Dit laat my dink aan die pous en Martin Luther

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Dit laat my dink aan die pous en Martin Luther | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

13 Junie 2024

Prof. Johan Janse van Rensburg se brief getiteld “Kerkleiers wil nie broederlike gesprek met my voer” (11.06) was vir my veelseggend.

Die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) roem hom daarop dat die kerk ’n “ruim huis” is wat vir vele mense met verskillende sieninge voorsiening maak.

Is die Vrystaatse NG Kerk nou ’n “smal huis” waar sommige vooraanstaande lidmate en teo­loë­ uitgehou en nie mee gekommunikeer moet word nie?

Toe ek die brief lees, dink ek onwillekeurig aan Martin Luther, vir wie die pous nie wou te woord staan nie.

Het ons nou hier met ’n pous­like Vrystaatse interim-moderamen te doen wat nie hul teoloë te woord wil staan nie?

Die kersie op die koek is die respons van die moderamen dat hulle nie hierdie proffie te woord wil staan nie “omdat hulle nie weet waaroor hy wil praat nie”.

Hoe is dit moontlik dat hulle so iets kan sê?

Almal wat Volksblad lees, weet tog presies waaroor die gesprek gaan en waaroor prof. Janse van Rensburg met die interim-komitee van die Vrystaat wil praat. Dit is tog immers herhaaldelik in die briewekolom bespreek en uitgelig.

Ook die moderator van die NGK, ds. Jan Lubbe, weet waaroor dit gaan, soos hy uitgespel het in sy brief “Protestante swyg nie, hulle praat en hulle luister” (12.04).

Moet ons nou aflei dat prof. Janse van Rensburg ’n Protestant is, want hy wil praat, maar die lede van die Vrystaatse sinode is nie Protestante nie, want hulle wil nie praat nie?

Het ds. Lubbe as die moderator nie ’n verantwoordelikheid om toe te sien dat gesprekvoering plaasvind nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui