Afrikaanse kerke loop leeg

Afrikaanse kerke loop leeg

Deur Jean Oosthuizen, In het nieuws

31 Januarie 2019

Twee van die groot Afrikaanse kerkgenootskappe se lidmaatgetalle het verlede jaar weer skerp gedaal.

Die NG Kerk het in een jaar bykans 21 000 belydende lidmate verloor terwyl die Gereformeerde Kerke oor die laaste 10 jaar meer as 16% van sy lidmate verloor het.

Die NG Kerk se amptelike koerant, Kerkbode, berig dit bring die aantal belydende lidmate van die NG Kerk op 691 050 te staan. Ook dooplidmate (lidmate wat nog nie belydenis van geloof afgelê het nie) het gedaal met 1 966 en staan nou op 189 439.

In 2003 het die NG Kerk ondanks die dalende lidmaatgetalle nog meer as ’n miljoen gedoopte en belydende lidmate gehad.

Die getal gemeentes en veral kerkraadslede het die afgelope jare ook drasties afgeneem. Sedert 1985 het die NG Kerk meer as ’n halfmiljoen van sy lidmate verloor wat genoeg is om 900 gemeentes van 500 lidmate elk vol te maak.

“Dit is steeds ’n geval van minder en ouer lidmate,” berig Kerkbode na aanleiding van die jongste statistiek oor die getal lidmate in die NG Kerk.

Die kerk se leiers meen egter nie dit is iets om oor “kleinserig” te wees nie. Die voortgesette afname in lidmate moet volgens dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, gesien word “binne ’n raamwerk van redes”.

Hy sê emigrasie en ’n dalende geboortesyfer in tradisionele voedingsgemeenskappe van die NG Kerk dra daartoe by dat die aantal belydende lidmate verlede jaar met meer as 20 000 afgeneem het.

Claassen meen die fokus verskuif nou na die verskyning later vanjaar van Kerkspieël wat na die tendense agter die data kyk. Dié gemeente-opname word elke vier jaar gedoen en die doel is om ’n beeld van elke gemeente se huidige bedieningspatroon en situasie te kry.

Volgens ’n meningspeiling op Kerkbode se elektroniese koerant word emigrasie egter deur slegs vier persent van die lidmate wat tot dusver aan die peiling deelgeneem het as rede aangevoer vir die dalende getalle.

Die meeste van die mense wat aan die peiling deelneem sê die grootste rede is omdat mense nie meer dink in terme van lidmaatskap tot ’n spesifieke kerk nie.

Die twee ander groot redes waarom so baie mense die NG Kerk verlaat is volgens Kerkbode se peiling die feit dat mense nie meer die kerk as relevant beskou nie en die kerk se hantering van die gay-debat. Botsende standpunte oor geloofskwessies is nog een van die redes wat aangevoer word.

Ds Cassie Aucamp van die Gereformeerde Kerke het aan Netwerk24 gesê die aantal lidmate van dié kerkgroep neem ook geleidelik af. Die kerk se lidmate het van 101 698 in 2009 tot 85 155 in 2016 gedaal.

Hy het aan Netwerk24 gesê die kerk moenie getalle najaag nie en ook nie met allerlei bykomstighede die guns van mense probeer wen nie. “Tog moet die kerk hand in eie boesem steek as ons merk dat mense toenemend die kerk verlaat.”

Op Kerkbode se Facebook-blad het lidmate en predikante uiteenlopend reageer op die kerkleiers se redes waarom so baie lidmate die kerk elke jaar verlaat. ’n NG-predikant, Deon van Niekerk, sê nie in een van die kerkleiers se reaksies in Kerkbode verwys na sekularisasie, of die afkeur van fundamentalisties georiënteerde lidmate nie. “Asof emigrasie of verkleinde aanwas die hoofredes is. Asof verkleinde bediening van groepe die probleem gaan aanspreek. Mense kom nie meer kerk toe nie omdat hulle nie meer wil nie. Die relevansie van die kerk is in gedrang,” skryf Van Niekerk.

Nóg ’n NG dominee, Gerhard Pietersen, sê op Kerkbode se Facebook-blad dit is ’n oorwegend wit Afrikaanse kerk wat ’n minderheidsgroep bly bedien en sukkel om aan te pas.

1 thought on “Afrikaanse kerke loop leeg”

  1. Leiers (leraars, ouderlinge, diakens, en elke leier in ‘n gemeente, en ook leier in elke familie-struktuur) wat nie hand in eie boesem slaan nie, kweek leiers wat nie hand in eie boesem slaan nie, en so gaan die bose sirkelgang voort, en so sirkelgang word oorgedra na ‘n gemeente, en kerklidmate, en ook familie-lede en vriende, wat dieselfde patroon gewoonlik volg. En só patroon, kring wyer uit tot BINNE in die werksplek van lidmate se sekulêre beroepe, met verwoestende gevolge, veral waar lidmate posisies beklee met groot mag en posisie en verantwoordelikheid, en nog veel erger, waar hul sekulêre invloed, strek tot politieke en sosiale en ekonomiese sfere – stedelik, provinsiaal, nasionaal, internasionaal.

    Só ‘n invloed, strek tot in die VSA se Withuis, VSA se Kongres, China se Politiese Leiers, Korea-Noord se Leiers, Suid-Afrikaanse Parlement, Engeland se Parlement, Engeland se Koningshuis, en die ”UNITED NATIONS”, en die ”New York Stock Exchange”, en ”Johannesburg Stock Exchange”, en SARS, en ”WORLD ECONOMIC FORUM” en RUSLAND, en die MIDDE-OOSTE se konflik, en selfs op ver wyer fronte, soos groot mynmagnate en olie-baronne en staalmagnate en Beleggingsfondsportefeuljes van geweldige groot omvang, en Pensioenfondsbestuurders, ensomeer.

    Só ‘n invloed, kan selfs ‘n DERDE WêRELD-OORLOG veroorsaak.

    Hosea 8: 11 praat van EFRAIM wat die altare vermenigvuldig het om te sondig. Vers 13: hul bied slagoffers, maar eet dit op, m.a.w., hul ”aanbied van slagoffers” het geen ander motief, as die ”self” gehad nie.

    In Hosea 8:2 staan daar : ” MY roep hulle toe: my GOD, ons, Israel, ken U”. Vers 4: “Hul het konings aangestel, maar nie uit MY nie; hulle het vorste gekies, maar sonder MY wete.”

    Baie meen dus, hul KEN GOD, maar eintlik weet hul net van Hom. Tussen KEN en WEET, is daar ‘n groot verskil, net soos met mense. Baie mag meen hul ken my, maar eintlik ken hul my nie, want hul praat nie met my gereeld, en ken nie my hartsgedagtes, en ken nie my motiewe, en al my vraagstukke, opinies en worstelinge oor baie jare nie. Hoeveel te meer met GOD?

    NG Kerk stel leiers aan, sonder GOD se goedkeuring, en kies leraars tot lering aan voornemende leraars, sonder om Sy wil te raadpleeg.

    In vers 7 staan dat die wind wat hul saai, sal ‘n storm maai.

    Inderdaad.

    In vers Hosea 8:9, sien mens wat hul óók doen: EIESINNIGHEID, en ONWETTIGE BONDGENOOTSKAPPE/ALLIANSIES, en in Hosea 9:1 : ” …jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.”

    Kyk GOD se Hart hieroor, onder andere:
    Hosea 8:9 “…Ek [sal] ‘n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer”
    Hosea 9:3 ” Hulle sal in die land van die Here nie bly nie”
    Hosea 9:4 “…soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees…”
    Hosea 9:7 “…Die profeet (hul leraars, diakens, ouderlinge, familie-hoofde) word ‘n dwaas, die man van die gees van ‘n waansinnige…”
    Hosea 9:11 “…sy heerlikheid sal wegvlieg…”
    Hosea 9:12 ” …Ek maak hul kinderloos….sonder mense…”
    Hosea 9:13 “…EFRAIM sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring…”
    Hosea 9:15 “…Ek (GOD) het hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; EK SAL HULLE UIT MY HUIS UITDRYWE, HULLE NIE MEER LIEFHê NIE…”

    Die HERE sluimer en slaap nie, waar ons as mens, wel.

    Word wakker NG KERK (in Suid-Afrika EN Namibië) leraars en leiers, en bely jou geweldige hoogmoed voor die wêreld. En dit sluit in, AGS KERK, VEK KERK, REACHSA, FATHERSHOUSESA, SOLA PLATFORM, IRSA STELLENBOCH, PRETORIA UNIVERSITEIT TEOLOGIESE KWEEKSKOOL, EG KERK, EG KERK TEOLOGIESE KWEEKSKOOL, AGS TEOLOGIESE OPLEIDING, CHURCH OF ENGLAND, ANGLICAN CHURCH SA, BISA, ensomeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui