Kerkleiers wil nie broederlike gesprek met my voer

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Kerkleiers wil nie broederlike gesprek met my voer | Netwerk24

Prof. Johan Janse van Rensburg, Bloemfontein

11 Junie 2024

Die mediaverklaring vroeër van die interim-komitee van die NG Kerk in die Vrystaat het betrekking.

Dié komitee het in sy verklaring sy misnoeë uitgespreek oor kritiese briewe wat na die nuusmedia gestuur word.

Klem is in die verklaring geplaas op die feit dat die kerklike strukture oop is om kerklike sake­ te bespreek.

Op grond van hierdie verklaring het ek die volgende skrywe aan die moderamen gerig: “Ek het kennis geneem van ’n skrywe van die interim-komitee met betrekking tot korrespondensie in die openbare pers. Aangesien ek onlangs briewe in Volksblad gehad het, en aangesien my antwoord aan ds. Jan Lubbe nie vir publisering aanvaar is nie, en aangesien die interim-komitee met ’n skrywe aan predikante en lidmate gereageer het, versoek ek die moderamen van die Vrystaat om ’n onderhoud op die eersvolgende vergadering aan my toe te staan.”

Vyf weke nadat ek hierdie brief aan die moderamen geskryf het, het ek steeds geen antwoord van die skriba van die moderamen ontvang nie.

Op 26 Mei, ’n dag voor die moderamenvergadering, is ek ingelig dat die moderamen my nie te woord sal staan nie.

Ek is ingelig ek gaan nie te woord gestaan word nie “omdat hulle nie weet waaroor ek wil praat nie”.

Hoe kon die moderamen sê hulle weet nie waaroor ek wil praat nie?

Ek het dit in my skriftelike versoek uitdruklik aan hulle uitgespel.

Dit is duidelik dat die oop deure van kerklike strukture nie vir my toeganklik is nie.

Die kerk waarvan ek ’n lidmaat is, is duidelik nie bereid om my kritiese vrae in die media oor die interpretasie van die Skrif aan te hoor nie of ’n broederlike gesprek met my te voer nie.

Waarheen dán?

Is dit hoe die moderator se middelgrond-kerk lyk?

Kommentaar

Daniel Louw

Die vraag bly steeds: Waaroor kan daar nog sinvols gepraat word?

Kyk ook Tyd dat Koinonia egskeiding met NGK inisieer? (Daniel Louw, 18 Apr 24)

1 thought on “Kerkleiers wil nie broederlike gesprek met my voer”

  1. Die vraag in die gesprek wat Prof. Johan Janse van Rensburg, Bloemfontein, eerder sou moet vra bo enige ander vraag, en ook aan wie, en welke sy eie “denke struktuur” oop is (of was, of nie) vir GOD se Gees om mee te praat vir dekades lank. En hoe hy dit aan sy studente oorgedra het om Sy Stem waarlik en suiwer te hoor, hetsy of mens toegang tot ‘n Bybel het of nie – as gevolg van verskeie faktore – en hetsy of mens in ‘n “kerklike ruimte struktuur” sit al dan nie, of in ‘n Sandton Algemene Jaarvergadering van ‘n Publiek Genoteerde Maatskappy, of in ‘n SAPS “VALKE” kantoor, of die NG KERK SIONSRAND se leuenleraar en kerkraadslede en “CHINA sendeling” (en vorige leraar) se ruimtes in Port Elizabeth , hetsy in preke of by ‘n begrafnis, of in die ruimte van ‘n “gangster” op straat, of menige bedelaars in donker stegies, of saam met STRAATWERK in KAAPSTAD se middernagtelike werkspanne of met leuen AFM CROSSROADS/FATHERSHOUSE SA/VEK KABEGAPARK/LOGOS GEMEENTE/OXYGEN LIFE CHURCH/NG HEIDEVELD in Port Elizabeth of AGS DINAMIKA/NG SUID/NG SENTRAAL/KOMPASGEMEENTE te Vanderbijlpark – en menige ander ruimtes, hetsy fisies en of dan ook digitaal, en hetsy verbaal, visueel of skriftelik.

    Want in sulke ruimtes, leer mens hoe LELIK LEIER en LERAAR { teologies of in nie-teologiese konteks} -waarlik is.

    En dan sou die Prof. sy kop in skaamte sak….en homself plat sien voor die GOD in Openbaring 4 en 5, want hy het NOOIT studente geleer hoe om GOD te hoor en te sien in hul denke met die WOORD en die GEES nie, en nou sien hy (soos baie ander “konserwatiewe behoudendes”, hetsy NG/AGS/CHARISMATIES, hetsy teologies of nie), so baie sg. “lelike vrugte” van liberale denke, of politieke chaos/korrupsie, oorlog in ISRAEL en by bure, oorlog in UKRAINE en RUSLAND, VSA se groot politiese chaos in kognitiewe volwasse denke, en geen ware en diepe insigte in die verskeie motiewe, van al hierdie groot probleme nie. Behalwe ‘n baie oppervlakkige parallelle verwysing na die SKRIF.

    Want hul sien die handewerk van hul eie woorde, of aansporing daartoe, en ook bekragtiging daartoe.

    Prof. Johan – soos al bovermelde – het geen idee van PSALM 133 se ware ruimte nie, maar verlaat hul op GEESLOSE eksegese, instede van hul TROTS (‘PRIDE”) te laat buig voor Hom, omdat hulself elke een meen, hul IS die “struktuur” waarbinne GOD se GEES moet funksioneer, sonder om ooit waarlik, waarlik in persoonlike ruimtes, vir GOD vra om in SY OPENBARING4-ruimte te mag inbeweeg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui