Wat is ‘waarheid’ wat op plein uitgestal hoort?

Kyk ook:

 

*******

Wat is ‘waarheid’ wat op plein uitgestal hoort? | Netwerk24

Daan Nortier, Bloemfontein

05 Julie 2024

Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk (NGK), skryf Woensdag in Volksblad in die debat oor die lot van die Afrikaanse koerante: “Afrikaanse kerke kan ’n lament aanhef: ‘Ja, op die dorpsplein struikel die waarheid, en die Here is verbaas dat niemand tussenbeide tree nie’ ” (Jes. 59:14).

Die debat oor die koerante se lot is noodsaaklik. Dit verdien die erns en fokus wat dit kry, ook in Volksblad se briewe.

Volksblad se briewe is ’n kultuurskat weens die ryk verskeidenheid van onderwerpe wat naby aan lesersharte uiting vind.

’n Vername debat in hierdie toonaard woed juis in hierdie tyd om die grootste Afrikaanse kerk, die NGK. Wat hier afspeel, verg ook ’n lamentasie in presies dieselfde woorde soos die moderator dit aanhaal.

Wat speel in die kerk af? Bloot ’n twisgesprek tussen “broers”, of ’n geveg tussen vyande? Watter waarheid struikel daaroor op die stadsplein? Meer pertinent, is die Here daaroor verbaas?

Vele lesers van die briewe oor die onderwerp is stomverbaas dat die graf swyg oor onontbeerlike, lewensnoodsaaklike gesprekke oor die onderwerp, wat nie in plek kom nie. Wat is die “waarheid” wat op die stadsplein uitgestal hoort?

Verskeie briewe is hier geplaas van bekende kerkleiers wat skynbaar ’n koue skouer kry wanneer hulle gesprek vra. Hoekom? Daardie briewe vra tog reaksie­, of hoe?

Alles wentel immers om die Bybel, wat uitgesproke is oor hoe gelowiges geskille moet ondervang. Daaroor kan predikante preek tot die biesies bewe, maar waar is die demonstrasie van die Bybelse inhoud oor die onderwerp?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui