Kyk ook:
Datum: 1-2 Augustus 2022
Tydens die Oostelike Sinode in 2021 was daar ’n beskrywingspunt om te besluit of hierdie sinode Artikel 37 van die kerkorde sou uitoefen, aldan nie.
Die sinode het daarteen besluit, maar “het egter ook besluit dat gemeentes wat op grond van hulle oortuiging nie langer tuis voel om deel van die Algemene Sinode te wees nie, met leiding bedien sal word oor wyses waarop hulle wel uit verband met die Algemene Sinode kan tree. Daar sal kerkordelike weë gesoek word om ruimte vir sulke gemeentes te skep waar hulle tuis kan voel.” ’n Werkgroep is daarvoor aangestel.
Tydens hierdie sinode (1-2 Aug 2022) is besluit om ’n nuwe streeksinode/kerk te bedink wat moontlik in 2024 formeel tot stand sal kom indien die AS by sy sitting in 2023 met ’n tweederdemeerderheid goedkeuring verleen. Hierdie nuwe tuiste sal bestaan “in assosiasie met Oostelike Sinode”.
Verkiesings
- Moderator: Dr Tertius Erasmus van NG Gemeente Bronkhorstspruit. Hy neem by Dirkie van der Spuy oor.
- Ondervoorsitter: Ds Maartje van der Westhuizen van NG Elarduspark.
Kyk ook
- Oostelike Sinode: Fondsebeleid deurgetrap te midde van geldnood (Kerkbode, 2 Aug 2022)
- Oostelike Sinode: Plan vir nuwe streeksinode bedink (3 Aug 2022)
- NGK: Oostelike sinode wil ‘nuwe kerk plant’ weg van AS (Beeld, 5 Aug 2022)
- Sinode-besluit kan grasieuse skeiding bring (Daniel Louw, 10 Aug 2022)
- Kerkplanting: Oplossing of ’n Suigstokkie? (Theo Danzfuss, 14 Aug 2022)
- Kerkplanting kan ‘teenproduktief’ wees (14 Aug 2022)
- Al hoe meer besef: NG Kerk móét nou herskik (Pieter Prinsloo, 14 Aug 2022)
- Godsdiens en die Koerante | Episode 377 | Bernhard Ficker (14 Aug 2022)