Paradoksale straf: die lot vir skrifgetroue protestante?

Paradoksale straf: die lot vir skrifgetroue protestante?

Arnold Griesel

30 April 2024

Psalm 119: 6-7 “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.” en;… laat my nie afdwaal van u gebooie nie.”

Die hoekstene van die gereformeerde protestantse geloof is gelê by die bekende sinode van Dordrecht in 1618-19. By hierdie vergadering is die Bybel, die Heilige Gees (HG) inspireerde geskrewe Woord van God en die drie Formuliere van geloofseenheid naamlik, die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) (in 1561 hoofsaaklik deur Guido de Brés geskryf wie ter wille van sy geloof op 31 Mei 1567 gehang is), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, universeel tot belydenisskrifte van die protestantse kerk verhef. (52 jaar na de Brés se dood volle erkenning). Ampsdraers van die gereformeerde kerke sou dit in eenheid voorts bindend eenparig onderskryf en gebruik.

Tot relatief onlangs kon daar gesê word dat die raison d’être, die mees belangrike doel en rede van die bestaan van die NGK die suiwer verkondiging van die Woord was. Die aansig van menige kanselkleed het gelees: “Só sê die Here” – as simboliese versekering van die suiwer verkondiging van die HG geïnspireerde Woord vanaf die kansel.

HELAAS, NIE MEER NIE

Die AS (Algemene Sinode) erken ʼn vasgeloopheid teenoor die Bybelse skrif. Om Sola Scriptura te omseil relativeer en sanksioneer die sinode besluite teenstrydig daarmee en so ook die geloofhoekstene (ondenkbaar 20 jaar gelede).

Regsinnige gemeentes bevind hulle so binne ʼn milieu waaraan hul geen deelname wil hê nie. Protes aksies volg. ʼn Aantal gemeentes skort hulle verband met die AS op.

Die AS reageer met regsmeninges daaroor ingewin en dui aan dat die kerkorde, as VEILIGE RUIMTE instrumenteel gebruik gaan word om met hierdie gemeentes te deel. Afdreiging? Skrifgesag relativeer?

Wil die AS dié gemeentes wie die amptelike 5 eeue oue protestantse belydenisskrifte steeds gehoorsaam daarvoor straf? Soos om te “veg vir vrede” ‘n paradoks is, is “die vervolging van die handhawing van die hoekstene van die gereformeerde protestantse geloof vir protestantse gelowiges ʼn paradoks en ʼn mala fide optrede. Is daar nog hoop?

Blywend na al hierdie handelinge beslag gekry het, (soos met de Brés, na 52 jaar) is God se woord wat steeds die jongeling se pad suiwer sal hou, deur dit te hou na Sy woord.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui