Dít gaan NGK laat aanhou agteruit boer

Kyk ook:

*******

Dít gaan NGK laat aanhou agteruit boer | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

26 September 2024

Nadat ek Gert Lange van Germiston se skrywe “Bly binne raamwerk van Woord” (23.09) gelees het, het ek besef daar sit diep denkers daar langs daardie berghope van goudgrond in Germiston.

Gert is korrek. Die NG Kerk se Algemene Sinode se “ruim huis”- grense is heeltemal buite die veilige raamwerk van die Woord van God en dit is die bron van tweespalt in die NG Kerk.

Hierdie nuwe ruim-huis-grense het help verseker dat byna enige dwaalleer nou geakkommodeer kan word en het die weg gebaan dat die liberale humaniste asook die gay-lobby die kerk kan binnesypel en dit kaap.

Dit het veroorsaak dat daar tans onoorkomelike verskille in die NG Kerk ontstaan het. Vir skrifgetroue dolerendes is die opsie van getroude gay dominees op die preekstoel heeltemal onaanvaarbaar. Die gay-gesindes en gay-lobby sal nooit toelaat dat hierdie nuwe NG Kerk-gay-kerkdogma verander word nie. Hierdie nuwe dwaalleer-beleid gaan veroorsaak dat die NG Kerk slegs agteruit sal aanhou boer, terwyl die skrifgetroues en die NG Kerk-Koinonia-sinode gaan groei, soos wat duidelik sigbaar is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui