Kyk ook:
|
Die volgende gee ’n kort oorsig van die geskiedenis rondom die bestaan van die duiwel in die NG Kerk.
2000: Reeds in 2000 publiseer dr Ben du Toit die boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd waarin hy die maagdelike verwekking, Jesus se liggaamlike opstanding en die bestaan van die duiwel bevraagteken. Hy ontvang die Andrew Murrayprys vir hierdie boek.
2009 algemene sinode: Tydens hierdie algemene sinode word ’n taakspan aangestel met die opdrag om leiding te gee oor ’n bediening van bevryding. Dit is nadat daar onsekerheid ontstaan het oor sekere predikante wat duiwels uitgedryf het.
4 Februarie 2011: Kerbode berig in Sinode praat wéér oor die bose dat die algemene sinode in 2011 gaan besluit oor die bestaan van die bose.
2011 algemene sinode:
ATLAS (Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake) lê die volgende verslag aan die sinode voor: ATLAS AS 2011 Bediening van bevryding. Die opdrag aan ATLAS was om leiding te gee oor ’n bediening van bevryding, met ander woorde, die kwessie van die uitdrywing van duiwels (kyk ook Ware soeke na God se wil). Die verslag gaan egter verder met die vraag “BESTAAN DIE DUIWEL REGTIG?” en bespreek ook ’n persoonlike duiwel. Dit alles het niks te doen gehad met die aanvanklike opdrag nie, maar die geleentheid is benut om hierdie idees in te sluit.
Die sinode besluit om ruimte te maak vir mense wat nie in die persoonlike aard van die duiwel glo nie (2011 NGK besluit oor die duiwel):
7. Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en duiwels anders interpreteer.
26 Oktober 2011: Kort na die 2011-sinode blyk dit uit ’n onderhoud met Evert Buurman op 26 Okt 2011 dat Nelus Niemandt, moderator van die algemene sinode, saamstem met die 2011 duiwelbesluit (kyk Nelus Niemandt oor die bose en seks voor die huwelik).
In ’n eposgesprek (tussen 3 Nov en 7 Des 2011) probeer ‘n lidmaat, Wynand Louw, dit met Nelus uitklaar. Nelus verklaar bloot dat hy by sy legitimasie-eed staan.
Omdat hierdie benadering nie werk nie, skryf Wynand op 12 Februarie 2012 ’n ope brief aan Nelus op Facebook.
Op 11 Maart 2012 reageer Nelus in ’n lang brief en beskuldig Wynand van leuens sonder om sy vrae te beantwoord (kyk Moderator ontmasker “aanstootlike leuens” (Facebook)).
Op 16 Maart 2012 reageer Wynand op Nelus. Kyk Antwoord op Prof Nelus Niemandt se artikel in Kerkbode 16 Maart 2012.
Ook in 2011 kla Wynand Louw vir Ben du Toit aan oor die feit dat hy nie in die duiwel glo nie en daarom sy legtimasie-eed verbreek. in 2013 word Ben du Toit onskuldig verklaar omdat die sinode amptelik ruimte gemaak het vir mense wat nie aan die duiwel glo nie. Kyk Die uitkoms van die dwaalleer tug ondersoek teen Dr Ben du Toit.
2013 Algemene Sinode:
Na die besluit van 2011 word 10 beswaarskrifte ingedien (kyk Beswaarskrifte: AS besluit oor bediening van bevryding)
Slegs punt 7 van die 2011-besluit word bitter min aangepas, en sê basies dieselfde as die vorige besluit:
7. Die AS aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar. Albei standpunte erken die realiteit van die bose.
(Kyk 2013 NGK besluit oor die duiwel en Terugblik op die Algemene Sinode 2013.)
2015 Algemene Sinode:
Daar word nie weer oor die bediening van bevryding gepraat nie, maar in die verslag van ATLAS word gesê dat daar volstaan word met die besluit van 2013 oor die duiwel.
2018
Julian Müller, voormalige teologiese dosent van Tukkies sê openlik op RSG dat hy nie aan die duiwel glo nie. Kyk RSG gesprek oor die duiwel en die bose (6 Mei 2018)
2019
Weereens kry Julian Müller die geleentheid om op RSG te sê dat hy nie in die duiwel glo nie. Kyk RSG gesprek oor die duiwel of Satan (23 Jun 2019).
“Die AS aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is.” (sien hierbo – 2011)
Hierdie “aanvaarding” is in wese onbybels. Die feit is dat Ben du Toit een van die grootste kragte agter hierdie “aanvaarding” was. Vir my is hierdie dwaling minstens net so erg as die SGV besluit aangesien Jesus self onaanvegbaar duidelik die duiwel en die die bose magte (demone) as pesoonlike entiteite hanteer.
Dis duidelik dat daar te veel teologiese geleerdes in hoë posisies nie Christene is nie, sowel ook nie in die kerk moes bly aangesien hulle niks glo wat hulle geleer het nie. Los Christenskap en word spiritueel soos almal anders wat so glo, maar bly asb uit die besluite wat ons geloof en Bybel verkrag om julle opinies te lig. Jy kan nie glo aan demone maar nie aan engele, net so kan jy nie glo aan die satan, maar nie aan Jesus nie en omgekeerd. Dit maak jou dus ‘n ongelowige. So verwyder jouself uit die pos waar jy moet voorgee en besluite neem namens die res wat wel glo. Ek gaan nie in die Moskee en verander hulle geloof omrede ek nie saam met hulle stem nie. Gaan na dit wat jy glo en asb, mag die NG ophou verander om lede te probeer werf dit raak nou belaglik geen wonder die nuwe kerke doen soveel beter as julle. Ek glo aan Christus dus moes daar een geloof, een bybel weergawe en een kerk wees maar elke man wil sy eie geloof skep. Sy eie weergawe van Christenskap. Skaam julle ongelowiges. Glo met julle hart en nie met julle koppe nie. Sodra daar fout gaan in jul lewens moet asb nie dan bid vir hulp nie. Ek kies om dan eerder ‘n dissipel te wees as hierdie moderne moffie geloof en die ergste is ek is verloof aan ‘n vrou maar sal nooit my geloof buig om aanvaarbaar te wees vir ander nie. Dis jou lewe. Jy word alleen gebore en gaan allean dood. Vra jouself af dat as dit wel waar is wat julle sê dan wat van as julle verkeerd was? Is julle bereid om daardie kans te vat aangesien die vals leeraers die hardste gestraf gaan word? Julle verander teveel dinge om lede te werf wat vir my sê die enigste ding wat wel nie waar is is die NG Kerk. Toemaar selfs God het gesê die in die tempel doen alles wat onheil is maar moenie dat dit jou geloof breek nie. Weet wat vernietig geloof? Twyfel. Julle twyfel. Moslems bly by een geloof en een bybel geen wonder hulle laat die Christene les opsê nie want hulle sal sterf vir hulle geloof maar ons gaan en verander ons geloof. Baie geluk die anti-chris wolf in skaapklere skryf julle wette en julle ja en amen saam. Skaam julle want julle gaan bid vir hulp dan onthou wat julle aan Sy naam doen.