Johannes (dissipel)

Johannes was een van Jesus se 12 dissipels. Hy was die skrywer van:

  • Die Evangelie van Johannes
  • 1, 2, en 3 Johannes
  • Openbaring

Lukas 9: (49)Toe sê Johannes: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdryf, en ons het hom probeer keer omdat hy U nie saam met ons volg nie.” (50)Maar Jesus sê vir hom: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vír julle.”

In Lukas 9:51-56 word vertel dat daar ‘n Samaritaanse dorpie was wat Jesus nie wou ontvang nie, waarop Johannes en Jakobus vir Jesus gevra het: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?”

Dit is waarskynlik as gevolg van hierdie insident dat hulle bekend gestaan het as Boanerges, wat beteken: “manne van die donder” (Mrk 3:17)

In die boek Johannes, verwys hy na homself as “die dissipel vir wie Hy [Jesus] baie lief was” (Joh 13:23; Joh 19:26; Joh 20:2; Joh 21:7; Joh 21:20)

Hy het die boek Openbaring geskryf terwyl hy na Patmos verban was en het waarskynlik daar gesterf. Hy was die enigste dissipel wat van natuurlike oorsake gesterf het.

Johannes, sy broer Jakobus, en Petrus was deel van Jesus se binnekring wat saamgeneem is op die berg toe Jesus verheerlik is en toe Moses en Elia aan hulle verskyn het (Mat 17:1-8; Mrk 9:2-8; Luk 9:28-36) en ook in die Tuin van Getsemane net voor Sy kruisiging (Mat 26:37).

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui