Kyk ook:
- Theo Danzfuss
- Die Strand in gesprek met Wes-Kaaplandse kerkleiers (11 Jun 2023)
- Kruisverhoor: ‘Menslike magsgebruik lei nie tot koninkryk’ (2 Jul 2023, onderhoud Hanlie Retief en Nelis Janse van Rensburg)
Die volgende brief het op Kerkbode se Facebookblad verskyn.
*************
So word ons NG-identiteit “dismantle”
Deur Theo Danzfuss
Januarie 2025
Op 23/01/2020 het die ateïstiese organisasie FoRDA (Friends of Richard Dawkins Association) ‘n byeenkoms gehou in die Rotary Hall in Somerset Wes. Dawkins is die ateïs wat bekend is vir sy boek “The God Delusion” en die “Atheist Bus Campaign” op London se munisipale busse. Volgens ooggetuies was een van ons bekende kerkleiers ook daar. In vraetyd het iemand hom gevra hoe hy die pad vorentoe met die NG Kerk sien. Sy antwoord was volgens ‘n ooggetuie: “My aim is to dismantle the solid church”. Dit getuig van ‘n nuwe generasie predikante wat hard besig is om die NG Kerk se identiteit te “dismantle”.
- Ons gereformeerde identiteit word afgebreek.. Om gereformeerd te wees beteken vandag vir baie slegs dat jy die Apostolicum Tragies hoe min leraars nog verstaan van ons gereformeerde identiteit.
- Ons kerklidmaaatskap word afgebreek. Die AS se besluit om nie meer te onderskei tussen doop- en belydende lidmate nie, is rampspoedig. Iemand wat 40 jaar gelede gedoop was sonder katkisasie of geloofsbelydenis daarna, het nou presies dieselfde lidmaatstatus as ander belydende lidmate.
- Ons sakramente word afgebreek. Sedert die kindernagmaal ingevoer is, het die proses van voorbereiding en skuldbelydenis voor die nagmaal in baie gemeentes verdwyn. Waarskuwings tot selfondersoek volgens 1 Kor 11 het ook byna verdwyn.
- Ons liturgie word afgebreek. Baie gemeentes se liturgie is slegs horisontaal gefokus om groter getalle te trek. C Spurgeon het jare gelede al gewaarsku: “A time will come when instead of shepherds feeding the sheep, the church will have clowns entertaining the goats”.
- Talle gemeentes het reeds die Tien Gebooie uit hul eredienste en katkisasie verban. Wat n skok om te hoor hoe ‘n leraar van Gauteng spog dat hy nog nooit die Tien Gebooie in ‘n erediens gelees het nie. Predikante is nou slimmer as die HK waar die dekaloog sentraal staan weens sy noodsaaklike funksies nl: om van sonde te oortuig, om tugmeester na Christus te wees en riglyne vir dankbaarheid te gee.
- Ons ampsbediening word afgebreek. Die ampsbediening in NG kerk is reeds so “dismantle” dat baie kerkrade nie meer uit wettig verkose ampsdraers bestaan nie, predikante se werk meer deur die arbeidswet as die Skrif bepaal word, en eredienste ‘n solo vertoning word.
- Kerklike opsig en tug is ook “dismantle”. Dit was altyd toegepas op ergerlike sondes soos dwaalleer, of owerspel en egskeiding. Nou is dit omgekeer. Openbare ergelike sondes word geduld terwyl hulle wat pleit vir die suiwer leer, vervolg word. Talle geskeide mans en vrouens of persone wat in lesbiese en homoseksuele praktyke leef, behou hul bevoegdheid. Sommige is selfs na twee egskeidings ongedeerd, en help nou om Skrifgetroue leraars se bevoegdheid deur kerklike tug te ontneem.
My vraag is: wat gaan oorbly as die proses “to dismantle the solid church” soos die dag aan die ateïste van FoRDA belowe was, eendag voltooi is?