Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Theo Danzfuss skryf: Vrystaat Sinode stel teleur – Kerkbode
20 April 2023
Theo Danzfuss van Nelspruit skryf: Met groot verwagting het ons gehoop dat Vrystaat Sinode op 18 April meer lig sou gee vir ons pad van reformasie. Wat ’n teleurstelling dat ons net maar weer herinner word aan Koos Du Plessis se lied: “Swerwers sonder rigting; Soekers wat nooit vind; En eindelik was almal maar; Kinders van die wind.”
Behalwe dat Vrystaat prosedurele flaters begaan het, is daar geen enkele besluit geneem wat die krisis in die kerk werklik aanspreek nie.
In enige ordelike vergadering mag slegs een voorstel op ’n slag dien. Vrystaat stem egter gelyktydig tussen ses opsies! Die resultaat is dat hulle slaag om vredeliewende lidmate rustig te hou, maar in werklikheid beteken dit niks. Volgens Bylaag 18 kon Vrystaat duidelike standpunt inneem, maar hulle stem toe vir bylaag 19 wat strelende woorde bevat, maar net ’n bevestiging is van die AS se omstrede besluite bv:
- Die AS word versoek om die besluite van 2019 te heroorweeg, maar sonder ’n duidelike standpunt.
- Oor die bestaan van Satan as persoonlike wese aanvaar en verdedig Vrystaat die AS se besluite.
- Oor teologiese opleiding aanvaar en verdedig Vrystaat die AS se standpunt van staatsuniversiteite.
- Selfs die versoek vir ’n behoudende kategoriale sinode is volledig afgekeur.
- As troosprys vra hulle die AS om gemeentes wat nie langer die AS se besluite wil aanvaar nie, te help om uit verband met Vrystaat te tree (mits alle lidmate daartoe instem). Van welwillendheid is hier geen sprake nie.
- Die AS het egter geen seggenskap het oor gemeentes se besluite of bates nie. Vrystaat se voorwaarde dat alle lidmate moet saamstem is ook louter onsin.
- Wat die teleurstelling groter maak, was die AS se vorige moderator oor RSG. Dit wemel van wanvoorstellings wat lidmate se intelligensie onderskat soos:
- dat die AS se besluit beteken ons kan gay-verbintenisse volgens die staat se huwelikswet kerklik bevestig, maar daar mag by implikasie geen seksuele verhouding in daardie verbintenis wees nie omdat seks gereserveer is vir die een-man een-vrou huwelik.
- sy versekering dat die ASM met die beswaarde gemeentes wil praat en almal in liefde wil vashou. Hy swyg egter kliphard waarom die ASM weier om met Kairos Netwerk (KN). wat baie gemeentes verteenwoordig, te praat. Hy swyg ook oor sy dagbestuur wat die skriftelike aanbod van KN vir mediasie gesprekke o.l.v. ’n onpartydige mediator herhaaldelik summier verwerp het.
Dit laat my dink aan Koos Doep se 2de versie: “Gesigte, drome, name; Is deur die wind verwaai; En waarheen daardie woorde is; Sou net ’n kind kon raai”
Die positiewe wat ons hieruit kan moet leer is om nie behoudende gemeentes se intelligensie te onderskat nie. Hulle gaan nie hiervoor val nie. Ten spyte van swak sinodale besluite gaan die stryd vir reformasie voort. Sommige gaan ook inskakel by die Koinonia Sinode op 3-4 Mei wat ’n kategoriale kerkverband wil skep vir Skrifgetroue NG gemeentes want ons is saam op weg na reformasie (syn hodos).
Kommentaar
xxx