Lees die Bybel deur die bril van belydenisskrifte

Kyk ook:

Dawie de Wet het die volgende reaksie geskryf op Riki Branford van Hartenbos (6 Aug 2024). Netwerk24 het dit egter nie geplaas nie

**********

Dawie de Wet, Willowmore.

Riki Branford van Hartenbos (06.08) meen dat die groep in die kerk wat “opstaan vir geloof” haar skaam maak en eerder “oorlog, armoede en ongeregtigheid moet beveg.”

Ek wil haar vra om ook na ‘n ander perspektief te kyk: Gelowiges verskil omdat elkeen die Bybel deur sy eie “bril” lees. Alle Gereformeerdes het ooreengekom om die Bybel deur die “bril” van ons belydenisskrifte te lees. Lidmate beloof dit by belydenisaflegging en predikante beloof by legitimasie om die Bybel volgens hierdie belydenis te verkondig en te verdedig. Volgens hierdie belydenis leer die Bybel dat jy drie dinge jou eie moet maak vir jou saligheid: (i) dat alle mense verlore sondaars op pad na die verderf is; (ii) dat God in Jesus mens geword het om aan elke verlore sondaar wat in Hom as verlosser glo, die ewige lewe te gee en (iii) dat jou hele lewe van jou dankbaarheid teenoor die Here Jesus vir sy verlossingswerk sal getuig.

Dit is dus nie ‘n kwessie van óf-óf nie, maar van én-én. ‘n Kerk wat nie omgee vir die noodlydendes nie, wys geen dankbaarheid vir verlossing uit sonde nie. Dit is eintlik ‘n dooie kerk (Jak. 2:26). Maar ‘n kerk wat omgee vir noodlydendes sonder om die Evangelie van verlossing in Jesus voorop te stel, is ‘n valse kerk (1 Joh 4:1-6).

**************

Sinvolle gesprek oor Spele-opening | Netwerk24

Riki Branford, Hartenbos

06 Augustus 2024

Ds. Zander van der Westhuizen se denke oor Leonardo Da Vinci se Laaste Avondmaal en die Olimpiese Spele (“Vryheid, gelykheid en veral broederskap”, 03.08) se opening is uitstekend.

Sy perspektief dra gewig vir my as Christen. Die “opstaan vir geloof” teenoor swyg oor oorlog, armoede en ongeregtigheid laat my in swye skaam kry. Hoe nou gemaak? Dink weer na, soos sy punte so mooi en teer uitlig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui