Kyk ook:
Opsomming
- Misraim, seun van Gam, het Egipte in 2188 vC ontdek. Dit was waarskynlik sy nageslag wat die piramides gebou het.
- Die piramides is waarskynlik tydens Abraham se leeftyd gebou (1996-1821 vC). Dit was reeds gebou voor Josef in Egipte aangekom het.
- Die piramides is voor die sondvloed gebou. Daar is geen tekens dat die piramides aan ‘n vloed blootgestel is nie. Trouens, dit sou hoogs waarskynlik nie die sondvloed kon oorleef nie.
*****************
Die Egiptiese piramides word gesien as een van die sewe wonders van die wêreld. Om die piramides met soveel presisie te kon bou sou, met vandag se tegnologie, reeds ‘n baie groot uitdaging gewees het. Ons weet egter dat die piramides reeds lank voor Christus gebou is. Daarom is dit vandag so ‘n groot raaisel: Wie het dit gebou? Hoe het hulle dit gebou? En wanneer is dit gebou?
Wie het die piramides gebou?
Daar is al baie gegis oor wie die piramides gebou is. Wat ‘n sekere feit is, is dat hierdie mense slim en vaardig moes wees. Vandag is Egipte nie ‘n baie ontwikkelde land nie. Dit word geklassifiseer as ‘n ontwikkelende land. Daarom is dit onwaarskynlik dat die huidige Egiptenare se voorvaders dit gebou het. Daarom moes dit ‘n ander beskawing gewees het wat dit gebou het.
Wanneer is die piramides gebou?
Sekulêre tydlyne
Sekulêre argeoloë gee verskillende datums vir wanneer die piramides gebou is:
- Tussen 2700 en 1500 vC (Livescience)
- Tussen 2589 and 2504 vC (How old are the pyramids?)
- ChatGPT:
- Groot piramide van Giza: 2580-2560 vC
- Piramide van Khafre: 2570 vC
- Piramide van Menkaure: 2510 vC
Bybel se tydlyne
Indien Bybelse tydlyne gevolg word en aanvaar dat die sondvloed ‘n wêreldwye vloed was, moes die piramides ná die sondvloed (2348 vC) gebou gewees het, wat ná die sekulêre datums is. Siende dat sekulêre tydlyne baie sterk steun op die koolstof-14 dateringsmetode, is daar goeie redes om hierdie tydlyne te bevraagteken[1].
Sou die piramides die sondvloed oorleef?
Die piramides sou nie ‘n wêreldwye vloed oorleef nie of sou begrawe gewees het onder sediment. Alhoewel die piramides tekens toon van erosie, word dit hoofsaaklik toegeskryf aan wind, sand, sporadiese reën en temperatuurskommelings wat uitsetting en inkrimping veroorsaak. Daar is geen tekens dat die piramides aan ‘n vloed blootgestel was nie.
Verder is die piramides op sedimentêre gesteentes gebou wat hoogs waarskynlik gevorm het deur die sondvloed. Die blokke waarmee die piramides gebou is bevat ook fossiele[2], wat waarskynlik tydens die sondvloed gevorm het.
Kyk ook Were the Egyptian pyramids built before the Flood?
Hipotese
Tydlyn
Voor 2347 vC: Noag moes gevorderde tegnologie gebruik het toe hy die ark gebou het voor die sondvloed. Die meeste van daardie kennis is oorgedra aan Noag se sestien kleinseuns.
2348 vC: Die einde van die sondvloed breek aan en Noag verlaat die ark toe hy 600 jaar oud is.
2242 vC: 106 jaar ná die sondvloed word die toring van Babel gebou, wat waarskynlik ‘n tipe piramide was. Daarna verdeel die mense na verskillende dele in die wêreld. Dit is daarom dat daar nie net piramides in Egipte is nie, maar ook in Soedan, Italië, Meksiko, Peru en China.
2188 vC: 160 jaar ná die sondvloed trek Misraim, seun van Gam, na Egipte. Mizraim is die Hebreeuse verwante van ‘n algemene Semitiese bronwoord vir die land wat nou as Egipte bekend staan. Die Egiptenare noem hulle-self ook Misr, wat duidelik afgelei is van Misraim. Die eerste piramides is hoogs waarskynlik gebou reeds voor Abraham vir Egipte besoek het.
1921 vC: In dieselfde jaar waarin God vir Abraham uit Ur geroep het (Gen 12) was daar hongersnood in die land, waarop Abraham na Egipte getrek het. Dit is moontlik dat Abraham, saam met sy besoek, ‘n klomp kennis gebring het wat gehelp het om die piramides meer akkuraat te bou.[3] In sy boek Antiquities of the Jews, beweer Josephus dat Abraham verantwoordelik daarvoor was dat daar ‘n tegnologie-ontploffing in Egipte was toe hy daar besoek afgelê het.[4]
1715 vC: Toe Josef 30 jaar oud was het hy in diens van die farao getree.
1491 vC: Die uittog uit Egipte begin. 40 jaar later in 1451 vC val die Israeliete Jerigo binne.
Alles in ag geneem, word die volgende hipotese voorgestel:
Die piramides pas waarskynlik in ‘n klein venster rondom Abraham se leeftyd. Die era van grootskaalse bou van piramides was hoogs waarskynlik verby teen die tyd dat Josef in Egipte aangekom het.
Hoekom het die tegnologie verlore geraak
Daar is heelwat voorbeelde in die verlede waar tegnologie verlore geraak het:
Romeinse beton: Dit is al lank bekend dat die beton waarmee byvoorbeeld die Panteon in Rome en die Colosseum gebou is, merkwaardig duursaam is. Dit is eers relatief onlangs dat die geheim ontdek is.[5]
Griekse vuur:
Kyk ook List of lost inventions (Wikipedia).
Voetnotas
[1] Siende dat die koolstof-14 dateringsmetode organiese materiaal nodig het, is die datums verkry uit stukkies hout, riet en gras. Kyk ook Radiometriese datering.
[2] Soek “fossils in pyramid blocks” op Google
[3] Kyk Egyptian history and the biblical record: a perfect match?
[4] Kyk Egyptian chronology and the Bible—framing the issues.
[5] Kyk Ancient Roman Concrete Has ‘Self-Healing’ Capabilities, Why modern mortar crumbles, but Roman concrete lasts millennia, Travertine.
Bronne
- AnswersInGenesis:
- What Did the Tower Look Like? (AnswersInGenesis)
- Were There Enough People to Build the Pyramids? (AnswersInGenesis)
- Creation Ministries:
- Time fears the pyramids? How they fit into the true biblical history (Gavin Cox)
- How did they build the Great Pyramid?—an architect’s proposal (Trevor Harris)
- Archaeology Questions and Answers/Egypt (creation.com)
- Who is wrong about the biblical date of the Flood, and the Great Pyramid? (Gavin Cox en Gary Bates)
- The pyramids of ancient Egypt (David Down)
- Were the Egyptian pyramids built before the Flood? (Lita Sanders, Robert Carter)
- Were the Pyramids Built Before the Flood? Deciphering Biblical Chronology (Youtube, Lita Sanders, Robert Carter)
- Egyptian chronology and the Bible—framing the issues (Gary Bates)