Kyk ook:
Hier volg ’n paar notas oor Adam:
Inhoud: God vertel aan Adam hoe hy geskep het, Adam in die Bybel
Adam was die eerste geskape mens. Hy is op die sesde dag geskape, saam met al die landdiere, ongeveer 4004 vC.
Eva is ook op die sesde dag geskape (Gen 1:27-29), maar uit Genesis 2, wat meer breedvoerige inligting verskaf, lei ‘n mens af dat Eva eers later die dag geskape is nadat Adam vir al die diere name gegee het.
Die woord “Adam” kom vir die eerste keer in Genesis 4:25 voor in die Bybel. In Genesis 1-3 word na hom verwys as “die mens”.
Voordat Adam in die Tuin van Eden gesondig het (Gen 3), het hy en Eva vir God op ‘n intieme, persoonlike vlak geken. Hulle het saam met Hom in die Tuin gewandel (Gen 3:8) en direk met Hom gepraat. As gevolg van die sonde van die mens, is ons van God verwyder en afgesny.
God vertel aan Adam hoe hy geskep het
Omdat daar geen menslike ooggetuies was tydens die skeppingsweek het, het God waarskynlik vir Adam vertel hoe Hy geskape het terwyl hulle in die tuin gestap het. Siende dat Adam 930 jaar oud geword het, kon hy dit aan baie mense vertel totdat iemand dit waarskynlik opgeskryf het (kyk Tabletteorie).
Adam in die Bybel
Die woord “Adam” kom op die volgende plekke in die Bybel voor:
Gen 1-3 | Die woord “Adam” word nie gebruik nie, maar “die mens”. |
Gen 4:25 | Geboorte van Set |
Gen 5 | As deel van die geslagsregister in Genesis 5. Adam het 930 jaar oud geword. |
1 Kron 1 | As deel van die geslagsregister in 1 Kronieke. |
Luk 3:38 | As deel van die geslagsregister in Lukas. |
Rom 5:12-21 | Die ooreenkoms tussen Adam en Christus: Deur die oortreding van een mens (Adam) het sonde in die wêreld gekom en deur die gehoorsaamheid van een mens (Jesus) is die sonde oorwin. |
1 Kor 15:22,45 | Die dood het deur een mens (Adam) gekom en die opstanding uit die dood het ook deur een mens (Christus) gekom. |
1 Tim 2:13-14 | Paulus maak uitspraak dat die vrou onderdanig moet wees aan die vrou omdat Adam eerste geskape is |
Judas 1:14 | “Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag ná Adam was, geprofeteer het.” |
Kyk ook
- Did God literally and visibly walk in the garden (Genesis 3:8)? (Got questions)
- Adam (Wikipedia)
- Eve’s Birth Certificate (AnswersInGenesis)