Eva

Hier volg ’n paar notas oor Eva:

Eva was die tweede geskape mens, na Adam.

Eva is ook op die sesde dag geskape (Gen 1:27-29), maar uit Genesis 2, wat meer breedvoerige inligting verskaf, lei ‘n mens af dat Eva eers later die dag geskape is nadat Adam vir al die diere name gegee het.

Eva is geskape uit Adam se ribbebeen. Dit word in Genesis 2:20-25 beskryf.

Die woord “Eva” kom vir die eerste keer in Genesis 3:20 voor: Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

Voor dit word na Eva as “vrou” verwys.

Eva in die Bybel

Die woord “Eva” kom op die volgende plekke in die Bybel voor:

Gen 3:20 Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.
Gen 4:1 Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword.
2 Kor 11:3 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.
1 Tim 2:13 Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui