Lynreg in teenstelling met die Heilige Skrif

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Lynreg in teenstelling met die Heilige Skrif | Netwerk24

Philip Coetzee, Strand

12 November 2024

In sy boek Opstanding (bl. 68) verduidelik prof. Julian Müller dat die opstanding van Jesus metafories, figuurlik of letterlik vertolk kan word, maar ook mitologies gelees moet word.

“Ons (eie) verhaal van God het dié verhaal van God geword, het dit self God geword.” Moet ons dit verstaan dat elke persoon hul eie Godsbegrip kan formuleer volgens hoe hulle dit graag wil ervaar en nie voorskriftelik volgens die Bybel se lering nie?

Liberaliste, of verligtes, soos sommige van hulle na hulself verwys, bevat heelwat eienskappe van postmodernisme, sosialisme, humanisme en die Jesus-Seminaar-kultus. Hierdie “hervormers” wil die Bybel voorstel as ’n boek vol teenstrydighede en mensgemaakte ideologieë. In ’n doktorale verhandeling stel ’n persoon verbonde aan die Hugenote-kollege dit onomwonde dat die Nuwe Testament in sy geheel nie feitelik korrek is nie, maar moontlike versinsels of “pessimistiese begrippe van ’n skrywer om soteriologiese oortuiging te akkommodeer”. Hy noem ook die skrywer in die NT was “beïnvloed deur aspekte van dualistiese wêreldbeskouings”, byvoorbeeld die Paulus-briewe.

Met ander woorde, die Bybel vertel nie ’n volle waarheid nie, daarom stel hulle dit voorop dat akademiese kennis, die wetenskap en etiek, die norm moet wees van interpretasie bo die norm wat die Bybel uitlig.

Vern Poythress, bekende Amerikaanse teoloog en filosoof, beskryf liberalisme as ’n neiging of beginsel wat die Bybel fundamenteel gelykvormig met alle ander menslike gebeure of verstaan wil plaas. Hierdie verstaan is lynreg in teenstelling met die Heilige Skrif. Sal die bogenoemde “hervormers” deur hul eie ideologieë in ’n staat van beskuldiging voor God verskyn: die aanklag: Vals Profete? Sal die verdedigers van die “verligtes”, soos dr. Johan Botha van Oostelike Sinode, die Algemene Sinode van die NG Kerk, en andere, bereid wees om hul advokate te wees soos nou die geval is?

Kommentaar

Die persoon verbonde aan die Hugenote-kollege is Yolande Steenkamp. Kyk ook Oostelike Sinode (Ferdie Mulder, Youtube, 21 Okt 2024).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui