Konings van die Ou Testament

Hier volg ‘n lys van al die konings in die Ou Testament. Die datums is volgens James Ussher.

Voor die skeuring van die ryk

Saul

  • Engels: Saul
  • Word koning: 1095 vC
  • Jare geregeer: 40
  • Oorlede: 1095-40 = 1055 vC
  • Vader: Kis
  • Opvolger: Dawid, seun van Isai
  • Hoe gesterf: Selfmoord (1 Sam 31:4; 1 Kron 10:4)
  • Goed/sleg: Sleg

Hand 13: (21)… Hy het veertig jaar lank geregeer.

Dawid

  • Engels: David
  • Ouderdom: 30
  • Word koning: 1055 vC
  • Jare geregeer: 40 jaar
  • Oorlede: 1015 vC = 1055-40 (30+40 = 70 jaar oud)
  • Vader: Isai (Rut 4:22; 1 Sam 16)
  • Opvolger: Salomo
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood
  • Goed/sleg: Hy was amper ‘n rolmodel. Hy was nie sonder foute nie, maar het altyd teruggekeer na God

2 Sam 5: (4)Dawid was dertig toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar geregeer.

1 Kon 2: (11)Die duur van sy regering oor Israel was veertig jaar. In Hebron was hy sewe jaar lank koning, en in Jerusalem drie en dertig jaar.

Salomo

  • Engels: Solomon
  • Ouderdom: 1034-1015 = 19 jaar oud (Ussher)
  • Word koning: 1015 vC
  • Jare geregeer: 40 jaar
  • Oorlede: 975 vC = 1015-40 (1034-975 = 59 jaar oud)
  • Vader: Dawid
  • Opvolger: Rehabeam
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood
  • Goed/sleg: Baie goed begin, maar hy het toegelaat dat sy vroue hom verlei het om afgode te aanbid (1 Kon 11:33, Nehemia 13:26)

1 Kon 11: (42)Salomo was veertig jaar koning in Jerusalem oor die hele Israel.

2 Kron 10: (30)Salomo was veertig jaar koning in Jerusalem oor die hele Israel.

Juda

Rehabeam

  • Engels: Rehoboam
  • Ouderdom: 41 (1 Kon 14:21, 2 Kron 12:13)
  • Word koning: 975 vC
  • Jare geregeer: 17 jaar
  • Oorlede: 958 vC = 975-17
  • Vader: Salomo
  • Opvolger: Abia
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 14:31)
  • Goed/sleg: Sleg

1 Kon 14: (21)Rehabeam seun van Salomo was intussen koning van Juda. Rehabeam was een en veertig toe hy koning geword het en hy was sewentien jaar koning in Jerusalem, …

2 Kron 12: (13)Koning Rehabeam het ‘n stewige houvas op die koningskap in Jerusalem gehad en het aangehou regeer. Hy was een en veertig toe hy koning geword het en was sewentien jaar lank koning in Jerusalem, die stad wat deur die Here onder al die Israelitiese stamme gekies is om sy Naam daar te vestig. Rehabeam se ma was Naäma, ‘n Ammonitiese vrou.

Abia

  • Engels: Abijah
  • Word koning: 958 vC (Na Rehabeam = 18de regeringsjaar van Jerobeam = 975-17 = 958 vC)
  • Jare geregeer: 3 jaar
  • Oorlede: 958-3 = 955 vC
  • Vader: Rehabeam (2 Kron 12:16, 1 Kron 3:10)
  • Opvolger: Asa (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 15:8)
  • Goed/sleg: Sleg

1 Kon 15: (1)In die agtiende regeringsjaar van Jerobeam seun van Nebat het Abia koning oor Juda geword, (2)en hy het drie jaar in Jerusalem geregeer.

2 Kron 13: (1)In die agtiende regeringsjaar van koning Jerobeam het Abia koning oor Juda geword, (2)en hy het drie jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Miga ‘n dogter van Uriël, uit Gibea. Daar het oorlog tussen Abia en Jerobeam uitgebreek.

Asa

  • Engels: Asa
  • Word koning: 955 vC (Na Abia, 20ste regeringsjaar van Jerobeam)
  • Jare geregeer: 41 jaar
  • Oorlede: 955-41 = 914 vC
  • Vader: Abia (1 Kron 3:10)
  • Opvolger: Josafat (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 15:24, 2 Kron 16:12)
  • Goed/sleg: Goed

1 Kon 15: (9)In die twintigste regeringsjaar van koning Jerobeam van Israel het Asa koning geword van Juda. (10)Hy het een en veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ouma was Maäka, ‘n dogter van Abisalom. …(24)Asa … Sy seun Josafat het hom as koning opgevolg.

2 Kron 14: (1)Abia is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom as koning opgevolg en in dié se tyd het die land tien jaar lank vrede gehad.

2 Kron 16: (12)In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa ‘n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters. (13)Hy is oorlede in die een en veertigste jaar van sy regering.

Josafat

  • Engels: Jehoshaphat
  • Ouderdom: 35
  • Word koning: 914 vC (Na Asa = 955-41 = 4de regeringsjaar van Agab = 918-4 = 914 vC)
  • Jare geregeer: 25 jaar
  • Oorlede: 889 vC = 914-25. Maak Joram onderkoning in 892 vC.
  • Vader: Asa (1 Kron 3:10)
  • Opvolger: Joram (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 22:50)
  • Goed/sleg: Baie goed

1 Kon 22: (41)Josafat seun van Asa het koning van Juda geword in die vierde regeringsjaar van koning Agab van Israel. (42)Josafat was vyf en dertig toe hy koning geword het, en hy het vyf en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba ‘n dogter van Silgi.

2 Kron 20: (31)Josafat het oor Juda geregeer. Hy was vyf en dertig toe hy koning geword het en het vyf en twintig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba ‘n dogter van Silgi.

Joram

  • Engels: Jehoram
  • Ouderdom: 32
  • Word koning: 892 vC (5de regeringsjaar van Joram van Israel = 896-4 = 892 vC)
  • Jare geregeer: 8 jaar
  • Oorlede: 885 vC (12de regeringsjaar van Joram van Israel = 896-11 = 885 vC)
  • Vader: Josafat
  • Opvolger: Ahasia (seun)
  • Hoe gesterf: Ingewande kom uit (2 Kron 21:18-19)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 8: (16)In die vyfde regeringsjaar van koning Joram van Israel, seun van Agab, het Joram seun van Josafat sy pa opgevolg as koning van Juda. (17)Hy was twee en dertig toe hy koning geword het, en hy het ag jaar in Jerusalem geregeer.

2 Kron 21: (5)Hy was twee en dertig toe hy koning geword het en het ag jaar lank in Jerusalem geregeer.

2 Kron 21: (19)Mettertyd, na omtrent twee jaar, het sy ingewande uitgekom as gevolg van die siekte, en hy het ‘n pynlike dood gesterf. Sy volk het nie met sy dood vure aangesteek soos hulle dit vir sy voorvaders gedoen het nie. (20)Joram was twee en dertig toe hy koning geword het en hy het ag jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy heengaan is nie betreur nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in ‘n koningsgraf nie.

Ahasia

  • Engels: Ahaziah
  • Ouderdom: 22
  • Word onderkoning: 886 vC (11de regeringsjaar van Joram van Israel = 896-10 = 886 vC)
  • Word koning: 885 vC (12de regeringsjaar van Joram van Israel = 896-11 = 885 vC)
  • Jare geregeer: 1 jaar
  • Oorlede: 885-1 = 884 vC
  • Ouers: Joram en Atalia
  • Opvolger: Atalia (sy ma)
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Jehu van Israel (2 Kon 9:27-29)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 8: (25)In die twaalfde regeringsjaar van koning Joram van Israel, seun van Agab, het Ahasia seun van Joram koning van Juda geword. (26)Ahasia was twee en twintig toe hy koning geword het en hy het ‘n jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Atalia ‘n kleindogter van koning Omri van Israel.

2 Kon 9: (29)In die elfde regeringsjaar van Joram seun van Agab het Ahasia koning geword oor Juda.

2 Kron 22: (2)Hy was twee en veertig toe hy koning geword het en was ‘n jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, ‘n dogter van Omri. (3)Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree.

Atalia

  • Engels: Athaliah
  • Word koningin: 885-1 = 884 vC
  • Jare geregeer: 884-878 = 6 jaar
  • Oorlede: 878 vC
  • Ouers: Dit word algemeen aanvaar dat Agab en Isebel haar ouers was.
  • Man: Joram
  • Opvolger: Joas (kleinseun)
  • Hoe gesterf: Tereggestel deur soldate (2 Kon 11:14-20)
  • Goed/sleg: Baie sleg

2 Kon 8: (26)Ahasia … Sy ma was Atalia ‘n kleindogter van koning Omri van Israel.

2 Kron 22: (2) … Sy [Ahasia] ma was Atalia, ‘n dogter van Omri.

2 Kon 11: (1)Toe Ahasia se ma Atalia hoor haar seun is dood het sy begin om die hele koningsgeslag uit te roei.

Joas

  • Engels: Joash
  • Ouderdom: 7
  • Word koning: 878 vC (7de regeringsjaar van Jehu = 884-6 = 878 vC)
  • Jare geregeer: 40 jaar (2 Kon 12:1, 2 Kron 24:1)
  • Oorlede: 878-39 = 839 vC
  • Vader: Ahasia
  • Opvolger: Amasia (seun)
  • Hoe gesterf: Vermoor deur sy dienaars (2 Kon 12:20-21)
  • Goed/sleg: Baie goed

2 Kon 11: (21)Joas was sewe jaar toe hy koning geword het.

2 Kon 12: (1)In die sewende regeringsjaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.

2 Kron 24: (1)Joas was sewe toe hy koning geword het en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.

Amasia

  • Engels: Amaziah
  • Ouderdom: 25
  • Begin regeer: 839 vC (2de regeringsjaar van Joas = 841-2 = 839 vC)
  • Jare geregeer: 29
  • Oorlede: 839-29 = 810 vC of 825-15 = 810 vC (2 Kon 14:17, 2 Kron 25:25)
  • Vader: Joas
  • Opvolger:
  • Hoe gesterf: Vermoor deur sy amptenare (2 Kon 14:19-20)
  • Goed/sleg: Goed

2 Kon 14: (1)In die tweede regeringsjaar van koning Joas van Israel, seun van Joahas, het Amasia seun van koning Joas van Juda op die troon gekom. (2)Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jehoaddan, uit Jerusalem.

2 Kon 14: (17)Koning Amasia van Juda, seun van Joas, het ná die dood van koning Joas van Israel, seun van Joahas, nog vyftien jaar geleef.

2 Kron 25: (1)Amasia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jehoaddan, uit Jerusalem. … (25)Amasia seun van koning Joas van Juda het ná die dood van koning Joas van Israel, seun van Joahas, nog vyftien jaar geleef.

Ussia/Asarja

  • Engels: Uzziah/Azariah
  • Ouderdom: 16
  • Begin regeer: 810 vC (27ste regeringsjaar van Jerobeam 2 = 836-26 = 810 vC)
  • Jare geregeer: 52
  • Oorlede: 810-51 = 759 vC
  • Vader: Amasia
  • Opvolger: Jotam (seun)
  • Hoe gesterf: Melaatsheid (2 Kron 26:21)
  • Goed/sleg: Goed

2 Kon 14: (21)Die hele Judese volk het vir Asarja gevat en hom in die plek van Amasia, sy pa, koning gemaak. Hy was toe sestien jaar oud

2 Kon 15: (1)In die sewe en twintigste regeringsjaar van koning Jerobeam van Israel het Asarja, seun van koning Amasia van Juda, op die troon gekom. (2)Hy was sestien toe hy koning geword het en hy het twee en vyftig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jekolja, uit Jerusalem.

2 Kron 26: (1)Die bevolking van Juda het vir Ussia gevat en hom in Amasia, sy pa, se plek koning gemaak. Hy was toe sestien jaar oud. … (3)Ussia was sestien toe hy koning geword het en hy het twee en vyftig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jekolja, uit Jerusalem.

Jotam

  • Engels: Jotham
  • Ouderdom: 25
  • Begin regeer: 759 vC (2de regeringsjaar van Peka = 759-0 = 759 vC)
  • Jare geregeer: 16 jaar
  • Oorlede: 759-17 = 742 vC
  • Vader: Ussia/Asarja
  • Opvolger: Agas (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 15:38)
  • Goed/sleg: Goed

2 Kon 15: (32)In die tweede regeringsjaar van koning Peka van Israel, seun van Remalja, het Jotam seun van koning Ussia van Juda op die troon gekom. (33)Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jerusa, ‘n dogter van Sadok.

2 Kron 27: (1)Jotam was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jerusa, ‘n dogter van Sadok.

2 Kron 27: (8)Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer.

Agas

  • Engels: Ahaz
  • Ouderdom: 20
  • Begin regeer: 742 vC (17de regeringsjaar van Peka = 759-17 = 742 vC)
  • Jare geregeer: 16
  • Oorlede: 726 vC (742-16 = 726)
  • Vader: Jotam
  • Opvolger: Hiskia (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 16:20)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 16: (1)In die sewentiende regeringsjaar van Peka seun van Remalja het Agas seun van koning Jotam van Juda op die troon gekom. (2)Agas was twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here sy God soos sy voorvader Dawid nie.

2 Kron 28: (1)Agas was twintig toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here soos sy voorvader Dawid nie.

Hiskia

  • Engels: Hezekiah
  • Ouderdom: 25
  • Word onderkoning: 727 vC
  • Word koning: 726 vC = 742-16 (3de regeringsjaar van Hosea = 730-3 = 727 vC)
  • Jare geregeer: 29
  • Oorlede: 698 vC = 727-29
  • Vader: Agas
  • Opvolger: Manasse (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 20:21)
  • Goed/sleg: Baie goed

2 Kon 18: (1)In die derde regeringsjaar van koning Hosea van Israel, seun van Ela, het Hiskia seun van koning Agas van Juda op die troon gekom. (2)Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, ‘n dogter van Sagaria.

2 Kron 29: (1)Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, ‘n dogter van Sagaria.

Manasse

  • Engels: Manasseh
  • Ouderdom: 12
  • Word koning: 698 vC (Na Hiskia)
  • Jare geregeer: 55 jaar
  • Oorlede: 643 vC (698-55 = 643 vC)
  • Vader: Hiskia
  • Opvolger: Amon
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 21:18)
  • Goed/sleg: Sleg begin, maar goed geëindig

2 Kon 21: (1)Manasse was twaalf toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gefsiba.

2 Kron 33: (1)Manasse was twaalf toe hy koning geword het en het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

Amon

  • Engels: Amon
  • Ouderdom: 22
  • Word koning: 643 vC
  • Jare geregeer: 2 jaar
  • Oorlede: 641 vC (643-2 = 641 vC)
  • Vader: Manasse
  • Opvolger: Josia
  • Hoe gesterf: Vermoor deur sy dienaars (2 Kon 21:23)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 21: (19)Amon was twee en twintig toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Mesullemet, ‘n dogter van Garus, uit Jotba.

2 Kron 33: (21)Amon was twee en twintig toe hy koning geword het en het twee jaar in Jerusalem geregeer.

Josia

  • Engels: Josiah
  • Ouderdom: 8
  • Begin regeer: 641 vC
  • Jare geregeer: 31 jaar
  • Oorlede: 610 vC (641-31 = 610 vC)
  • Vader: Amon
  • Opvolger: Joahas
  • Hoe gesterf: Dood tydens die Slag van Megiddo deur die Farao van Egipte (2 Kon 23:29)
  • Goed/sleg: Baie goed

2 Kon 22: (1)Josia was ag jaar toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jedida, ‘n dogter van Adaja uit Boskat.

2 Kron 34: (1)Josia was ag toe hy koning geword het en het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer.

Joahas

  • Engels: Jehoahaz
  • Ouderdom: 23
  • Word koning: 610 vC (Na Josia)
  • Jare geregeer: 3 maande
  • Oorlede: 610 vC
  • Vader: Josia
  • Opvolger: Eljakim, Joahas se broer, seun van Josia. Verander sy naam na Jojakim.
  • Hoe gesterf: Gevang deur die Egiptenare en in ballingskap geneem, waar hy gesterf het (2 Kon 23:34-35)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 23: (34)Daarna het farao Neko vir Eljakim seun van Josia koning gemaak in sy pa se plek, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas na Egipte toe gevat, en hy is daar dood.

2 Kron 36:1-4

Jojakim

  • Engels: Jehoiakim
  • Ouderdom: 25
  • Begin regeer: 610 vC (Na Joahas)
  • Jare geregeer: 11 jaar
  • Oorlede: 610-11 = 599 vC
  • Vader: Josia, Joahas se broer
  • Opvolger: Jojagin (seun)
  • Hoe gesterf: Siekte (2 Kon 24:6)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 23: (36)Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sebida, ‘n dogter van Pedaja uit Ruma.

2 Kron 36: (5)Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God.

Jojagin

  • Engels: Jeconiah/Jehoiachin
  • Ouderdom: 18
  • Begin regeer: 599 vC (Na Jojakim)
  • Jare geregeer: 3 maande en 10 dae
  • Oorlede: 599 vC
  • Vader: Jojakim
  • Opvolger: Sedekia (sy oom) (2 Kon 24:17)
  • Hoe gesterf: Ontvoer na Babilon (2 Kon 24:15-16)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 24: (6)Jojakim is oorlede, en sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg. … (8)Jojagin was agtien toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. Sy ma was Negusta, ‘n dogter van Elnatan uit Jerusalem.

2 Kron 36: (9)Jojagin was agtien jaar toe hy koning geword het en het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.

Sedekia

  • Engels: Zedekiah
  • Ouderdom: 21
  • Begin regeer: 599 vC (Na Jojagin)
  • Jare geregeer: 11 jaar
  • Vader: Jojakim
  • Opvolger:
  • Hoe gesterf: Oë is uitgesteek en na Babilon geneem (2 Kon 25:7)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 24: (18)Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, ‘n dogter van Jeremia uit Libna.

2 Kron 36: (11)Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer.

In 590 vC het Jerusalem geval:

Israel

Jerobeam 1

  • Engels: Jeroboam
  • Begin regeer: 975 vC
  • Jare geregeer: 22 jaar
  • Oorlede: 975-22 = 953 vC
  • Vader: Nebat
  • Opvolger: Nadab (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 14:20)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 14; 1 Kon 15:34; 1 Kon 16:2; 1 Kon 16:19; 1 Kon 22:53)

1 Kon 14: (20)Die duur van Jerobeam se koningskap was twee en twintig jaar. Hy is oorlede, en sy seun Nadab het hom as koning opgevolg.

Nadab

  • Engels: Nadab
  • Begin regeer: 955-1 = 954 vC (2de regeringsjaar van Asa)
  • Jare geregeer: 2 jaar
  • Oorlede: 3de regeringsjaar van Asa = 955-2 = 953
  • Vader: Jerobeam
  • Opvolger: Baesa
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Baesa (1 Kon 15:25-30)
  • Goed/sleg: Doodgemaak weens die sonde van Jerobeam

1 Kon 15: (25)In die tweede regeringsjaar van koning Asa van Juda het Nadab seun van Jerobeam koning geword oor Israel. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.

Baesa

  • Engels: Baasha
  • Begin regeer: 3de regeringsjaar van Asa = 955-2 = 953
  • Jare geregeer: 24 jaar
  • Oorlede: 26ste regeringsjaar van Asa = 955-25 = 930 vC
  • Vader: Agija
  • Opvolger: Ela (seun) (1 Kon 16:6)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 16:6-13)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 15:34; 1 Kon 16:13)

1 Kon 15: (28)Baesa het hom vermoor in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en het hom as koning opgevolg. … (33)Baesa seun van Agija het koning geword oor die hele Israel in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en vier en twintig jaar in Tirsa geregeer.

Ela

  • Engels: Elah
  • Begin regeer: 26ste regeringsjaar van Asa = 955-25 = 930 vC
  • Jare geregeer: 2 jaar
  • Oorlede: 27ste regeringsjaar van Asa = 955-26 = 929 vC
  • Vader: Baesa
  • Opvolger: Simri (een van Ela se onderdane)
  • Hoe gesterf: Vermoor deur sy onderdaan, Simri (1 Kon 16:9-14)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 16:13)

1 Kon 16: (8)In die ses en twintigste regeringsjaar van koning Asa van Juda het Ela seun van Baesa in Tirsa koning geword oor Israel. Hy het twee jaar geregeer.

Simri

  • Engels: Zimri
  • Begin regeer: 27ste regeringsjaar van Asa = 955-26 = 929 vC
  • Jare geregeer: 7 dae
  • Oorlede: 929 vC
  • Opvolger: Omri
  • Hoe gesterf: Selfmoord (1 Kon 16:18-20)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 16:19)

1 Kon 16: (10)het Simri ingekom en hom doodgemaak. Simri het hom vermoor in die sewe en twintigste regeringsjaar van koning Asa van Juda. Simri self het hom as koning opgevolg. … (15)Tydens die sewe en twintigste regeringsjaar van koning Asa van Juda was Simri sewe dae koning in Tirsa. Die volk was toe net besig om die Filistynse stad Gibbeton te beleër. (18)Toe Simri bemerk dat die stad ingeneem word, het hy na die verskanste deel van die paleis toe gevlug en die paleis op hom afgebrand. So is hy dood.

Omri

  • Engels: Omri
  • Ouderdom:
  • Begin regeer:
    • Omri en Tibni: 929 vC
    • Omri alleen = 31de regeringsjaar van Asa = 955-30 = 925 vC
  • Jare geregeer: 12 jaar in totaal, 6 daarvan uit Tirsa
  • Oorlede: 38de regeringsjaar van Asa = 955-37 = 918 vC
  • Seun: Agab (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (1 Kon 16:23-28)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 16:25)

1 Kon 16: (23)In die een en dertigste regeringsjaar van koning Asa van Juda het Omri koning geword van Israel. Hy het twaalf jaar geregeer, ses daarvan uit Tirsa.

Agab

  • Engels: Ahab
  • Ouderdom:
  • Begin regeer: 38de regeringsjaar van Asa = 955-37 = 918 vC
  • Jare geregeer: 22
  • Oorlede: 897 vC
  • Vader: Omri
  • Opvolger: Ahasia (seun) (1 Kon 22:52)
  • Hoe gesterf: Sterf in oorlog (1 Kon 22:34-40)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 21:25-26)

1 Kon 16: (29)Agab seun van Omri het koning van Israel geword in die ag en dertigste regeringsjaar van koning Asa van Juda. Agab seun van Omri het Israel twee en twintig jaar uit Samaria geregeer.

Ahasia

  • Engels: Ahaziah
  • Ouderdom:
  • Begin regeer: 17de regeringsjaar van Josafat = 914-16 = 898 vC
  • Jare geregeer: 2
  • Oorlede: 898-2 = 896
  • Vader: Agab
  • Opvolger: Joram (broer)
  • Hoe gesterf: Val deur traliewerk (1 Kon 22:51)
  • Goed/sleg: Sleg (1 Kon 22:53-54)

1 Kon 22: (52)Ahasia seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die sewentiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy het twee jaar oor Israel geregeer.

Joram

  • Engels: Jehoram
  • Begin regeer: 18de regeringsjaar van Josafat = 898-2 = 896
  • Jare geregeer: 12
  • Oorlede: 896-12 = 884 vC
  • Vader: Agab (1 Kon 3:1)
  • Opvolger: Jehu
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Jehu (2 Kon 9:24)
  • Goed/sleg: Sleg (2 Kon 8:18)

2 Kon 1: (17)… Omdat Ahasia self geen kinders gehad het nie, is hy as koning opgevolg deur Joram. Dit was in die tweede regeringsjaar van koning Joram van Juda, seun van Josafat.

2 Kon 3: (1)Joram seun van Agab het in Samaria koning oor Israel geword in die agtiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy was twaalf jaar lank koning.

Jehu

  • Engels: Jehu
  • Begin regeer: 884 vC
  • Jare geregeer: 28
  • Oorlede: 884-28 = 856 vC
  • Vader: Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi
  • Opvolger: Joahas (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 10:35)
  • Goed/sleg: Goed en sleg (2 Kon 10:29-31)

2 Kon 9: (13)…Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi, het met hulle saamgesweer teen koning Joram van Israel.

2 Kon 10: (36)Jehu het ag en twintig jaar in Samaria as koning oor Israel geregeer.

Joahas

  • Engels: Jehoahaz
  • Begin regeer: 884-28 = 23ste regeringsjaar van Joas = 878-22 = 856 vC
  • Jare geregeer: 17
  • Oorlede: 856-17 = 839 vC
  • Vader: Jehu
  • Opvolger: Joas (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 13:8-9)
  • Goed/sleg: Sleg (2 Kon 13:2-6)

2 Kon 13: (1)In die drie en twintigste regeringsjaar van koning Joas van Juda, seun van Ahasia, het Joahas seun van Jehu in Samaria koning oor Israel geword. Hy het sewentien jaar geregeer,

Joas

  • Engels: Jehoash/Joash
  • Word onderkoning: 37de regeringsjaar van Joas = 878-37 = 841 vC
  • Word koning: 856-17 = 839 vC
  • Jare geregeer: 16
  • Oorlede: 841-16 = 825 vC of 810+15 = 825 vC (2 Kon 14:17,23; 2 Kron 25:25)
  • Vader: Joahas
  • Opvolger: Jerobeam 2 (seun)
  • Hoe gesterf: Vermoor deur sy dienaars (2 Kon 13:10)
  • Goed/sleg: Onseker

2 Kon 13: (10)In die sewe en dertigste regeringsjaar van koning Joas van Juda het Joas seun van Joahas in Samaria oor Israel koning geword. Hy het sestien jaar geregeer

Jerobeam 2

  • Engels: Jeroboam 2
  • Word onderkoning: 836 vC
  • Word koning: 15de regeringsjaar van Amasia = 839-14 = 825 vC
  • Jare geregeer: 41 jaar
  • Oorlede: 825-41 = 784 vC
  • Vader: Joas
  • Opvolger: Sagaria
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 14:23-29)
  • Goed/sleg: Sleg (2 Kon 14:24)

2 Kon 14: (23)In die vyftiende regeringsjaar van koning Amasia van Juda, seun van Joas, het Jerobeam seun van koning Joas van Israel op die troon gekom. Hy het een en veertig jaar in Samaria oor Israel geregeer

Sagaria

  • Engels: Zachariah
  • Begin regeer: 38de regeringsjaar van Ussai/Asarja = 810-37 = 773 vC (Jerobeam is in 784 vC oorlede, dus was daar vir 784-773=11 jaar nie ‘n koning nie)
  • Jare geregeer: 6 maande
  • Oorlede: 773 vC
  • Vader: Jerobeam 2
  • Opvolger: Sallum
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Sallum (2 Kon 15:10-12)
  • Goed/sleg: Sleg (2 Kon 15:9,12)

2 Kon 15: (8)In die ag en dertigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Sagaria seun van Jerobeam oor Israel koning geword en ses maande in Samaria geregeer.

Sallum

  • Engels: Shallum
  • Begin regeer: 39de regeringsjaar van Ussai/Asarja = 810-38 = 772 vC
  • Jare geregeer: 1 maand en ‘n paar dae
  • Oorlede: 772 vC
  • Vader: Jabes
  • Opvolger: Menahem
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Menahem (2 Kon 15:13-15)
  • Goed/sleg: Sleg

2 Kon 15: (13)Sallum seun van Jabes het koning geword in die nege en dertigste jaar van koning Ussia van Juda. Hy het ‘n maand en ‘n paar dae in Samaria geregeer.

Menahem

  • Engels: Menahem
  • Begin regeer: 39de regeringsjaar van Ussia/Asarja = 810-39 = 771 vC
  • Jare geregeer: 10
  • Oorlede: 771-10 = 50ste regeringsjaar van Ussia/Asarja = 810-49 = 761 vC
  • Vader: Gadi
  • Seun: Pekahia (seun)
  • Hoe gesterf: Natuurlike dood (2 Kon 15:14-22)

2 Kon 15: (17)In die nege en dertigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Menahem seun van Gadi koning oor Israel geword en hy het tien jaar in Samaria geregeer.

Pekahia

  • Engels: Pekahiah
  • Begin regeer: 771-10 = 50ste regeringsjaar van Ussia/Asarja = 810-49 = 761 vC
  • Jare geregeer: 2
  • Oorlede: 761-2 = 759 vC
  • Vader: Menahem
  • Opvolger: Peka
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Peka (2 Kon 15:23-26)

2 Kon 15: (23)In die vyftigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Pekahia seun van Menahem koning oor Israel geword en hy het twee jaar in Samaria geregeer.

Peka

  • Engels: Pekah
  • Begin regeer: 761-2 = 52ste regeringsjaar van Ussia/Asarja = 810-51 = 759 vC
  • Jare geregeer: 20
  • Oorlede: 759-20 = 739 vC
  • Vader: Remalja
  • Opvolger: Hosea
  • Hoe gesterf: Vermoor deur Hosea (2 Kon 15:27-31)

2 Kon 15: (27)In die twee en vyftigste regeringsjaar van koning Asarja van Juda het Peka seun van Remalja koning oor Israel geword en hy het twintig jaar in Samaria geregeer.

Hosea

  • Engels: Hoshea
  • Begin regeer: 759-20 = 739 vC. Koninkryk is egter in chaos vir 11 jaar. Begin eers effektiewelik regeer in die 12de regeringsjaar van Agas = 742-12 = 730 vC
  • Jare geregeer: 9
  • Einde van regeringstermyn: 730-9 = 721 vC
  • Vader: Ela
  • Opvolger: Geen
  • Hoe gesterf: Gevang geneem deur die Assiriërs, en na ballingskap geneem (2 Kon 17:3-6)

2 Kon 15: (30)Hosea seun van Ela het teen Peka seun van Remalja saamgesweer, hom aangeval en doodgemaak en hom as koning opgevolg in die twintigste regeringsjaar van Jotam seun van Ussia .

2 Kon 17: (1)In die twaalfde regeringsjaar van koning Agas van Juda het Hosea seun van Ela koning geword en hy het nege jaar in Samaria oor Israel geregeer.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui