Matteus 13:24-30 (gelykenis van onkruid tussen koring)

Matteus 13:24-30

(24)Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat goeie saad op sy land gesaai het. (25)Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. (26)Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. (27)Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ (28)Hy antwoord hulle: ‘Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ (29)‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. (30)Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ”

Sommige mense probeer hierdie gelykenis te gebruik as ‘n illustrasie van die toestand in die kerk, en wys daarop dat daar beide ware gelowiges (die koring) en valse teoloë (die onkruid) in beide die groter kerk en individuele plaaslike gemeentes is. Alhoewel dit waar kan wees, verduidelik Jesus net nadat hy hierdie gelykenis vertel het, dat die saailand nie die kerk is nie, maar die wêreld (kyk spesifiek vers 38).

Matteus 13:36-43

(36)Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.” (37)Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. (38)Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; (39)die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele. (40)“Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. (41)Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, (42)en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. (43)Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

Hierdie gelykenis sluit dus aan by die insident waar Jakobus en Johannes (seuns van die donder) vir Jesus gevra het of hulle vuur van die hemel moes afroep om mense, wat Jesus nie wou ontvang nie, moes verteer.

Lukas 9:53-56

(53)Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was. (54)Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” (55)Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. (56)Daarna het hulle die reis voortgesit na ‘n ander dorp toe.

Jesus het nie gekom om die onkruid van die wêreld te verwyder nie, maar beplan om die oordeel later oor hulle te voltrek.

Om terug te kom na Matteus 13: selfs al het Jesus nie spesifiek gesê dat die saailand in hierdie gelykenis verwys na die wêreld en nie die kerk nie, is dit baie voor die handliggend dat ‘n mens anders kyk na die wêreld as wat jy na die kerk kyk. In Matteus 18:15-17 gee Jesus baie duidelike riglyne hoe ongelowiges in die kerk hanteer moet word. Die idee is om ongelowiges in die kerk as a saak van dringendheid te hanteer, want ‘n vrot deeltjie kan die hele appel vrot maak. Daar is ook nog baie ander dele in die Bybel wat baie duidelik daaroor is dat ‘n mens nie saam met ongelowiges aan dieselfde juk kan trek binne die kerk nie:

Kyk ook Onttrek jou van goddeloses en dwaalleraars en Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 29.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui