bv Abraham en Dawid.
Bybelverse
(24)Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.
(17)Die koning mag ook nie baie vrouens hê nie, sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. Hy mag ook nie sy silwer en goud te veel laat word nie.
Hierdie is die enigste deel in die Bybel wat poligamie direk aanspreek en dan sou ’n mens kon redeneer dat dit slegs op die koning van toepassing is. Hierdie gedeelte praat ook van “baie vrouens”. Sou die koning twee of drie vrouens kon hê?
(10)“Wanneer jy gaan oorlog maak, … en jy neem krygsgevangenes (11)en jy sien ’n mooi vrou onder hulle en jy kry haar lief en jy wil met haar trou, … (13) … Daarna kan jy met haar gemeenskap hê, en is jy haar man en sy jou vrou. (14)As jy later nie meer lief is vir haar nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar nie verkoop nie, jy mag haar ook nie as slavin gebruik nie, want jy het met haar gemeenskap gehad.
(15)“Wanneer ’n man twee vrouens het, … (16)mag hy nie die seun van die vrou wat hy liefhet, in sy testament as sy oudste beskou en hom bevoorreg bo die seun wat eintlik sy oudste is nie, die seun van die vrou van wie hy nie hou nie.
Dus het God baie duidelik poligamie toegelaat, maar daar moes regverdigheid wees tussen die twee vroue.
(5)Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder ’n seun, mag sy weduwee nie met ’n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.
‘n Mens lei dus af dat die oorlewende broer meer as een vrou sal hê: sy eie vrou plus sy broer se vrou.
(8)Ek het aan jou die koningskap van Saul gegee en boonop nog sy vrouens ook. Ek het die koningskap oor Israel en Juda aan jou gegee. En as dit nog te min was, sou Ek enigiets daar wou bygee.
Dit is interessant dat God wat in Deuteronomium 17 gesê het dat konings nie baie vroue mag hê nie, niks sê oor die feit dat Dawid nog ’n vrou gevat het nie. Natuurlik was die moord ’n groter sonde as die ekstra vrou, maar hierdie was ’n goeie geleentheid vir God om Dawid ook aan te spreek oor sy poligamie.
In vers 1 tot 11 evalueer God Salomo se lewe. God se boodskap aan Salomo is dat hy met heidense vrouens getrou het en dat hulle hom verlei het om afgode te aanbid. Indien Salomo se poligamie vir God ’n probleem was, was hierdie die ideale geleentheid om Salomo ook te herinner aan Sy riglyn in Deuteronomium 17:17, maar Hy doen dit nie.
(19)Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
Hier verwys Jesus na die oorspronklike skeppingsdoel – een man en een vrou. Kyk ook Matteus 19:1-12.
(2)maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man.
Hierdie is nie bedoel om ’n uitspraak oor poligamie te wees nie, maar weereens sou hierdie ’n geleentheid gewees het om poligamie goed te keur, sou dit ’n aanvaarbare praktyk was.
(28)…Wie sy vrou liefhet, het homself lief…
(31)Daar staan in die Skrif: “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.” (32)Hierin lê daar ’n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. (33)Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon.
1 Timoteus 3 (AFR53)
(2)’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, …
(12)Die diakens moet manne van een vrou wees …
Dit is onseker of die doel van hierdie verse is om iets oor poligamie te sê. Dit kan bloot net beteken dat ’n man aan sy vrou getrou moet wees, soos die AFR83 vertaling dit vertaal het: “(2) … getrou aan sy vrou …” en “… moet aan sy vrou getrou wees …”.
Kyk 1 Timoteus 3:2,12 (wat beteken “die man van een vrou”)
(6)’n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie.
Hier geld dieselfde as 1 Timoteus 3. Die AFR53 vertaling praat van “die man van een vrou“. Dit beteken egter nie dat dit ’n uitspraak oor poligamie is nie.
Kyk ook
- Does the Bible clearly teach monogamy? (Creation.com)
- Waarom het God poligamie/bigamie in die Bybel toegelaat? (Got questions)
Dis regtig baie interessant. Dit lyk vir my in die Ou Testament het die Here nie poligamie veroordeel nie, omdat dit in die kultuur aanvaarbaar was. Dit sluit ook die gebruik van die ‘swaershuwelik’ in waar die naaste manlike familielid van ’n vroeggestrowe man verplig was om die oorledene se vrou as syne te neem – ongeag of het getroud was of nie (soos in die optrede van Boas om Rut as vrou te neem).