Vee maar eers voor jou eie deur

 

*******

Vee maar eers voor jou eie deur | Netwerk24

Henrietta Klaasing, Randfontein

26 Junie 2024

Dr. Nioma Venter (23.06) reken dat die NG Kerk (NGK) vir die regering ’n les kan leer om van eiebelang te vergeet en by vaste beginsels te bly.

Verder sê sy die NGK pak ongeregtighede en ongelykheid aan en daar is ’n taakspan wat ’n geskrif saamstel om kerke te help om gesprekke aan die gang te kry wat eenheid en versoening bemiddel. Hoe kan ek as lidmaat van die NGK se leierskorps glo, wat na my mening bepaalde teologiese en kerkordelike beginsels prysgegee het?

Daar is ’n hele aantal gemeentes en lidmate wat standpunt inneem teen onbybelse besluite wat op algemene sinode-vergaderings geneem is.

Vir my lyk dit asof hulle self nie die pad van eenheid en versoening loop nie en aan hulself magte toeëien wat nie op die gereformeerde leer geskoei is nie.

Moet die NGK-leierskorps nie na hul eie preek luister, die daad by die woord voeg en liewer­ voor hul eie deur vee nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui