Bly binne raamwerk van Woord

Kyk ook:

Kyk ook Klagtes oor kerk gewoon onsin (27 Sep 2024) waarin Jan Lubbe op hierdie artikel reageer.

*******

Bly binne raamwerk van Woord | Netwerk24

Gert Lange, Germiston

23 September 2024

Die berig “Konstruktiewe gesprek nodig in NG strukture” (12.09) het betrekking. As die NG Kerk (NGK) se moderator in konstruktiewe gesprekke tree, sal daar nie bekgevegte in die media plaasvind nie. Die NGK kan nie van binne reformeer as jy nie die kerk behoorlik kan bestuur en probleme hanteer nie.

Die moderator wil buite die veilige raamwerk van die Woord gesprek voer. Dit kan nooit gedoen word nie. Die moderator is self ’n predikant en behoort van beter te weet as om mense doelbewus te mislei en sy agenda te dryf en verandering op ander te probeer afdwing. Die ASM het tweespalt in die NGK veroorsaak deur die “ruim huis”-benadering wat buite die Woord van God is. Daar bestaan nie ’n “one size fits all”-kerk nie. Daar kan slegs eenheid in waarheid wees.

Die huwelik is deur God daargestel en die doel van die huwelik is om ’n nageslag voort te bring.

Selfdegeslag-huwelike slaag nie die toets nie.

Na my mening is dit noodsaaklik vir die Koinonia-sinode om parallelle strukture te skep omdat daar geen gehoor gegee word aan hul besware nie. Wat wil hulle met gesprekke met die ASM bereik? Omdraai kan die behoudendes nie. Saam op reis met die dwalendes gaan ook nie werk nie, want ons loop in twee verskillende rigtings en sal mekaar nooit vind nie.

Wat het geword van eerbaarheid en eerlikheid in die NGK? Die ASM steur hulle nie eens aan God se Woord nie.

Solank as wat ons onder meer die volgende doen, sal dit die einde van die NGK beteken­: In die Wes-Kaap trou gays; Stellenbosch Kweekskool hou ’n queer-konferensie; ’n gay-nagmaal by NGK Wellington Spirituele Sentrum; die ASM-voorsitter ontken Jesus as die enigste verlosser in sy RSG-onderhoud, ensovoorts.

God sal die NGK aan sy boosheid oorgee om homself te verwoes as daar nie radikale bekering kom nie. My vraag is hoekom weet ons dit nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui