Mense in die Bybel wie se name verander is

Kyk ook:

Wanneer God ‘n persoon se naam verander, was dit gewoonlik om die persoon ‘n nuwe identiteit of nuwe roeping te gee.

Die volgende mense in die Bybel se name is verander of hulle het ‘n spesifieke naam van geboorte gekry:

Ou naam Nuwe naam Verwysing
Verandering ter wille van betekenis
1 Ismael Genesis 16:11
2 Abram Abraham Genesis 17:5
3 Sarai Sara Genesis 17:15
4 Jakob Israel Genesis 32:28
5 Simon Petrus Matteus 16:18, Johannes 1:42
6 Ben-Oni Benjamin Genesis 35:18
7 Naomi Mara Rut 1:20
8 Salomo Jedidja 1 Kronieke 22:9, 2 Samuel 12:24-25
9 Sagaria Johannes die Doper Lukas 1:13,59-64
10 Jesus Matteus 1:21
Ander redes
11 Josef Safenat-Paneag Genesis 41:45
12 Daniël Beltsasar Daniël 1:7
13 Gananja Sadrag Daniël 1:7
14 Misael Mesag Daniël 1:7
15 Asarja Abednego Daniël 1:7
16 Saulus Paulus Handelinge 13:9

Redes

  1. Ismael beteken God hoor
  2. Abram beteken “geëerde vader”, Abraham beteken “vader van nasies”. God het sy naam verander om hom te herinner aan die belofte wat God aan hom gemaak het.
  3. Sarai se oorspronklike naam beteken “geëerde moeder”, terwyl Sara “prinses” of “moeder van ‘n heerser van nasies” beteken. Hierdie naamsverandering dui daarop dat God Sara vir Sy diens en doeleindes gekies het.
  4. Die naam Jakob (Ya’akov) herinner aan die Hebreeuse woord vir “hakskeen” (akev) (Gen 25:26). Dit is ook baie naby aan die Hebreeuse woord vir “bedrieg” (akov) (Gen 27:36). God het sy naam na Israel verander om hom ‘n nuwe identiteit te geen – “Israel” (Hebreeus = Yisra’el) beteken “stryder met God” of “God stry”. Dit kom van die Hebreeuse woorde “Yisra” (stry) en “El” (God).
  5. Petrus beteken “rots”. Die naam “Petrus” was ‘n simbool van krag, stabiliteit en leierskap, en sou ‘n herinnering wees aan die fondasie van die kerk.
  6. Ragel het gesterf terwyl sy geboorte geskenk het aan Benjamin. Net voor sy gesterf het, het sy hom Ben-Oni genoem, wat “Swaarkryseun” beteken. Jakob het hom egter Benjamin genoem, wat “Regterhandseun” beteken.
  7. Naomi beteken “aangenaam”, “soet”, “lekker” of “mooi”. Weens haar swaarkry het sy haar naam verander na Mara, wat “bitter” beteken.
  8. Volgens 1 Kronieke 22:9 het God bepaal dat Dawid se seun “Salomo” genoem sou word. Die naam Salomo is afgelei van die Hebreeuse woord “shalom”, wat vrede beteken. In 2 Samuel 12:24-25 word genoem dat Salomo ook Jedidja genoem is, wat beteken “die Here het hom lief”. Hierdie naam kom slegs een keer in die Bybel voor.
  9. Hulle wou Johannes die Doper aanvanklik Sagaria noem, maar hulle het hom Johannes genoem, soos die engel aan Elisabet gesê het. Sagaria beteken “God onthou”. Johannes beteken “deur God begenadig”.
  10. Die engel wat aan Maria verskyn het, het gesê dat sy haar seuntjie “Jesus” moes noem. Jesus beteken “God is verlossing”.
  11. Die farao het Josef ‘n Egiptiese naam gegee.
  12. Koning Nebukadneser het Daniël ‘n Babiloniese naam gegee.
  13. Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam (soos Daniël).
  14. Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam (soos Daniël).
  15. Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam(soos Daniël).
  16. Die naam Paulus word in Handelinge 13:9 en verder gebruik, maar dit is nie ‘n naamsverandering nie, maar eerder ‘n verskuiwing in die manier waarop Lukas, die skrywer van Handelinge, na Saulus verwys. Hierdie verskuiwing kan wees as gevolg van die feit dat Paulus ‘n Romeinse burger was en die naam Paulus was meer algemeen in die Romeinse wêreld gebruik.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui