Kyk ook:
In ’n nuusbrief op 24 September 2021 het die KN (Kairos Netwerk) amptelik aanbeveel dat voornemende teologiese studente nie by die drie teologiese fakulteite van die NG Kerk gaan studeer nie, maar eerder aansoek doen om by die Gereformeerde Kerk se teologiese fakulteit in Potchefstroom te studeer. Hier volg die uittreksel uit die nuusbrief:
1. TEOLOGIESE OPLEIDING : Koersverandering
Die NG Kerk se bestaande drie teologiese opleidingsfasiliteite is lankal nie meer betroubare sentra vir gesonde en gebalanseerde teologiese opleiding nie. Studente kan nie meer aangemoedig word om by enige van hierdie sentra vir hul bediening as predikante opgelei of heropgelei word nie. Daarom word daar na alternatiewe plekke en wyses van opleiding gekyk.
Hierdie probleem geniet hoë prioriteit by KN. Daar word tans dringend met verskeie instansies en genote gewerk aan ‘n plan om weer suiwer gereformeerde opleiding vir teologie-studente en voortgesette opleiding vir leraars te kan bied.
Tydens hul ondersoeke het die KN se taakgroep vasgestel dat staatsinmenging toenemend by die meeste denominasies se teologiese-opleidingsentra plaasvind. Vir die korttermyn, en met die inligting wat huidiglik beskikbaar is, word voornemende teologie studente aangeraai om vir hul studies aansoek te doen by die Gereformeerde Kerk van SA se teologiese fakulteit, by die Noord Wes Universiteit, aangesien staatsinmenging by die Pukke nog redelik beperk is.
Die NG Kerk se drie teologiese fakulteite sluit in:
- Universiteit van Pretoria
- Universiteit van die Vrystaat
- Universiteit van Stellenbosch
Hierdie besluit is waarskynlik op die spits gedryf deur veral twee dinge wat die afgelope tyd gebeur het:
- Op 18 Augustus 2021 het die dekaan van die teologiese fakulteit van UP, Jerry Pillay, hulle kurrikulum bekend gestel in UP stel hulle kurrikulum transformasie bekend (18 Aug 2021). Daarin is dit duidelik dat UP ’n totale liberale aanslag het.
- Op 7 September 2021 het Dubois du Toit ’n onderhoud gevoer met Frederick Marais waarin dit duidelik geblyk het dat Frederick geen insig het oor die teologiese krisis waarin die teologiese fakulteite hulle bevind nie. Kyk Kommentaar: Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais (7 Sep 2021)
Kyk ook: