Verwysings in die Nuwe Testament dat Moses die Wet opgeskryf het

Verwysings in die Nuwe Testament dat Moses die Wet opgeskryf het tydens die uittog uit Egipte.

  1. Matteus 1:19
  2. Matteus 8:4
  3. Matteus 12:5
  4. Matteus 17:3,4
  5. Matteus 19:7,8
  6. Matteus 22:24
  7. Matteus 23:2
  8. Markus 1:44
  9. Markus 7:10
  10. Markus 9:4,5
  11. Markus 10:3,4
  12. Markus 12:19,26
  13. Lukas 2:22
  14. Lukas 5:14,17
  15. Lukas 9:30,33
  16. Lukas 10:26
  17. Lukas 16:29,31
  18. Lukas 20:28,37
  19. Lukas 24:27,44
  20. Johannes 1:17,45
  21. Johannes 3:14
  22. Johannes 5:45,46
  23. Johannes 6:32
  24. Johannes 7:19,22,23
  25. Johannes 8:5
  26. Johannes 9:28,29
  27. Handelinge 3:22
  28. Handelinge 5:34
  29. Handelinge 6:11,13,14
  30. Handelinge 7:20,22,27,29,30,31,32,35,36,37,40,44
  31. Handelinge 13:37
  32. Handelinge 15:1,5,21
  33. Handelinge 21:20,21,28
  34. Handelinge 22:12
  35. Handelinge 26:22
  36. Handelinge 28:23
  37. Romeine 2:12,17,25
  38. Romeine 3:19
  39. Romeine 4:13
  40. Romeine 5:13,14
  41. Romeine 6:14,15
  42. Romeine 7:1,7
  43. Romeine 9:4,15
  44. Romeine m 10:5,19
  45. 1 Korintiërs 9:9
  46. 1 Korintiërs 10:2
  47. 2 Korintiërs 3:7,13,15,16
  48. Galasiërs 2:16
  49. Galasiërs 3:2,18,21
  50. Galasiërs 4:21
  51. Galasiërs 5:3
  52. Galasiërs 6:13
  53. Efesiërs 2:15
  54. Filippense 3:6
  55. 2 Timoteus 3:8
  56. Titus 3:9
  57. Hebreers 3:2,3,5,16
  58. Hebreers 7:11,14
  59. Hebreers 8:5
  60. Hebreers 9:19
  61. Hebreers 10:1,28
  62. Hebreers 11:23,24
  63. Hebreers 12:21
  64. Judas 1:9
  65. Openbaring 15:3

1 thought on “Verwysings in die Nuwe Testament dat Moses die Wet opgeskryf het”

  1. Word Moses se skrywes ooit na waarde geskat in die moderne milieu? Moses het wat hy geskrywe het, tog nie uit sy eie beleefruimte sommer uitgedink nie, maar gehoor by GOD, en dít neergeskryf. Het self in die sekulêre domein beleef, hoe mede-kollegas, bestuurders, ‘’base’’, ouditeure, prokureurs/advokate, ingenieurs, ensomeer, spreekwoordelik die mond toehou voor mens, of net bepaalde sogenaamde ‘’feitelike waarhede’’ spreek, maar nie die VOLLEDIGE waarheid nie, ensovoorts. Of selfs nie wíl wéét van die volledige feitelike konteks in menige saak nie, veral m.b.t soveel ander inligting rondom sake-transaksies en binne ‘n organisasie-verband, wat die omstandighede en diep motiewe van spesifieke, en selfs ander transaksies of sfere (hetsy verwant of nie) kan beswaar, wat strategieë van staat en sake- wêreld moontlik kan ontbloot – en die beursie leegtap. En dit terwyl hul weet, of ten minsste vermoed, of selfs ‘n suspisie koester, daar is groot, groot verdraaiing van feite en waarhede (en/of selfs pogings daartoe), maar is uiters goed geskoold in diplomatiek en die gebruik van woorde en nuanses en gewigte, om gesprekke/funksies/aksies sodanig te bestuur, net om die sélf onbetrokke te maak, of die ‘’saak’’ weg te draai van ‘n totale ontsporing, ten einde ánder agendas (meestal verskuil) te bestuur. Niks anders as ‘n vorm van blatant oneerlikheid nie. WEET GOD dan nie van hul motiewe óók nie? Dit beleef selfs by LERAARS/PASTORE oor baie jare, van alle mense, en menige lid van hul kerkrade. Die HERE laat dinge toe, en kyk wat die mens doen, maar hul meen, HY is blind en doof, terwyl hul Sy toets met lof druip.

    Neem ter voorbeeld maar dié enkele woorde van MOSES hiernaas. Word daar ooit in kerkruimtes nog gepreek hieroor, en voorbeelde gegee? Die kerkruimtes, het sitplekke vir ‘’duiwel-ore’’ geword, want soveel sit in die kerk, en leraar en lid ‘’liefkoos’’ mekaar inniglik, uiters intiem selfs, in ‘n ‘’woorde-spel’’ van bedrog en misleiding, terwyl lidmaat blatant oneerlik is by die werk (en kerk), en leraar by die kerk (en in sy eie binnekamerlewe by GOD):

    © Bybelgenootskap van Suid -Die Bybel 2020-vertaling: HOOFLETTERUITGAWE
    Eksodus 23
    1“Jy mag nie valse gerugte versprei nie. Moenie saamspan met ‘n skuldige deur ‘n kwaadwillige getuie te wees nie. 2Jy mag nie die meerderheid volg in verkeerde dade nie. Jy mag nie in ‘n saak getuig en die reg verdraai deur jou by die meerderheid te skaar nie. 3’n Arm persoon mag jy nie in sy regsaak bevoordeel nie.
    4Wanneer jy afkom op jou vyand se bees of donkie wat ronddwaal, moet jy dit beslis na hom terugneem. 5Wanneer jy iemand wat jou haat se donkie onder sy vrag sien lê, mag jy dit nie aan hom oorlaat nie. Jy moet hom beslis daarmee help.
    6Jy mag die reg van die behoeftiges by jou nie verdraai in hulle regsake nie. 7Van vals beskuldigings moet jy wegbly. Die onskuldige en regverdige moet jy nie om die lewe bring nie, want Ek sal ‘n skuldige nie regverdig verklaar nie. 8Omkoopgeskenke mag jy nie aanvaar nie, want ‘n omkoopgeskenk verblind hulle wat kan sien en verdraai die woorde van regverdiges.
    9’n •Vreemdeling mag jy nie verdruk nie. Julle weet self hoe dit voel om ‘n vreemdeling te wees, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
    10“Ses jaar lank mag jy jou lande saai en die opbrengs daarvan insamel; 11maar die sewende jaar moet jy dit onbewerk en braak laat lê, sodat die behoeftiges onder jou volk kan eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere eet. Jy moet dieselfde doen met jou wingerde en jou olyfboorde.
    12Ses dae lank moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy ophou werk, sodat jou beeste en jou donkies kan rus, en jou slavinne se seuns en die vreemdelinge kan asemskep.
    13Alles wat Ek vir julle gesê het, moet julle nakom. Die name van ander gode mag julle nie aanroep nie; dit mag nie uit julle monde gehoor word nie.

    © Bybelgenootskap van Suid – Bybel vir almal 2007
    Eksodus 23
    In die hof
    1“Jy mag nie skinder van ander mense nie. Jy mag nie leuens vertel om iemand te help wat skuldig is nie. 2Jy moet altyd die waarheid in die hof vertel. As jy moet vertel wat gebeur het, en baie ander mense vertel leuens, dan mag jy nie saam met hulle leuens vertel nie. 3Jy mag ook nie goed wees vir ‘n arm mens in die hof net omdat hy arm is nie.”
    Beeste en donkies
    4“Wanneer jy ‘n bees of ‘n donkie van jou vyand kry en die bees het weggeloop of verdwaal, dan moet jy dit vir hom terugbring. 5Wanneer jou vyand se donkie val omdat hy te swaar moet dra, en jy sien dit, dan moet jy die donkie help. Jy mag hom nie daar los nie.”
    Wette oor die hof
    6“Jy moet in die hof reg doen aan ‘n arm mens. 7Jy moenie luister na leuens nie, want dan sal jy miskien ‘n onskuldige mens laat doodmaak. Ek, die Here, sal nooit sê ‘n skuldige mens is reg nie. 8Mense gee partymaal vir jou ‘n present en dan wil hulle hê jy moet sê hulle is reg. Jy mag nie die present neem nie, want dit laat jou verkeerd sien en verkeerd dink. Dan doen jy nie reg aan mense wat onskuldig is nie. 9Jy mag nie slegte dinge doen aan ‘n vreemdeling nie. Julle weet self hoe hy voel, want julle was ook vreemdelinge in Egipte.”
    Die sewende jaar en die sewende dag
    10“Julle moet ses jaar lank op julle grond saai en die koring of die gars bymekaarmaak. 11In die sewende jaar moet julle die grond los, julle moenie dan in die grond werk en die koring of die gars afsny nie, sodat die arm mense iets kan kry om te eet. En as die arm mense iets laat oorbly, dan kan die wilde diere dit eet. Julle moet dieselfde doen met julle wingerde en julle olyfbome. 12Julle moet ses dae lank julle werk doen, maar op die sewende dag moet julle nie werk nie. Dan kan julle beeste en julle donkies rus, en ook julle slawe en die vreemdelinge.”
    Ander gode
    13“Julle moet gehoorsaam wees en alles doen wat Ek vir julle gesê het, julle moet dit presies so doen. Julle mag nie tot ander gode bid nie. Julle mag nooit van ander gode praat nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui