Kerkleiers, waarmee is julle besig?

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Brief: Kerkleiers, waarmee is julle besig? – Kerkbode

27 Junie 2024

Prof Johan Janse van Rensburg van Bloemfontein skryf: Nadat my briewegesprek met ds Jan Lubbe in Volksblad kortgeknip is, het die interimkomitee van die moderamen van die Vrystaat ’n verklaring uitgereik. Daarin word ontevredenheid uitgespreek met kerklike sake wat in die openbare media aangespreek word. Die versekering is deur die verklaring beklemtoon dat kerklike strukture se deure oop is om kerklike sake te bespreek.

Op grond hiervan het ek ’n amptelike versoek gerig om met die moderamen in gesprek te tree. Vir weke het ek geen antwoord gekry nie, maar die aand voor die vergadering stel die skriba my in kennis dat die moderamen my onmoontlik te woord kan staan omdat hulle nie weet waaroor ek wil praat nie.

Tóg het ek in my versoek duidelik geskryf: “Ek het kennis geneem van ’n skrywe van die interimkomitee met betrekking tot korrespondensie in die openbare pers. Aangesien ek onlangs briewe by Volksblad gehad het, en aangesien my antwoord aan ds Jan Lubbe nie vir publikasie aanvaar is nie, en aangesien die interimkomitee met ’n skrywe aan predikante en lidmate gereageer het, versoek ek die moderamen van die Vrystaat om ’n onderhoud by die eersvolgende vergadering aan my toe te staan.” Hieruit is dit tog duidelik waaroor die gesprek sou gaan. Dit is ook duidelik dat daar geen wil is om met my te praat nie.

Prof Hoffie Hofmeyr se onlangse skrywe in Kerkbode word deur my eie ervaring bewys. In my antwoord op die skriba van die moderamen se telefoniese boodskap het ek geskryf: “Waarmee is julle besig?” Hoffie se brief het vir my die antwoord gegee. Daar is ’n duidelike strategie van kerkleiers om die dringende noodsaaklike gesprek met besorgde lidmate oor die gesag van die Skrif te ontduik. Intussen verloor die NG Kerk al hoe meer integriteit omdat “sola Scriptura” geroep word, maar die gesprek daaroor word opsigtelik vermy.

Kommentaar

xxx

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui