RSG: ‘Heksejag en boeliegedrag’: NG-moderator reageer

Onderhoud met ds. Jan Lubbe op RSG

Kliek HIER om te luister.

In Blik op die Kerkorde: Word dit moeiliker om beswaar teen besluite van die Algemene Sinode te maak? (13 Sep 2024) reageer Johann Ernst op hierdie onderhoud.

Kommentaar

Daniel Louw

In effek sê Jan Lubbe vir Koinonia Sinode (KS) dat hulle die amptelike roetes moet volg. Die amptelike roete is dat gemeentes besprekingspunte na streeksinodes moet neem en dan besluit die streeksinode of dit na die algemene sinode geneem moet word vir bespreking of besluitneming.

Behoudendes het hulle egter vasgeloop teen hierdie amptelike roete – dit het keer op keer misluk (kyk Lys van pleitskrifte aan NG Kerk leierskap).

Die vraag is: Wat kan Koinonia Sinode baat by ‘n gesprek met die moderator, Jan Lubbe, of selfs die ASM (algemene sinode moderamen). Hierdie vraag is al in die verlede gevra, maar daar is steeds geen antwoord nie (Koinonia en die NGK: Skeuring is al oplossing (4 Apr 2024)).

Jan Lubbe kan niks van sy kant af doen om iets te verander nie. Hy gaan ook nie sy persoonlike standpunt verander nie. Dieselfde geld vir die ASM. Hoe sou die ASM vir KS kon akkomodeer? Hierdie liberale besluite kan net by die Algemene Sinode omgedraai word.

Tyd dat Koinonia egskeiding met NGK inisieer?

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui